O moedertaal, o soetste taal

Desember 19, 2009 in Sonder kategorie

 

Vanoggend besluit Vroukie die laaste kosaankope vir die Kersgety moet gedoen word. Veral groente is aan die orde van die dag, dus vat ons die pad Fruit and Veg City toe.

Daar gekom, vat Vroukie die patatpad en ek die pampoenpad. Mooi vrugte en groente, so in die midde van die seisoen. Die spanspekke is rypgeel, ruik sommer so Porrarig. Mens wil net koop. Die spinasie diepgroen en kraakvars, die wortels vitamiengeel. Die dames is ook nie skaam om bietjie waatlemoen te wys nie, en die inkopietog raak nogal aangenaam.

Met ons waentjie propvol van die paradyslike opbrengs van die aarde, val ek en Vroukie by die betaalpunt in. Ons sal die Kersfeesgaste heilsaam kan voed.

 

‘n Kleurlingmeisie beman die till. Sy bedien ‘n ouerige dame wat Afrikaans met haar praat maar sy volhard met ‘n baster Engels. Ek vervies my, dis duidelik dat sy self nie Engelssprekend is nie maar uit pure vertonerigheid haar bedenklike bedrewenheid in die taal wil uitstal.

 

“Joe!!” roep sy, “box!” ‘n Helper in ‘n groen golfhempie kom aangesluip met ‘n boks waarin die klant se aankope gepak word.

 

“Luister”, sê ek, “hierdie dame praat Afrikaans met jou maar jy ignoreer dit die heeltyd. Maar ek sê jou nou al, wanneer jy my bedien, verkies ek om in Afrikaans aangespreek te word”

 

Sy kyk na my met sulke Boesmanogies. As sy haar mond oopmaak om te praat gaap haar lover’s gap pienk en plesierig soos ‘n beligte stalagtiet in die Kangogrot.

 

Dan skree sy venynig “Joe doos!”

 

“On second thoughts, “ sê ek, “Maybe we should rather stick to English”

 

21 antwoorde op O moedertaal, o soetste taal

  1. pasella het gesê op Desember 19, 2009

    Vreemd né. Ons is seker maar so gekondisioneer.Lekker dag vir jou ook daar by die see, skuins voor Nuwejaar is ek ook daar!

  2. GieGieGie – lekker lag ek nou.
    🙂

  3. louisna het gesê op Desember 19, 2009

    Pragtige stukkie Lewies.

  4. Nou het ek hardop gelag!
    Lekker, Lewies!
    🙂

  5. Ag tog, die tipe ding kry mens gereeld. Bleddie morone wat eintlik so stupid soos grond is.

  6. lekker storie!!!

  7. jannel1 het gesê op Desember 19, 2009

    Oom Lewis, dis ‘n lae hou, maar mag ek maar lag!

  8. pasella het gesê op Desember 19, 2009

    Hallo Henry!

  9. pasella het gesê op Desember 19, 2009

    Naand Maankind! Geniet daai krulkoppie!

  10. pasella het gesê op Desember 19, 2009

    Dankie Ouboet!

  11. pasella het gesê op Desember 19, 2009

    Hi Thomas!

  12. pasella het gesê op Desember 19, 2009

    Hulle is met ons Boerseun!

  13. pasella het gesê op Desember 19, 2009

    Hallo Monica!

  14. pasella het gesê op Desember 19, 2009

    Ek het so ‘n mini groentetuintjie met ses spinasie plante, maar tussen die kewers en die haelbuie is daar nie veel om te oes nie.

  15. pasella het gesê op Desember 19, 2009

    Amper more sê Jan, hoop die nuwe dag is A ok!

  16. pasella het gesê op Desember 19, 2009

    Jis Murhpy, en as mens daai gap in passion moet beleef!!

  17. ek het saam julle gegiggel… dis mos die soort taal wat hier in die namakwaland gebruikstaal is.
    “make love, not war”… in Weskus Afrikaans vertaal… “nai man moetie fightie”

  18. pasella het gesê op Desember 20, 2009

    Dis glo hoekom Kaapstad as mother city bekend staan! Selfs Shabir Schaik gebruiik daai uitdrukking van “Jou ma se watsenaam” kwistig!

  19. Hahaha!
    Lewies op sy beste.

  20. pasella het gesê op Desember 21, 2009

    Hallou Juffrou Lou!

  21. pasella het gesê op Desember 21, 2009

    Hi Miesies Lee!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.