by

Blogvreters en mensvreters

Oktober 12, 2012 in Sonder kategorie

Orraait, ek sal dan nou maar hier blog en op WordPress, en as die blog die oorskuiwery oorleef, dan sal ek besluit wat ek gaan doen. Ek sal buitendien heeltemal te veel na julle verlang 🙂

So, hier is ‘n prentjie…

Van 2 bang ou kindertjies. Wat weghol vir ‘n nare mensvreter. Jis, ek is mal oor mensvreterstories. Onthou julle nie uit julle kleintyd die delicious horror van ‘n goeie mensvreterstorie nie? Alhoewel ek reken dat daar heelwat Parental Politics agter die skep van monster en bangmaakstories skuil. Maar ek het hook, line en sinker vir die stories geval.

13 antwoorde op Blogvreters en mensvreters

  1. Grootoog kind

  2. Madhatter het gesê op Oktober 12, 2012

    Dis wat ons wil hoor! Vasbyt.

  3. volgende week die tyd sal ons seker weet!

  4. daancoetzee het gesê op Oktober 12, 2012

    Sien jou anderkant. Ja, ons was naby ´n spruit en daar het ´n oemfiemoe gebly wat ons in die water sou sleep en laat verdrink.

  5. HeavyHenry het gesê op Oktober 12, 2012

    Brolloks, Bittergal en soetliefie…

    Jaaa!

  6. Ek-Myself het gesê op Oktober 12, 2012

    Ja Henry!

  7. loudavisi het gesê op Oktober 12, 2012

    Antjie Somers. Ek kon snag nie slaap uit vrees vir haar nie.

    Soveel vrees in jou puik illustrasie!

  8. frandr het gesê op Oktober 12, 2012

    Dit het my bitterlik berou dat ek Brolloks en Bittergal vir die kinders gelees het – hulle kon nie slaap van banggeid nie!

  9. Perdebytjie het gesê op Oktober 12, 2012

    Die Grimm Broers se stories was eers erg..nare goed wat met die karakters gebeur het..en tog het ons die stories verslind en geen sielkundige skade oorgehou nie..altans ek hoop nie so nie!

  10. avega het gesê op Oktober 14, 2012

    Ons 2-en-n-halfjaar oud kleinseun love monsters, maar hy weet nog nie hy moet bang wees vir hulle nie. Bly jy bly.

  11. Carol460 het gesê op Oktober 14, 2012

    Jy is wraggies talentvol! XX

  12. lora2me het gesê op Oktober 15, 2012

    Jy kry dit reg om hul uitdrukkings so mooi te skets. Ek het altyd gevind dat kinders van die horribale, vreesaanjaende, grillerige stories hou, maar dat daar baie volwassenes is wat dit nie goedkeur nie. Solank die einde altyd goed is, kan hulle mos nie sielkundige letsels oorhou nie.

  13. endlich het gesê op Oktober 18, 2012

    dis pragtig en met so min lyne sien ek die ou twee bang kindertjies. Die grote brawer as die kleintjie – dis kostelik!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.