As die hamer en die aambeeld en die stiebeuel nie meer so lekker tieng-tieng nie

Maart 12, 2014 in Uncategorized

Vanoggend stap Lewies en Vroukie dorplangs terug huis toe van hul daaglikse stappie langs die see.

“Baked beans for breakfast” lees Vroukie vermoedelik een of ander spesiale aanbieding wat by Anya’s Mum se restaurant adverteer word.

”Het jy lus vir ‘n brekfissie?” vra Lewies.

“Nee, hulle adverteer ‘n vacancy for a waitress”

Hoorfout, dink Lewies ietwat bekommerd. Die ding gebeur deesdae al hoe meer.

“So wat sé jy van daai Le Creuset kastrol?” vra Vroukie.

“Nee wat, ek sé;ja” antwoord Lewies. Ons het lanklaas ‘n seekoskasserol geëet”

Lewies kan nie verstaan hoekom Vroukie so skelm glimlag nie.

“Hoekom smile jy so skelm Vrouke?” vra Lewies.

“Lewies, dit sal die duurste wees wat jy ooit vir ‘n seekoskasserol sal betaal!”

18 antwoorde op As die hamer en die aambeeld en die stiebeuel nie meer so lekker tieng-tieng nie

  1. vuurklip het gesê op Maart 12, 2014

    Oom Bartel herrys!

  2. ‘n Pienk fountjie dalk?

  3. tina10 het gesê op Maart 12, 2014

    Hoe sê? Kom weer? … Huh? Vir wat fluister jy so?
    Siestog arme Vroukie!

  4. tantekoba het gesê op Maart 12, 2014

    ek kyk en begeer ook daardie le crueset potjies! Weet net dat ek dit nie meer ten volle sal benut nie

  5. Bruggie het gesê op Maart 12, 2014

    Ai die vergange tjieng van n aambeeld. Die plof van vuis in deeg is n skewe smaail.

  6. Haai daar laat jy my nou my matriek biologie onthou:

    Malleus,Incus, Stapes…

    🙂

  7. lora2me het gesê op Maart 13, 2014

    Partykeer kan so ‘n dowe oor handig te pas kom. My skoonpa was baie hardhorend en as hy iets soos “Issit?” gese het, het ons geweet dat hy nou nie ‘n ideeeee het van dit wat gese is nie.

  8. Lekker lag ek nou.My regteroor is effe doof en dis handig as daar ‘n kriek tjirp in ons kamer,dan draai ek op die linkeroor en siedaar …kriek uitgesorteer!Daar is voordele!

  9. Dirkie het gesê op Maart 14, 2014

    Mens het ek nou empatie.. net gister my nuwe oordingetjie gekry..vanoggend toe ek dit uit sy droër uithaal (Kan jy glo- eie droër ) en terugplaas speel daar so wysiekie , soos selfoon aanskakel wysie .. ek belowe jou ek hoor tot in die”fynste besonderhede’- by wyse van spreke!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.