by

Droom

Augustus 20, 2012 in Sonder kategorie

Ek het gedroom ek is ‘n ou vrou en ek bly in ‘n kremetartboom. Hy is hol aan die binnekant en daar bly ek. En daar is boekrakke so direk uit die boomwand gekerf. Vol mooi, leergebinde, muwwe ou boeke met prente van snaakse, middeleeuse kreature…

Ek kan onthou dat ek lank gestaan en kyk het na so n horingou, Middeleeuse illustrasie van n leeu wat n mens ge-eet het en nou staan en hom uitpoef. askies vir die banaliteit, maar, julle weet, met my fyn ontwikkelde sin vir die makabere, is dit nou presies wat ek sou teken :D. bestarium perversum!

Daar was ook ‘n draak met 7 koppe (Very much Openbaring, nuh)  en nog ander illustrasies wat ek nie in sulke detail kan onthou.

22 antwoorde op Droom

  1. TS het gesê op Augustus 20, 2012

    eeeeeuuuuwwww… voorspelling vir ‘n maagaandoening sou ek sê!

  2. daai “boomhuis” klink mooi, dalk moet jy dit verf?

  3. lora2me het gesê op Augustus 20, 2012

    Jou kreatiewe brein kry ook nie rus nie, Pronk. Gaan jy ons wys as jy klaar geillustreer het?

  4. endlich het gesê op Augustus 20, 2012

    mooi droom, het jy dalk pasella gekyk, met die ou kremetartboom, soo groot en hol. met ‘n veilige buik. kan net dink dat dit sprokies kan oplewer en natuurlik ‘n kunswerk

  5. haai, nee, ekt nie pasella gekyk

  6. Ek hoop daardie droom word waar, iemand moet regte egte boeke in bewaring hou….

  7. philvr het gesê op Augustus 20, 2012

    Ja, die droomery kan partykeer snaakse goed laat leef.
    Mooi loop,
    PvR

  8. flapoor het gesê op Augustus 20, 2012

    Oee, ek is ook so aan’t drome deesdae – bizarre goeters. Ek dog dis die ouderdom, misksien is dit in die lug.

  9. Pasella het ook ‘n hol boom gehad.

  10. abrham het gesê op Augustus 20, 2012

    boom van kennis – goed of kwaad
    spys het uit die eter gegaan en soetigheid uit die sterke
    sneeuwitjie en die sewe dwergies
    tabula rasa

  11. Lekker!

    Teken vir ons die skytleeu wat jy gedroom het, toe!

  12. Jirre Henry, hoe ken jy my 😀

  13. Jy dekonstrueer darem die mites erg hierso 😀

  14. Ekt nie program gesien maar miskien het dit tog op die eter na my toe aangekom…

  15. And here I thought the old woman lived in a shoe 🙂

  16. Kan ek kom kuier in jou boom?

  17. Klink interessant en koel en lekker om in weg te kruip !

  18. Kremetart – eie aan Afrika.
    Boeke – kennis.
    Middeleeue – revolusie.
    7 koppige draak – Openbaring.

    Nou wat sou die vier in een droom beteken? Die skyt leeu is pragtig met vliee om die bolletjie en holletjie!

  19. Jy het dalk verby die gat getrap en daarom het jy nie in Alice se wonderland beland nie!

  20. Interessante droom..alles goed in jou onderbewussyn!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.