by Pronk

A short conversation with a folksinger

Augustus 8, 2012 in Sonder kategorie

Ek kry vandag net heeltemal te koud om rerig ernstige werk te doen. So, I am farting around with folksingers. Die liefde van my lewe is mal oor Leonard Cohen en ek het ook weer begin om na die ou kerel met sy skitterende lirieke te luister. En ‘n klomp goed in die song “who by fire” raakgehoor wat te heerlik op my kreatiwe werk invoed.

So, die ene se titel is: Who by fire. (Die vuurhoutjie is ‘n dead give away, ne?)

Dis eintlik net die voorskets die wat ek toe sommer gou op die rekenaar ingekleur het. Ek sal later ‘n properse painting daarvan maak.

Geniet julle Vrouedag

by Pronk

Women who run with furry animals…

Augustus 8, 2012 in Sonder kategorie

Aan al my sielsusters wat so met die wolwe uithang, hou julself asseblief warm! Koue op die longe is ‘n ernstige saak.

In die agtergrond het ons natuurlik Pelindaba met die lugbesoedeling en so, en die hele landskap is vol hartjies want ek is vreeslik verlief en schmaltzy!

by Pronk

Heilige Koeie

Augustus 2, 2012 in Sonder kategorie

Ag ek wil net hierdie asemrowende image met julle deel. Veral met Jade.

Daars vir my net iets so promordiaal en sterk aan hierdie foto. Dit dui op die sterk, oerband tussen die mens en sy domesticated diere. en die bees is so vreemd met die enorme horings. Amper insekagtig. Dis vir my wonderlik om myself in te dink dat iewers op hierdie planeet daar mense en diere is wat so besonders mooi is, sommer net…. sonder enige opgesmuktheid. Statueske wesens met ‘n inherente aardse skoonheid.

Dis vir my heilig, roerend mooi!….

(Orraait, ek weet daais nie ‘n koei nie…dit het net gepas geklink)

by Pronk

Ek weet boggerol van Rugby…

Julie 30, 2012 in Sonder kategorie

Maar ek dink die Stormers moet dalk hier kom werf.

Ek is toevallig die Voorsitter…

Ek sukkel om te verstaan hoekom dit nie die mees aanskoulikste spektatorsport op die planeet is nie…. en hoekom daar nie groot bedrae geld hier ingepomp word nie. Orraait ingestoot word nie… ag julle weet wat ek bedoel.

by Pronk

Bzzzzzz… nog bye

Julie 25, 2012 in Sonder kategorie

Nog een van daai interessante sepedistories wat ek moes illustreer. Teks in sepedi, kunswerkbrief in engels. Geen idee wat hier aangaan, maar dit lyk fascinating! (ek gaan nog reel vir vertaling)

Nou dat ek dit so kyk, reken ek daar moet nog bye bykom…bietjie lig op die bye hier

by Pronk

Vir Henry. Die Koraalboom

Julie 24, 2012 in Sonder kategorie

Hierdie rooi blomme is die koraalboom se blomme.

by Pronk

Kwaak!

Julie 23, 2012 in Sonder kategorie

Die winterson kabbel kleure los

Uit ‘n bontvlerkspreeu se veredos

(ek dink die poetry muse is effe verward)

Dit moet nou lente word.

by Pronk

Zzzzzzzzzz

Julie 17, 2012 in Sonder kategorie

Z stands for

Zombie Zapping a Zebra

Ek like my zombie se hemp… o, en ek het my ingehou en die Zol uitgelaat.

by Pronk

Alle grappies op ‘n stokkie…

Julie 16, 2012 in Sonder kategorie

Warthog selling a Watch to a Waiter with Water

by Pronk

Truly Seffrican ABC

Julie 12, 2012 in Sonder kategorie

T stands for…

A Tiger wearing Takkies selling Tik  from a Teapot to a Toppie in a Taxi…