Koebaai Krismis

Desember 30, 2010 in Sonder kategorie

Die laaste Krismisgaste het vanoggend die pad gevat. Die kar was nog nie mooi om die draai nie toe is die Krismisboom, die Krismisliggies, die Krismiskrans gebêre. Al wat nog aan Krismis herinner hier by die Lewieswoning is Krismisskuld en Krismiskilo’s. 

Maar ek het darem ‘n laat Krismispresent ook gekry, kyk net hier:

Dear Lewies, 

 

By way of introduction, my name is Veni Govender, PA to Jaco Nel of Exclusive Books.

 

Congratulation on winning the book hamper for the Dekat Competition.

 

Please can you advise me which Exclusive Books store I send your prize to, as we (Exclusive Books) do not post book hampers.

 

 

 Thank you and

 

Kind Regards

 

Veni Govender

Vroukie het vir my ingeskryf en Bingo!! daar wen ek/sy die geskenkpak van 10 boeke:

Spoor Deon Meyer

Samoersa reis Johan Bakkes

Tabernakel Annelie Botes

Kitchen Nigella Lawson

Somerkos in Provence Marita van der Vyfer

Conversations with myself Nelson Mandela

Cooked out of the Frying Pan Justin Bonello

7de Laan Kookboek

The making of Spud, the movie

Die sneeuslaper Marlene van Niekerk

Ek is behoorlik in my noppies. 


22 antwoorde op Koebaai Krismis

  1. DIT is nou ‘n lekker belated xmas box! Geluk, en geniet!

  2. Nou gee ek vir jou nog 5 sterre ook – jeeeeez, jy is so so so so lucky!

    My buurvrou het vir haar man Spoor gekoop, ek wag net tot hy klaar gelees het, dan leen ek dit.

  3. Berwick het gesê op Desember 30, 2010

    Geniet!

  4. TS het gesê op Desember 30, 2010

    Ag hoe gelukkig kan een mens! Geniet dit!

  5. pasella het gesê op Desember 30, 2010

    ‘n Lekker surpraais so op die stert van 2010!

  6. pasella het gesê op Desember 30, 2010

    dankie vir die shiners Lou! Ja ek is lucky, en happy ook!

  7. pasella het gesê op Desember 30, 2010

    Noudat stilte hier neergedaal het kan ek rustig lees (en kyk ook, ek hoor die Nigella chick het nogal ‘n visuele impak!)

  8. pasella het gesê op Desember 30, 2010

    Dis my beurt Tina!

  9. Hey lewies, daai somerkos is baie volksvreemd ek dink jy moet hom maar vir my stuur dat hy nou nie soos ‘n seer duim op jou rak uitsteek nie…..

  10. pasella het gesê op Desember 30, 2010

    Ek hoor jou Monica! Dalk kan ek ‘n aptyt ontwikkel vir die volksvreemde!

  11. pasella het gesê op Desember 30, 2010

    So in die woorde van ‘n ander militêre strateeg: Veni, vidi, vici!

  12. Nouja toe! Lekker krismisboks!

  13. pasella het gesê op Desember 31, 2010

    ‘n Lekker verrassing!

  14. So lekker soet-suur-sout kombinasie van… Ag ek bedoel, dis nou lekker leesstof.
    Voorspoed vir 2011 oom Lewies

  15. Jis jou lucky fish!

    Geniet dit!

  16. Skerp!

  17. pasella het gesê op Desember 31, 2010

    En ‘n baie voorspoedige Nuwejaar vir jou ook Kerneels!

  18. pasella het gesê op Desember 31, 2010

    Hi Therina!

  19. pasella het gesê op Desember 31, 2010

    Hi Henry!

  20. katrina het gesê op Desember 31, 2010

    Lucky fish! Lekker lees!

  21. pasella het gesê op Desember 31, 2010

    Somebody up there likes me!

  22. pasella het gesê op Desember 31, 2010

    Hi Katrina, jip, dis genoeg leesstof vir ‘n lang ruk.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.