by

RIP boet kry sy ry

Mei 30, 2012 in Sonder kategorie

Ek het gisteraand skokkende nuus ontvang. ‘n Dierbare vriend van my is dood in sy hotelkamer in Taiwan aangetref, 11 dae nadat hy gearriveer het om te begin engels gee daar. Julle ken hom as die blogger: Boet kry sy ry. Alhoewel hy net 2 blogposts gedoen het, het hy ‘n redelike impak op die blogs hier veroorsaak. Veral met sy eerste plasing.

Ek ken hom amper 25 jaar lank. Boet was ‘n mystic. Iemand wat op ‘n baie intense vlak die lewe in al sy fassette ervaar het en in 5e rat geleef het. Hy was my exman se beste vriend en ons sou altyd op byeenkomste so na mekaar toe gravitate en dan iewers op n bank loop sit en chat en chat tot die koeie huistoe kom. Heerlike satisfying gesprekke oor boeddhisme, ons kinders, die skool sisteem, life, the Universe, Everything…

Boet het baie healing in my lewe ingebring in ‘n tyd toe ek self voor ‘n bus wou inloop. Hy het my bekendgestel aan die NA st 12 stappe. Dis ‘n wonderlike tool; nie net vir verslawing nie, maar ook as mens groot blokke in jou lewe wil skuif.

Ek en hy was daagliks in kontak tot en met sy vertrek na Taiwan toe 11 dae gelede. Hy het ‘n fenomenale skryftalent, maar het as gevolg van ‘n streng, konserwatiewe agtergrond (ware mans skryf NIE gediggies nie!) geen selfvertroue gehad nie. Ons albei het ‘n diep belangstelling in die Godin as argetipe en hy was n voorstander van die sogenaamde female led relationship.  Dit was altyd vir my heerlik om met ‘n man te kon gesels wat die divine feminine so goed kom verstaan en homself so elegant en helder daaroor kon uitdruk. Op 24 April skryf hy die volgende op my facebook wall:

Ek dink jou bebaarde vriende is nog verknog aan die gesplete Maria argetipe. Maria die berouvolle hoer, en Maria die ewige maagd is soveel makliker om te verstaan as n almagtige, alomteenwoordige godin! ‘n Godin, jy sien, bestaan uit vele argetipes, en watter selfrespekterende baardman kan nou opsit met die bitch goddess? Geen wonder hulle wil op skool al al wat mooi meisie is naai nie. En sou die meisie nou toegee, word sy dadelik ‘n hoer. Ek self verlang die Godin. Sonder Haar heelheid bly ek ‘n laaitie met ‘n onvolwasse ego

Ek het n maand of wat met die idee gekom dat hy vir my godingedigte moet begin skryf, sodat ek dit kan illustreer. Ek het aangehou dat hy moet uitgee. Hy het dadelik aan die werk gespring en vir my materiaal begin stuur. Ek wou dat ons dit blog en dan so na ‘n jaar dit versamel in n bundel. Ek gaan sy eerste storie hier plaas. met sy nota by:

Pronk: Hier is ‘n ietsie oor Kali. ek snuffel nog, so ek het nog nie versies
nie. Hierdie stukkie kom uit n youtube video: Understanding Kali Maa.

die idee was om die kind te word voor haar. Die naiewe ek-verteller
skryf ook aaneen soos ‘n kind, maar dit word ook ‘n supplication soos
die musiek vir Kali op die videos.

Anyway, dis maar ‘n simpel ietsie. lees asseblief en laat weet hoe jy
wil vorm gee daaraan, dan maak ek hom so.

Ek het ook gedink om eers met so iets te begin as ‘n introduction, en
dan uit te brei met gedigte, liedjies en mantras. so kan ons n boekie
maak

Okay, laat maar weet

 

Kalika mamma

Met ons neuse teen die koue venster wag ons ‘n ewigheid vir Pappa om sy verskyning te maak in die driveway. Mamma staan alreeds voor haar spieël en tof haar hare op, al lyk dit nog altyd soos ‘n ontplofte matrasfabriek. Pappa lyk maar altyd dieselfde in sy blou suit. Mamma is alweer kaalgat. Ander kinders dink sy is weird, maar ons ken haar so. In haar huis is sy die baas en sy sal kaalnêrs rondloop, soos die blou hemel, as sy wil. Sy sal dit vir enigiemand sê wat ‘n issue het, sy is nie gepla nie. Ons ook nie. Mamma sê sy en Pappa sal enigiemand bliksem wat aan ons probeer vat. My ma is sterker as enigiemand in die hele wye wêreld, selfs op TV. Sy is selfs sterker as Pappa. Sy sê altyd, as sy my pa nie onder sy gat skop nie, sal hy niks doen nie. Maak nie saak nie, my pa is slim. En dis al wat saak maak, sê Mamma. Sonder hom sal sy nie weet watter kant toe nie. Dan was ons almal kaalgat. Partykeer as ons seerkry los sy ons, dan sê sy: “Ja, wie nie wil hoor nie moet voel”. Dan moet ons weet dis vir ons eie beswil. Maar as ons huil hou sy ons altyd vas. Jy moet haar net nie die hel in maak nie, want sy het n tong soos ‘n lemmetjie. My pa sê so. Dan sê sy dis omdat sy alewig almal se kak moet opvreet. Vandag vreet sy niemand se kak op nie. Sy staan en tap tap tap so met daai voetjie van haar. Ons kyk altyd of dit haar linker- of regtervoet is. As dit haar linker voet is, is dit tickets. Wanneer Pappa uiteindelik in die driveway verskyn, hardloop ons buitentoe met ons arms uitgestrek in die blou lug, blou soos Mamma lyf, en skree: “Shakti! Shakti!”

 

Hy is jonk dood. in sy vroee 40’s. Ek glo nie dat daar iets soos ‘n ontydige dood  is nie. Ek glo dat ons inkarneer met ‘n doel. Om te leer en om lief te he, en dat – as ons klaar is, ons aanbeweeg. Daarom vra ek nie hoekom nie. Osho se die dood is die mees betekenisvolste deel van die lewe. Dis die cherrie op die koek van iets wat intens betekenisvol is.

 

Boet is Taiwan toe omdat dit die een plek was waar hy onbeskryflik gelukkig was. Hy was bitterlik lief vir die taal en kon dit vlot praat. Hy was mal oor die kultuur en het gese dis die enigste plek waar hy nie soos ‘n alien voel nie.

 

Ek rou vandag. Maar ek rou hom met ‘n sweetness en ‘n finaliteit want ek weet hy was tussen sy mense en daar was vrede in sy hart.

 

Mag die Godin hom sag aan haar boesem vertroetel.

 

26 antwoorde op RIP boet kry sy ry

  1. Baldadig het gesê op Mei 30, 2012

    sjoe .. en eina

  2. louisna het gesê op Mei 30, 2012

    Sterkte met die verlies

  3. monicahaddad het gesê op Mei 30, 2012

    Julle twee het my nou skoon week geskryf…..en ja hy is waar hy moet wees. Rou met oorgawe, dis ook nodig, vir jou.

  4. palamino het gesê op Mei 30, 2012

    dis die tragiese Koeks. Hy kon nie die juk afgooi nie. Kyk hierbo verwys hy na sy werk as ‘n simpel ietsie. Dit was altyd n simpel ietsie…

  5. palamino het gesê op Mei 30, 2012

    dankie 🙂

  6. palamino het gesê op Mei 30, 2012

    Soos al my interaksies met hom, is hierdie rouproses deeply satisfying. Glo my ons kon lieflik bots. albei van ons is oordrewe drama queens. dit was ook deeply satisfying 🙂

  7. palamino het gesê op Mei 30, 2012

    Dankie

  8. endlich het gesê op Mei 30, 2012

    Sjoe. Wat ‘n mens. Waarlik intens. oop en eerlik. min mense het balls daarvoor.
    My siening oor die lewe verlaat is seker ook effe aweregs. so niks daroor nie. maar ek glo hy is heen na waar hy verlos is van al sy aardse struggles. waar hy gekoester word vir wie en wat hy is.
    sterkte vir jou

  9. Dankie

  10. Modigliani het gesê op Mei 30, 2012

    Wat ‘n pragtige tribute!

    Jammer oor jou verlies, en sterkte met die healing. Ek weet jy gaan fine wees.

  11. lora2me het gesê op Mei 30, 2012

    Ek was eers hartseer oor jou vriend wat daar ver alleen moes sterf, maar nadat ek die res van jou blog gelees het, weet ek dat hy ‘n vol en betekenisvolle lewe gehad het en heelwaarskynlik klaar sy “werk” gedoen het. Sterkte met die verwerking van sy skielike dood – ek hoop jy gaan uiteindelik ietsie oor hom publiseer met jou pragtige illustrasies.

  12. palamino het gesê op Mei 30, 2012

    Hy het vir my ‘n beautiful kinderboek gelaat. Ek gaan dit nou ‘n prioriteit maak. Vir sy seuns. Leo en Olaf

  13. riem_mamba het gesê op Mei 30, 2012

    Troetel die goeie herinneringe wat met jou is. Hartroerend

  14. palamino het gesê op Mei 30, 2012

    Dankie, Mambaman

  15. palamino het gesê op Mei 30, 2012

    Dis presies waaraan ek gisteraand gedink het

  16. HeavyHenry het gesê op Mei 30, 2012

    Ag hel.

    Sulke ongedane sake is tos.

    Sterkte daar, jong!

  17. katrina het gesê op Mei 30, 2012

    Ai – ‘die mense wat ek liefhet kom groei op my soos mos…” XXX

  18. daancoetzee het gesê op Mei 30, 2012

    Sterkte!!!

  19. palamino het gesê op Mei 30, 2012

    Dankie Fienna!

  20. sirpsa het gesê op Mei 30, 2012

    Dink aan jou ….

  21. abrham het gesê op Mei 30, 2012

    Life does not cease to be funny when people die any more than it ceases to be serious when people laugh.
    George Bernard Shaw (1856 – 1950)

  22. avega het gesê op Mei 30, 2012

    Ek dink jy hanteer dit amazing, maar sulke mense los ‘n groot vakuum in die wat agterbly se lewe.

  23. DallaSePa het gesê op Mei 30, 2012

    Puik verwoord.

  24. Perdebytjie het gesê op Mei 30, 2012

    Ag,dis hartseer.Ek het nou daar gaan lees op sy blog.Jammer om so ‘n talentvolle persoon te verloor!Sterkte.

  25. karinstuart het gesê op Mei 30, 2012

    Ek is jammer, liewe Pronk(p)erdjie. Die lewe is tydelik. 🙁

  26. loudavisi het gesê op Mei 30, 2012

    Ai tog, ek was so beindruk met sy skrywe.
    Soos jy se, mens kon die briljansie in sy blog raaksien.

    Sad sad sad…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.