Jy blaai in die argief vir 2014 Mei.

Hoor my Lied

Mei 21, 2014 in Uncategorized

Leef jou reis, Litnet my ou maat,

Maar hier gaat ek jou verlaat

Sedert 2008 het ek hier geskryf en gekuier

Maar nog langer? Nee ek weier

Ons blogville word oorstroom deur onwettige immigrante

Hul arrogansie grens aan die flagrante

Om komentaar te lewer is ‘n moerse gestoei

Met Captcha se geskukkel wat ek verfoei

Die meeste van my blogmaters het reeds verkas

En nou sit ek hier soos Piet Snot op sy gat

(ok, dit  rym nou nie, maar “bas”

wat wel rym klink darem wragtig

bollie- kinderagtig)

So, liewe vriende wat steeds nog bly

Kom soek my by

Lewies Mymer.Wordpress.com

Ciao Litnet, it was nice knowing you

Toodle-doo!!