Want daar’s plek

Augustus 20, 2012 in Sonder kategorie

Elke volk en stam en nasie en taal het sy kwota watookal. Sommiges het egter meer van die een en anderes meer van die ander. Soos gesonde verstand. Of logika. Iets wat die drie A’s nie baie van het nie, of straks weier om ten toon te stel. Dis nou die Afrikane, Arabiere en Asiërs. Gaan kyk maar, daar waar diesulkes in die meerderheid is, is waar voertuie gewoonlik oorlaai word.

 

Hoekom? Want daar’s plek.

 

Een wat vir my gewerk het, het eendag gesê hy kan nie verstaan hoekom pasassiersmotors vir vyf mense gesertifiseer word as daar ten minste agt mense kan in nie. Daar’s dan plek. Dinge soos dra- of remvermoë is twak wat deur kolonialiste uitgedink is. Soos die 35-sitplek vliegtuig wat ‘n paar jaar gelede in Zambië geval het. Daar was 63 aan boord. Daar was dan plek.

 

Ek het voorheen vir ‘n privaat ammunisie vervaardiger gewerk. Eendag ry ek met ‘n een ton bakkie om ammunisie by die pakhuis te gaan haal. Die wat weet, weet dat ammunisie swaar is. Die ammo was in kratte van 31kg elk gepak. ‘n Kassie met 31kg se ammunisie is nie eintlik buitensporig groot nie. Ek hou dit toe konserwatief en laai net 30 kassies wat net noord van 900kg was. Volumegewys was dit minder as die helfte van die volume van die bak. Dit kom toe so dat my vertrektyd saamgeval het met tjailatyd. En net daar besluit 14 werkers dat hulle ‘n ernstige behoefte aan ‘n saamrygeleentheid het. Hulle sak toe ook toe op die bakkie soos honger Ethiopiërs op ‘n VN mieliemeel lorrie. Ek het egter my voet dwars gesit en is met protesaksie begroet. “Hei man, daar’s dan plek.” Ja stoofneus, die feit dat dit ‘n bakkie met een ton dravermoë is en dat hy reeds naby aan dit gelaai is maak mos nie saak nie. Ek is eindelik daar vort, sonder hulle, met ‘n rassistiese wolk wat oor my hang. Want daar was plek.

2 antwoorde op Want daar’s plek

  1. TS het gesê op Augustus 20, 2012

    eish…

  2. Met eish ja, met eish…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.