by

Suikerbekkies

Augustus 16, 2012 in Sonder kategorie

In my winterkaal ou witstinkhout maak 2 suikerbekkies nes! Vir die lente. Maar so in die boom se dunste ou takkies. En my hart wil breek oor die fragility daarvan. Die nesgeraamtetjie is ragfyn, soos kant en word met wonderbaarlike ingeneursvernuf in die mik van 3 baie dun takkies gebalanseer. Sommer so in die ooptes, sonder enige beskutting.

Ek weet nie hoe die nessie ‘n storm of sterk wind gaan oorleef. Maar die tweetjies string hulle glaskraalklanke deur my tuin en baljaar dan in my aalwynversameling.

Hoop die voeltjieDeva is wakker… jir, ek het al klaar 3 kinders, ek kan my nie nog oor suikerbekkiekuikens bekommer nie!

23 antwoorde op Suikerbekkies

  1. TS het gesê op Augustus 16, 2012

    Bekommer gaan jy jou bekommer

  2. Duiwe maak ook sulke vrot neste. Vandag n eier op die grond opgetel. En tog oorleef die specie.

  3. endlich het gesê op Augustus 16, 2012

    Jy beskryf dit so mooi. Ons het op pad na die noorde ook eendag so ‘n suikerbekkie dopgehou wat nesmaak. Gebruik tot spinnedrade….

  4. Ja nee mense kinders besorg genoeg bekommernisse. More than we can handle at times!
    Nice beskrywing Pronkie!

  5. lora2me het gesê op Augustus 16, 2012

    Die klein voëltjies is die sterkste en oorleef die beste, want hulle is vinnig en vaardig. Het jy al die nessies van die paradysvlieëvangers gesien? Dis ragfyn en so pragtig. Ek kan met my tien vingers nie eens so hekel nie.

  6. Not sure if you know but they issued a new stamp series about two days ago featuring SA’s smallest Sunbirds, gorgeous little birds.

  7. Moenie worry nie daai suikerbekkies is nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie 😉

  8. sirpsa het gesê op Augustus 16, 2012

    Wel, geen kat gaan dit op sulke dun takkies waag nie.

  9. Ek het paradysvlieevangers in my vorige tuin gehad wat elke jaar terugmigreer het na my toe. Maar dit was ‘n digte tuin en baie beskut, so ek het nooit hulle nes gesien. Een dag toe sit die ou vleiloerie so beteuterd met sy kop so tussen sy skouers ingetrek en koes koes so op n tak. Toe is die 2 besig om hom te divebomb! Hy’t dit bietjie naby gewaag

  10. No! I’ll go check

  11. eks meer bekommerd dat hulle gaan uitwaai.

  12. Hehehe. Ek wens hulle was… veilig op moeder aarde. Maar hulle is lug wesens

  13. Tja, is so!

  14. Dis waar ja

  15. sirpsa het gesê op Augustus 16, 2012

    Dalk nie, juis omdat die nessie so saam met die takkies flexible is.

  16. Ja, ek weier om betrokke te raak

  17. klink mooi ook

  18. Ag nice!

  19. frandr het gesê op Augustus 16, 2012

    Hoe lag ek nou vir die vleiloerie en die dive-bombers. Ek lees baie lekker hier by jou.

  20. Jy is kosbaar, Pronkie!

  21. Voels is ongelooflike diertjies. Jy moet hulle geniet!! Hou hulle dop en hou ons op hoogte!!

  22. Twaksak het gesê op Augustus 19, 2012

    Die lewe is soms so fragiel soos ‘n voëltjie-eier se dop?

  23. Glaskraalklanke..pragtig beskryf!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.