Streptokokkie en ander kokkie-kornuite

Junie 9, 2012 in Sonder kategorie

Ek is siek. So siek soos ‘n hond. En nie ‘n pedigree hond nie, nee. ‘n Junkjaarthond op sy laaste, keffende voor die Poorte. Hy kan nie eens sy been lig teen daai eerwaarde pilare nie.

My kop voel of ek hom afgeskroef het en of die lokasie-klonkies bol speel daarmee. My oë dobber in my oogkaste rond soos ping pong balle in ‘n toiletbak. My keel is ‘n krematorium  waarin Streptokokkie en sy kokkie-kornuite ‘n helse vuur stook. As ek sluk voel dit soos vars geslagte varkharslag wat in ‘n vleismeule gemaal word. As ek hoes klap my longe soos ‘n vis op droeë grond. Die Aambeeldkoor  dreun in my buis van Eustachius. Def Leppard speel trom op my hamer en aambeeld. My vel is seer en gevoelig soos ‘n skilpad sonder dop.  Geel. taai Pliobond drup in my keel af. My oë voel soos brood in ‘n toaster. Die dokter het my een kyk gegee en sy kop simpatiek geskud. Die apteker het gesmaail toe hy die voorskrif bekyk.

En boonop voel ek nie lekker nie.

En nou roep ek Dr Sjerrie se hulp in.

43 antwoorde op Streptokokkie en ander kokkie-kornuite

  1. loudavisi het gesê op Junie 9, 2012

    Gorrel gou-gou ‘n bietjie soutwater en hou sommer die glasie eenkant vir later. Maak ‘n heuning mengsel met disprins en brandewyn en kookwater.

  2. pasella het gesê op Junie 9, 2012

    Het nie kookwater nie.

  3. TS het gesê op Junie 9, 2012

    *drukkie* … ek voel jou pyn!

  4. Carol460 het gesê op Junie 9, 2012

    Sterkte vir jou daar op my grootword dorp !Hoop jy voel gou beter !

  5. abrham het gesê op Junie 9, 2012

    niks fout met jou beeldspraak nie

  6. Jy is beslis siek!!
    waar’t jy gesien ‘n ou hand laat sy antwoord as ‘n kommentaar!

  7. Lou, Lewies gaan dit dalk nie maak nie.

  8. sterke,
    mens betaal vir daardie duisend doller smile van die apteker

  9. Keep walking, Lewiesie….
    🙂

  10. louisna het gesê op Junie 10, 2012

    Sterkte Lewies. Dr Sjerrie is tweedoelig: Medisyne en ‘n kombers.

  11. avega het gesê op Junie 10, 2012

    Elke lid in my familie was ook siek, keel, bors die hele boksomdaais. Ek was die enigste een wat tyd gehad het om die dokter R300 en die apteker R890 te gaan betaal om my gesond te maak. Hulle is almal al LAAANKAL gesond en ek sukkel nog met ‘n kug en ‘n neus vol @#$%. My man het Borstol gaan koop en is 100% So; al wat ek eintlik wil sê is, hoop jy word GOU gesond.

  12. HeavyHenry het gesê op Junie 10, 2012

    Ag sterkte – solank dit nie daai nuwerige weerstandige TB is nie, is daar hoop!

  13. zephur het gesê op Junie 11, 2012

    Gaan help gou bietjie daar op my blog…

  14. pasella het gesê op Junie 11, 2012

    Bietjie meer simpatie sal nie onvanpas wees nie, Rosiedoring! 🙂

  15. pasella het gesê op Junie 11, 2012

    Dankie, Tina!

  16. pasella het gesê op Junie 11, 2012

    Dankie vir die raat, ek glo ook aan die soutwater-gorrel.

  17. pasella het gesê op Junie 11, 2012

    Hi Caro, oud Potchefstroomer? Ek bly eintlik in Klerksdorp, maar Letterdash het nie so ‘n opsie gegee toe ek die blogs gejoin het nie.

  18. pasella het gesê op Junie 11, 2012

    Te wyte aan die koorsigheid!

  19. pasella het gesê op Junie 11, 2012

    Never say die!
    Dum spiro, spero.

  20. pasella het gesê op Junie 11, 2012

    En dan smaak dit ook nie te onaardig nie!

  21. pasella het gesê op Junie 11, 2012

    Ek voel reeds baie beter, dink ek gaan oorleef.

  22. pasella het gesê op Junie 11, 2012

    Simpatie, ek weet hoe dit voel.

  23. louisna het gesê op Junie 11, 2012

    Nektar

  24. pasella het gesê op Junie 11, 2012

    Weerstandige TB? Lees jy daarvan in ‘n sci-fi boek? 🙂

  25. pasella het gesê op Junie 11, 2012

    Maak so

  26. HeavyHenry het gesê op Junie 11, 2012

    Nee die bliksems loop tussen ons rond – omdat hulle begin beter voel en dan uit die hospitaal ontsnap!

  27. Carol460 het gesê op Junie 11, 2012

    Ja,ons het Pothefstroom toe getrek toe ek omtrent vier was. Ek het as beginner onderwyseres hier op Vereenging begin en hier is ek nog steeds ….. baie jare later.

  28. loudavisi het gesê op Junie 11, 2012

    Ek het dit laas te erg gegorrel, toe brand die sout my keel moertoe. So matigheid is dus in orde – ook met die watsenaampies..
    ; )

  29. frandr het gesê op Junie 11, 2012

    Oeggg!! Hoop jy voel teen die tyd baie beter en dat die sjerrie gewerk het ;0)

  30. eros01 het gesê op Junie 11, 2012

    Hoop vir vroukie se onthalwe jy is gou weer bruikbaar 🙂 xR

  31. pasella het gesê op Junie 12, 2012

    Dankie T. Daai duur medisyne help darem.

  32. pasella het gesê op Junie 12, 2012

    heelwat beter, maar nog nie shipshape nie.

  33. pasella het gesê op Junie 12, 2012

    hehehe! Dankie!

  34. bly net weg van die ysbere, hulle loop nou twee twee rond!!!

  35. pasella het gesê op Junie 13, 2012

    Doodsake!

  36. pasella het gesê op Junie 13, 2012

    Ek gaan vandag weer dr toe–voel van voor af siek.

  37. Petronell het gesê op Junie 14, 2012

    Die enigste tyd wanneer ek nie weghol vir ‘n shot nie, is as dit ‘n shot sjerrie is! Word gou gesond!

  38. Met jou in die toestand sal ek probeer om ver van Potch af weg te bly…demmit en ons wil besigheid daarso begin.

  39. Ag Lewis,jy maak my dag.Ek lag nie vir jou siekte nie,maar jy beskrywe ons almal se slegste nagmerrie so skaterlaglekker!Ek lees bietjie laat.Hoop jy voel teen die tyd beter!

  40. pasella het gesê op Junie 20, 2012

    Sê ek ook!

  41. pasella het gesê op Junie 20, 2012

    Potch is veilig, ek bly in Knersdorp!

  42. pasella het gesê op Junie 20, 2012

    Hi Perdebytjie, ek kan nie sê ek voel beter nie, maar ek voel anders!

  43. Dis dalk al die mirsyne wat jou anders laat voel..die goed sit mens mos op ‘n trip!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.