Jy blaai in die argief vir 2012 Augustus.

by Pronk

Yes!

Augustus 29, 2012 in Sonder kategorie

“We danced too wild, and we sang too long, and we hugged too hard, and we kissed too sweet, and howled just as loud as we wanted to howl, because by now we were all old enough to know that what looks like crazy on an ordinary day looks a lot like love if you catch it in the moonlight.”

— Pearl Cleage


by Pronk

Droom

Augustus 20, 2012 in Sonder kategorie

Ek het gedroom ek is ‘n ou vrou en ek bly in ‘n kremetartboom. Hy is hol aan die binnekant en daar bly ek. En daar is boekrakke so direk uit die boomwand gekerf. Vol mooi, leergebinde, muwwe ou boeke met prente van snaakse, middeleeuse kreature…

Ek kan onthou dat ek lank gestaan en kyk het na so n horingou, Middeleeuse illustrasie van n leeu wat n mens ge-eet het en nou staan en hom uitpoef. askies vir die banaliteit, maar, julle weet, met my fyn ontwikkelde sin vir die makabere, is dit nou presies wat ek sou teken :D. bestarium perversum!

Daar was ook ‘n draak met 7 koppe (Very much Openbaring, nuh)  en nog ander illustrasies wat ek nie in sulke detail kan onthou.

by Pronk

Suikerbekkies

Augustus 16, 2012 in Sonder kategorie

In my winterkaal ou witstinkhout maak 2 suikerbekkies nes! Vir die lente. Maar so in die boom se dunste ou takkies. En my hart wil breek oor die fragility daarvan. Die nesgeraamtetjie is ragfyn, soos kant en word met wonderbaarlike ingeneursvernuf in die mik van 3 baie dun takkies gebalanseer. Sommer so in die ooptes, sonder enige beskutting.

Ek weet nie hoe die nessie ‘n storm of sterk wind gaan oorleef. Maar die tweetjies string hulle glaskraalklanke deur my tuin en baljaar dan in my aalwynversameling.

Hoop die voeltjieDeva is wakker… jir, ek het al klaar 3 kinders, ek kan my nie nog oor suikerbekkiekuikens bekommer nie!

by Pronk

A short conversation with a folksinger

Augustus 8, 2012 in Sonder kategorie

Ek kry vandag net heeltemal te koud om rerig ernstige werk te doen. So, I am farting around with folksingers. Die liefde van my lewe is mal oor Leonard Cohen en ek het ook weer begin om na die ou kerel met sy skitterende lirieke te luister. En ‘n klomp goed in die song “who by fire” raakgehoor wat te heerlik op my kreatiwe werk invoed.

So, die ene se titel is: Who by fire. (Die vuurhoutjie is ‘n dead give away, ne?)

Dis eintlik net die voorskets die wat ek toe sommer gou op die rekenaar ingekleur het. Ek sal later ‘n properse painting daarvan maak.

Geniet julle Vrouedag

by Pronk

Women who run with furry animals…

Augustus 8, 2012 in Sonder kategorie

Aan al my sielsusters wat so met die wolwe uithang, hou julself asseblief warm! Koue op die longe is ‘n ernstige saak.

In die agtergrond het ons natuurlik Pelindaba met die lugbesoedeling en so, en die hele landskap is vol hartjies want ek is vreeslik verlief en schmaltzy!

by Pronk

Heilige Koeie

Augustus 2, 2012 in Sonder kategorie

Ag ek wil net hierdie asemrowende image met julle deel. Veral met Jade.

Daars vir my net iets so promordiaal en sterk aan hierdie foto. Dit dui op die sterk, oerband tussen die mens en sy domesticated diere. en die bees is so vreemd met die enorme horings. Amper insekagtig. Dis vir my wonderlik om myself in te dink dat iewers op hierdie planeet daar mense en diere is wat so besonders mooi is, sommer net…. sonder enige opgesmuktheid. Statueske wesens met ‘n inherente aardse skoonheid.

Dis vir my heilig, roerend mooi!….

(Orraait, ek weet daais nie ‘n koei nie…dit het net gepas geklink)