Een en veertig

April 21, 2014 in Uncategorized

Dis soveel jaar as wat die uwe en sy Vroukie hulle vandag in die staat van heilige eg bevind. Ja, een en veertig jaar gelede het ek gesuit en getie daar voor die preekstoel en voor die gemeente ewige trou aan my mooie bruidjie beloof.En sy het beloof om haar man onderdanig te wees, so a la die credo van ons Christelike opvoeding van doerie tyd. Ek het my belofte gehou, en Vroukie? Die lesers van my blog moet maar self daaroor oordeel! En wat gaan ek doen om hierdie memorabele moment te gedenk? Mmmm, blomme sal seker van pas wees, daai ou en beproede standby vir ‘n man in die nood of in die moeilikheid, en dan vanaand ‘n ete in ‘n romantiese setting, terwyl ons handjies hou en mooi woordjies fluister. Die Spur het mos hoeka Maandae ‘n spesiale aanbieding, twee burgers vir die prys van een.

Alle grappies op ‘n stokkie, ek is geseënd om my sielsmaat in hierdie lewe raak te geloop het, my alter ego, daai stukkie van die legkaart wat my lewe volmaak maak. Ons het een en veertig ryk en gelukkige jare saam meegemaak, en nou, hier waar die pad begin afdraand loop, is ons tred ferm, saam pak ons die pad aan, hand aan hand, ‘n lied in ons harte, en dis vir seker nie tjie-tjie elevator music nie! Double four time!

 

7 antwoorde op Een en veertig

  1. Vroukie het duidelik nie by haar belofte gehou nie. Mooi so Vroukie! En baie geluk julle twee. 🙂

  2. tina10 het gesê op April 21, 2014

    Hehehehehe … ek weet nou nie van al die beloftes want ek kan my so twee weke voorste wat ons liefste Lewies maar diep in die sh..t was!

    Baie geluk Sterkte vir die volgende 40 jaar!

  3. Baie geluk!!!!
    Nou vir die volgende 40!

  4. Ek hoop Vroukie gooi jou met daai Spurburger!
    Baie geluk aan julle…dis wonderlik om te hoor dat mense so lank en liefdevol by mekaar kan bly!

  5. tantekoba het gesê op April 21, 2014

    Baie geluk ~ nie geweet jy kan so ver tel nie. 😛

  6. Elly het gesê op April 21, 2014

    Baie geluk! (As ek more lees dat die Spur bugers lekker was, trek ek my woorde terug!) Hoop julle het ‘n geseende jaar.

  7. klarisabet het gesê op April 23, 2014

    Veels Geluk, Lewies en sy Vroukie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.