Chopper

Oktober 14, 2010 in Sonder kategorie

So lyk Chopper, die vondelingbrakkie wat so ‘n maand of wat gelede hier by ons ‘n hawe kom soek en gevind het. Hy had ‘n ontsteking in sy een oog en was maer en vuil. Na ‘n goeie skrop, Terra Cottril salf vir die oog  en voeding voorgeskryf deur ons on call veearts, is hy nou windgat kaatjie van die baan. Pamela, ons ander vondelinghond, ontgeld sy spelerige geniepsigheid behoorlik. Dis daai wit kwassie op sy stert wat hom sy naam gegee het. As hy stertswaai, flits die kwassie en die effek herinner mens nogal aan ‘n helikopter se flitsende rotorblaaie. Ons het nooit gedink ons sal eendag so ‘n kriekerige vlermuishond hê nie, maar nou is Chopper al so deel van ons huishouding dat ek rerig nie hoop sy oorspronklike baas kom vorendag nie.

 

Ons on call veearts is die staatsveearts wat so ‘n entjie laer af in die straat bly. Hy bedryf ook ‘n privaatpraktyk en is sover ek weet, die enigste veearts wat house calls maak, teen R70, 00!

43 antwoorde op Chopper

  1. DeViL010 het gesê op Oktober 14, 2010

    Ag te dierbaar, jy is gelukkig om so veearts te he, hier by ons in Komatipoort is die veearts meer met verlof en af naweek as enigiets anders en Nelspruit se veeartse is meer as 100km weg. Moes maandag my ou Boelie honne deur iemand laat doodskiet om hom te verlos van sy seer, aangesien “madame veearts” nie beskikbaar was nie…..

  2. abrham het gesê op Oktober 14, 2010

    abrham kriel vir pavement specials by mymerige lewies se plek in die verre weste van transvaal. dan het hy nog ‘n vet on call ook – gawe man die lewies wat soms mymer.

  3. Lyk na ‘n wakker brakkie, Lewies.
    Geseend is jy wat ‘n plekkie in jou hart vind vir vondelingbrakkies.

  4. katrina het gesê op Oktober 14, 2010

    Ag hy’s oulik!

  5. TS het gesê op Oktober 14, 2010

    sjoe el woon in die verkeerde dorp. Dankie vir die sorg vir ander se weggooidiere!

  6. Pragtige woefie en seker onder die vel al ingekruip nê. Julle is gelukkig met daardie vee-arts hier waar ons is kos ‘n besoek ‘n arm en ‘n been.

  7. ek sal graag wil weet hoe Pamela haar naam gekry het? sien die veearts mense ook? mense is ook mos soogdiere. dankie.

  8. Lyk of sy 2e naam “Moeilikheid” kan wees

  9. Berwick het gesê op Oktober 14, 2010

    Dis ‘n mooi naam.

  10. “Chopper.” Oulike naam.
    🙂

  11. Ougat gevreetjie, die woef-kardoes! Lekker naweek.

  12. lisabeth het gesê op Oktober 16, 2010

    Hou die hond as jy wil, maar die veaarts moet jy nooit laat gaan nie… nie @R70 vir ‘n huisbesoek nie!

  13. louisna het gesê op Oktober 17, 2010

    Mooi lewies. Oujaar 2002 kom ‘n crackerverwarde with hondjie met ‘n soortgelyke lyf hier aangehardloop. Mammie troos hom en gee hom ‘n stuk wors. Spook is vandag nog deel van die gesin.

    Hy het net eenkeer vir ‘n maand lank gesulk toe mammie sy eiers laat uithaal het.

  14. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Dis ‘n slegte ervaring, Duiwelki, al weet mens jy doen dit uit genade.

  15. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Hehe Abrham, ek is maar ‘n sucker, ek weet!

  16. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Hi Lou, op en wakker inderdaad, ek hoop nie hy is ‘n keffer nie.

  17. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Ja hy is né, so met die een flapoor!

  18. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Hi Tina! Ek dink dit staan in hondetaal op ons hek: Hawe vir hawelose honde!

  19. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Hi Jacvan–daar is een aftjop wat hy sal moet ondergaan om sy drange in toom te hou!

  20. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Ek dink hulle is dankbaar vir ‘n kans.

  21. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Ek dink die feit dat hy ‘n ander vaste inkomste het maak dat hy genadig is met sy konsultasie fooie.

  22. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Ja nee Flenters, die vlermuisbrakkie het sy hawe goed gekies!

  23. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Ek sal jou vertel van Pamela.

  24. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    ja sdie veeartse is duur deesdae. En as mens nou verantwoordelikheid vir ‘n dier geneem het moet jy maar betaal as dit nodig is.

  25. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Hy is vol streke!

  26. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Hallo Berwick! Ons het ook Vlekkie en Oortjies oorweeg!

  27. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Dis maar hoe hy lyk Annemari, so met sy spits bekkie en lang bene.

  28. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Hi Therina! Lyk my ook hy bly.

  29. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Soos klein brakkies maar is, Eavan.

  30. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Hi Thomas! Hy lyk nogal soos ‘n chopper wat opwarm as die stertjie so waai!

  31. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Iemand om hom moeg te speel!

  32. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Ja, hy is nogal oulik vir so ‘n sidewalk special optel brakkie!

  33. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Ja, kan jy glo! Amper verniet!

  34. pasella het gesê op Oktober 17, 2010

    Shame ja, Chopper sal ook daai chop moet ondergaan as sy geite neuk!

  35. louisna het gesê op Oktober 17, 2010

    Mammie was nie beindruk met sy gerondsaaiery in die buurt nie. Sterkte.

  36. Dierbaar {-;

    Soek jy nie dalk nog ‘n vondeling nie? Ek het ‘n worshond … met ‘n skisofreniese persoonlikheid… *sug*

  37. Oupa! Hoe tik daai vinger?

  38. bloukaap het gesê op Oktober 18, 2010

    vok teen R70 sal dit seker dan voorbarig wees as hy ek hom sou vra om na my hoes ook te kyk …..

  39. pasella het gesê op Oktober 19, 2010

    Dis oor hy van wors gemaak is!

  40. pasella het gesê op Oktober 19, 2010

    Hy tik jong man, en hy doen ‘n paar ander goete ook!

  41. pasella het gesê op Oktober 19, 2010

    Dis goed en wel Pruim, maar weet jy waar steek hy die koorspen in?!

  42. jannel1 het gesê op Oktober 29, 2010

    Ekskuus ek kom nou hier halfpad in die gesprek aan. Oor wie se rondaaiery was Mammie bekommerd?

    O ja en jammer om te hoor van die eiers Ouboet.

    Jan stap weer aan…

  43. louisna het gesê op Oktober 29, 2010

    Honde met eiers Jan.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.