Kaapse draai

Julie 29, 2010 in Sonder kategorie

Die teerling is gewerp, die koeël is deur die kerk: Woensdag 4 Augustus val ons in die lang pad Kaap toe. Eers Parklands waar Mira en Liam aan die groter word is, en dan oor die naweek Stanford toe, waar Kara en Mia op Oupa Lewies wag. Die groot lekkerte is dat die Parklanders saam Stanford toe gaan en dat die ganske Lewies-nageslag onder een dak saam sal wees. Pure plesierigheid. Nou is dit eers al die goetertjies en hoetertjies ex Crazy Store vir die kleintjies verpak, al die kleertjies waaroor Oupa en Ouma ge-oe en ge-aah het en met geduldige plestiekkaarte gekwansel het, al die boeke wat met ‘n kleinkind in die arm gelees moet word, al die DVD’s wat  geleen en gekloon is, al die eendag reëndag besig bly krale en gom en kryt en verf, al die “laat my aan Santjies dink” presente wat vir die Stanford -ma se verjaardag  gekoop is, al daai dinge en dan nog die gewone Groot Trek se klere, kort en lig vir sonskyn dae, warm en lank vir in case, die voorgeskrewe medikamente om die mankemente van Vader Tyd te beveg, en al die ander vir in case, Immodium in case van spuitpoep, Anthisan in case van goggabyte ( en sê nou dis ‘n vknkop?!), ‘n salfie in case van dit en ‘n pilletjie in case van dat (en ‘n Viagra in case van ‘n gelukkie!)

 

Tydens die voorbereidings vir ‘n vorige kuier daar besluit ek dat ek en Skoonseun nie onderbroeke deel nie–ek moet myne duidelik merk sodat dit nie in die was deurmekaar raak nie. Die vinnigste en mees praktiese manier waaraan ek kon dink is om ‘n skeut Jik op die onderbroek te gooi, dan bleik hy so effe en siedaar, Lewies se onderbroek onbetwisbaar duidelik soos daglig! Een drag maak mag!

 

“Lewies, wat op aarde vang jy aan?”

 

“Nee jissie Vroukie, as ons daar by die kinders kuier weet ek nooit watter van die onderbroeke op die wasgoeddraad is myne en watter is Skoonseun s’n nie. Nou bleik ek dit effe met Jik en weet die met die kol op die hol is myne. Slim né!”

 

” Jinne Lewies, daai skoonseun van jou dra moes nie onderbroeke nie! En met daai Jik plan van jou is dit nie ‘n kol op die hol nie maar ‘n gat op die gat! “

 

“Wragtag né! So ‘n klein bliksem! As ek dit geweet het het ek nooit my konsente gegee nie! My arme dogter!”

 

Ja, oor die gat op die gat, ek bevind my in die geselskap van manne wie se gate al die front page gehaal het, of wat sê ek, ET en Joost?

26 antwoorde op Kaapse draai

  1. loudavisi het gesê op Julie 29, 2010

    Ek kan nie wag dat Ezra ophou kou en proe aan sy presente nie!

    Geniet die trippie en die inpak en die groot bederf en neem ekstra plestiek kaarte saam vir in case…

  2. abrham het gesê op Julie 29, 2010

    moenie worry nie lewies, die jik sal die groen wegvat

  3. medikamente vir die mankemente 😉
    Hoe later hoe kwater

  4. pasella het gesê op Julie 29, 2010

    Kaapse weer! Mens kan nie mooi weer bestel nie.

  5. pasella het gesê op Julie 29, 2010

    Ja Rosiedoring, die brille en die pille!

  6. pasella het gesê op Julie 29, 2010

    Dan bly net die gate oor!

  7. pasella het gesê op Julie 29, 2010

    Dankie Therina, daai moerse ent pad is eintlik deel van die vakansie.

  8. pasella het gesê op Julie 29, 2010

    Ek sien so lank uit hierna Annemari, dit kan net lekker wees.

  9. pasella het gesê op Julie 29, 2010

    Die outjies moet aan alles knaag, regte kleine muisies!

  10. pasella het gesê op Julie 29, 2010

    Die uitsien en die voorbereiding is klaar ‘n lekker deel van die kuier. Geniet dit.
    (Ek sal uittjek vir rooi crocs in Hermanus!)

  11. eros01 het gesê op Julie 29, 2010

    Geniet die vakansie, gebruik die v-pilletjie en jaag in die middel van die nag na Hermanus se noodapteek toe vir nog voorraad.xR

  12. Jy’s in goeie geselskap met die onderbroeke.
    Geniet die trippie geweldig!

  13. pasella het gesê op Julie 30, 2010

    dankie Kelly. ‘n Boer maak ‘n plan né!

  14. pasella het gesê op Julie 30, 2010

    Sal die kuier geniet, so met Vroukie aan my sy!

  15. pasella het gesê op Julie 30, 2010

    As die nood hoog is, is die uitkoms daar!

  16. pasella het gesê op Julie 30, 2010

    Dankie Thomas! Ek is seker ek sal!

  17. bloukaap het gesê op Julie 30, 2010

    as jy in MY Kaap kom Lewies, waai die wes-Kaap berge soentjies van my af, en vertel hulle die kind van Montagu verlang vokkin erg

  18. Bwhaaa Lewies jy is baie snaaks geniet julle trippie!

  19. Trakie het gesê op Julie 30, 2010

    Geniet jou gate uit!

  20. pasella het gesê op Julie 30, 2010

    Ek sal die wind voel, Pruim, en die verlange van die Montagu se klong.

  21. pasella het gesê op Julie 30, 2010

    Hallo Tweeling! Jis ek sien uit na die trippie, die kiddies word groot sonder dat ek dit weet.

  22. pasella het gesê op Julie 30, 2010

    Slim Kelkie!!

  23. pasella het gesê op Julie 30, 2010

    Hi Sonellie! Jy was ‘n ruk afwesig, ek het jou gemis. Ek is bly dat ons weer kon opmaak!

  24. lisabeth het gesê op Julie 31, 2010

    Gelukkige Kleinkinders!

  25. pasella het gesê op Julie 31, 2010

    En Oupa en Ouma!

  26. lisabeth het gesê op Julie 31, 2010

    Jip…dis ‘n verhouding daai waarsonder al drie geslagte armer sal wees!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.