Ad multos annos, Vroukie!

Maart 8, 2014 in Uncategorized

Vroukie verjaar more, dan is sy amper so oud soos ek. As ek vir een verjaardag die pas kan markeer, is ons ewe oud. Die verjaardagvieringe behels ‘n uiteet saam met die Stanford 4 moremiddag by Dutchies, ‘n restaurant so op die drumpel van die see. Ongelukkig kan die Kaapstad 4 nie saam wees nie agv werksverpligtinge van die vader van daardie huis.’n Jammerte, maar begryplik. Verlede jaar was ons vir die heel eerste keer almal saam met Voukie se verjaardag, en die genotvolle herinnering van daardie geleentheid sal vertroosting bied vir die afwesigheid van die Kaapstadters. Verlede jaar het ons benewens die kiddies nog nie juis iemand hier in Hermanus geken om ‘n koek en tee gedoente te reverdig nie, maar hierdie keer is daar al ‘n handjievol bekendes en bure om so ‘n samekoms ‘n plesierigheid te maak. Vroukie is dus as I speak besig om onder die gewoer van een of ander kombuisinstrument te mix, te maal en te shred. ‘n Vaagweg bekende geur uit die verlede, wat by ‘n verdere snuif onbetwisbaar sterk herinner aan tjoklitkoek in die oond, laat my vermoed dat Vroukie ewe waagmoedig die taak aangepak het om te eet en te drink self te voorsien, sans Hermanus Chocolaterie.

Hier op die oneindigheid van die kuberuitspansel wil ek Vroukie gelukwens met haar verjaardag. Ai Vroukie, daar is maar net een soos jy, en ek het jou gekry. Dit maak my hart so bly, as ek dink aan ek en jy. (Hierts, hier kom ‘n rympie, kan dalk ‘n liedjie maak, gesing te word deur een van ons Afrikaanse sangsensasies, Bok Kan Bler of Snotneus)

Alle grappies op ‘n stokkie, baie geluk met jou verjaarsdag, mag jy hierdie jaar net goedheid en guns ervaar.

5 antwoorde op Ad multos annos, Vroukie!

  1. Dra gelukwense van hierdie kant af ook aan haar oor en mag julle nog heelwat jare vir mekaar gespaar wees.

  2. @daniec Dankie Danie,Van die gaste more sal die Vermonters wees. Dankie ook vir daai bekendstelling.

  3. tantekoba het gesê op Maart 9, 2014

    Baie geluk en geniet die dag.

  4. Ag nice – se geluk daar, en geniet die dag – doen iets onverantwoordelik!

  5. perdebytjie het gesê op Maart 9, 2014

    Geluk aan Vroukie!Sy is bevoorreg om so ‘n mooi ode aan haar gerig te hê.Ek hoop sy het hier gelees.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.