Dubbel dosis

Augustus 13, 2009 in Sonder kategorie

Vroukie is vandag nie so wel nie. Vanoggend toe sy opstaan voel sy naar, ongemaklik warm, erg duiselig en boonop met ‘n erge hoofpyn. Sy is nie een wat sommer by die huis bly as sy olik voel nie, maar vandag had sy nie veel oorreding nodig om maar weer in die kooi te klim nie. Sy was gister by die dokter wat medisyne voorgeskryf het vir osteoartritis, ‘n nuwigheid vir haar. Hy skryf toe twee soorte pille voor, Celebrex, 2 tablette saans, vir die osteoartritis en Tramacet, 1 tablet wanneer nodig, vir pyn. Die apteekster waarsku haar dat die Tramacet lomerigheid kan veroorsaak. Met dit in gedagte bekyk ons die medikasie, net om te vind dat die plakkers op die houers omgeruil is. So het sy in goeder trou ‘n dubbel dosis Tramacet gedrink. Ek vat dit toe terug na die apteek net vir bevestiging. Ja, dit is so, beken die  apteekster apologeties. Dit was baie besig met die dat amper die hele dorp onder die griep deurloop, die ander tak se rekenaars was af en kliënte van daar het na hier gekom. Ek het nie ‘n bohaai opgeskop nie, te verlig dat die oorsaak van Vroukie se mankement toegeskryf kan word aan die newe effekte van die Tramacet in oormaat. Sy het die heel dag gelê en het eers teen die middag opgestaan. Sy lyk nou beter, maar is nog ietwat pê. Hoop sy is more ok.

15 antwoorde op Dubbel dosis

  1. Shame Lewies, ek dink dat dit uiters agterlosig was van die Apteker – besig of nie besig nie!!

    Ek hoop sy voel vinnig beter – sterkte!

  2. hutton het gesê op Augustus 13, 2009

    Incredibly careless ;-(

  3. Berwick het gesê op Augustus 13, 2009

    Beterskap, Lewies.

  4. pasella het gesê op Augustus 13, 2009

    Thanks Pinky. Ons sal nie daai apsteekster gou weer vertrou nie.

  5. pasella het gesê op Augustus 13, 2009

    Dankie Flenters.

  6. pasella het gesê op Augustus 13, 2009

    My sentiments also Hutton. Thanks for popping in!

  7. pasella het gesê op Augustus 13, 2009

    Thanks Berwick. Ek wou kommentaar lewer daar by jou oor Oppi Koppi maar Lettertrash sê so skattiglik dat die maanmannetjies of iets jou bladsy gesteel het.

  8. pasella het gesê op Augustus 14, 2009

    Ek stem saam oor die agtelosigheid Ffion. Die vrou is immers ‘n opgeleide apteker.

  9. pasella het gesê op Augustus 14, 2009

    Sy is al weer fighting fit Annemari!

  10. pasella het gesê op Augustus 14, 2009

    Ironies, Ghaap, die medisyne wat jou moet laat beter voel maak jou siek.

  11. zephur het gesê op Augustus 14, 2009

    Mensig dit kan bollie maak as jy jouself oordoos met pille en dit is ‘n plakker probleem….hel hoekom klink die sin nie reg nie

  12. Vasbyt Oom … dink aan julle …

  13. pasella het gesê op Augustus 15, 2009

    Newwermaaind die sinskonstruksie Zeppie, dankie vir die inloer!

  14. pasella het gesê op Augustus 15, 2009

    Thanks DsP, sake is darem nou ok.

  15. Ek wil graag weet of dit haar ook so laat jeuk hetbEk gebruik dit ook vir dieselfde probleem en werk goed,maar krap my dat dit lyk of die bloed op party plekke deur my vel wil bars.
    Sterkte
    Stiena Liebenberg
    Rustenburg

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.