by

Armed and dangerous and how it affects my life. Of so iets

Februarie 21, 2013 in Uncategorized

Gisteraand, na harde geswoeg aan die Afrikamasutra wat nou regtig in Maart ter perse gaan by niemand minder as Unisa Press, toe doodle ek die klein monstertjie. En toe ek klaar is, toe wonder ek oor die gun in sy hand. Want ek is hoegenaamd nie ‘n voorstander van gewere nie. Ek kan die nut insien van ‘n jaggeweer, want dis seker heeltemal orraait as mens so af en toe iets vir die pot skiet, maar rewolwers en pistole word gemaak vir net een ding en dis om ander lewende wesens te dood. Veral mense. Veral ons eie geliefdes. Veral soos gesien in die onlangse bizarre tragedie wat hom hier by ons afgespeel het.

Vroeer die week, toe kom ek skielik agter dat my seuns vreeslike geweldadige prentjies sit en teken, spesifiek so van die naweek af. Ek is intens betrokke by my kinders se kuns. Omdat ek self heeldag teken, is hulle ook meestal rondom my besig om op stukkies papier te skribbel. En dis nou net stokmannetjies met gunne en bloedige kopskote…point blank kopskote…

En ek dink daaroor dat ons altyd die bose baie ver van onsself gaan soek. Mense kla oor Harry potter en 50 Shades of Grey en die vreeslike duiwelse invloede wat die dinge op ons samelewing het, maar hier het ons ‘n rooiwang, wholesome sportster wat gewere rondswaai en groot skade aanrig. Hoe nou gemaak? Nie dat ek dink dat Oscar ‘n duiwelse invloed is nie. Dinge het net horribly skeef geloop daar, nugter weet. Ons sal wyser word oor die volgende paar maande, glo ek. So ek wil geensins aan die debat daaroor deelneem.

Wat my opval is net die feit dat ons as samelewing sekere goed sanction, wat partykeer baie erger is as die “duiwelse” dinge waarvoor ons so bevrees is. Soos ‘n beheptheid met wapens. Soos geweld. Soos om groot hoeveelhede alkohol in die openbaar te verbruik en dan te spog oor hoe dronk ons was en hoe erg ons tekere gegaan het…

Ou John Lennon het dit al ‘n paar dekades gelede so mooi verwoord toe hy gese het dat ons ons kinders op 18 jaar oorlog toe stuur, maar ‘n reusagtige bohaai sal opskop oor ‘n betoning van liefde, soos seks in die openbaar. En hier het jy dit nou. So ongesiens sluip die geweld in ons huise in. Ons kry dit saam met ons all Bran in, soggens.

En ek weet nie of ek heeltemal ok is daarmee nie. Ons is seker almal aandadig daaraan met die dat ons mere mortals op voetstukke plaas, net om hulle dan weer ‘n ruk later te vernietig. Dis iets wat uit ons kollektief kom. Julle is vertroud met die diskoers. So ek probeer my kinders iets daaruit te leer.  Om nie helde te he nie, maar om op hulle eie power, insig en vermoeens staat te maak as hulle uitdagende tye beleef. Om hulle eie ekstreme emosies rondom gebeurtenisse in hulle lewens te kan bestuur. Om radikale verantwoordelikheid oor hulself en hulle lewens te neem. Want jouself is uiteindelik al wat jy het. Ek hoop ek kan die boodskap by hulle uitbring.

7 antwoorde op Armed and dangerous and how it affects my life. Of so iets

  1. “…Want jouself is uiteindelik al wat jy het. Ek hoop ek kan die boodskap by hulle uitbring.”

    Nice!

    Dis ‘n waar woord – en wat daarmee saamgaan, is dat jy gelukkig is as jy oor iemand strompel met wie jy ‘n tyd lank kan saamloop.

    (gelukkig, meer soos in “lucky”, nie soseer “happy” nie, alhoewel dit ook waar is)

  2. Ek hou baie van daardie tekening. Goed gedoen.

  3. Wapens word gemaak sodat mense dit kan gebruik vir jag, sport en selfverdediging. Dit word nie vir die uitvoer va misdaad gemaak nie, alhoewel baie dit so gebruik en hulle sal nooit hul wapens opgee nie, so hoekom moet ek wat wetsgehoorsaam is dit doen?

  4. Ek het hoeka gisteraand gedink hoe verkeerd die advertensie is van “moenie vir ma sê nie” Dis dinge wat diep in die kinders se onderbewuste gaan lê sonder dat hulle dit agter kom. Dis ok om vir ma te jok, tog is dit een van die basieste goed wat jou hele lewe kan opdons. Ek moet sê ek weet nie hoe werk die media se koppe nie, en ek dink ook nie hulle besef wat se intense skade hulle berokken nie.

  5. vuurwapens in privaat besit lok ongelukkig ‘n sekere element. Hierdie element bevat bewapening van moord rowers en tragedies in families.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.