by

Onderwaterkuns

Mei 28, 2012 in Sonder kategorie

Daar float partykeer die mooiste goed oor my facebook wall. Iets wat ek graag met julle wil deel is die een:

Dis gedoen deur die beeldhouer Jason de Caires Taylor en is geplaas net af van die kuslyn van Grenada, in die Wes Indiese Eilande. Ek is mal oor die feit dat elkeen van die figure in die sirkel ‘n unieke individu met haar eie features en houding verteenwoordig. Dis gemaak om die slawe uit afrika  wat op ‘n wrede manier op die skepe omgekom het, en summier oorboord gegooi is, se lewens te herdenk. Ek dink dis vir my die roerendste element. Die feit dat die kunstenaar ‘n stem gee an die stemloses. Daardie mense wat nooit vir hulself kon praat nie. Wat ontneem is van hulle tuistes, hulle geliefdes en hulle menswaardigheid. En die kunstenaar verbeeld hulle stille kreet met die liriese stem van ‘n digter.

Die water gee ook vir my ‘n onwerklike, spookagtige effek. Dis asof mens na geeste kyk en nie na driedimensionele, soliede objekte nie.

Wat die werk verder vir my so besonders maak, is die feit dat dit mettertyd toegegroei gaan word deur korale. So dis ‘n etsetiese manier om koraalriwwe te skep en sodoende die seelewe te bewaar.

Toe ek nou verder oplees toe kom ek af op die slideshow van die kunstenaar se ander werk in Cancun, Mexico, wat dieselfde doel het en waar die korale nou begin heg het. Dis onbeskryflik hoe die beeldhouwerk en die seelewe saamwerk om eenvoudig mens se asem weg te slaan.

Dis nou op my bucket list om te leer scubaduik.

19 antwoorde op Onderwaterkuns

  1. shlwanjan het gesê op Mei 28, 2012

    SJOE!

    Koue-rilling stuff.

  2. abrham het gesê op Mei 28, 2012

    is dit juis, nie die doel van kuns om die stemloses te laat praat nie!

  3. palamino het gesê op Mei 28, 2012

    Absoluut ja (dit laat my dink aan die werk van n sekere skrywer hierrond wat hom ook ten doel stel om aan die stemloses gestalte te gee in sy stories. Ek het so aan hom gedink toe ek na die werk gekyk het 🙂

  4. palamino het gesê op Mei 28, 2012

    ek het eenkeer so ‘n quote gesien, iets van: Mens kan ‘n man se ware karakter peil as mens kyk hoe hy met die mense omgaan wat hom absoluut niks in die sak gaan bring nie. So iets…

  5. Modigliani het gesê op Mei 28, 2012

    WOW!

  6. hysmal het gesê op Mei 28, 2012

    uniek en besonders!

  7. HeavyHenry het gesê op Mei 28, 2012

    Nice een!

  8. avega het gesê op Mei 28, 2012

    Ek het foto’s van die in Cancun gesien, ek dink dit was in National Geographic, dis brilliant! Partymaal dink mens daar’s niks nuuts onder die son nie, dan kry iemand ‘n nuwe oorspronklike idee en skep daarmee, dis sielsverrykend.

  9. palamino het gesê op Mei 28, 2012

    sielsverrykend is ‘n mooi woord!

  10. palamino het gesê op Mei 28, 2012

    Die manier hoe die plante (?) op die gesigte groei… dis asof daar iewers ‘n goddelike memo uitgestuur is

  11. palamino het gesê op Mei 28, 2012

    onbeskryflike emosie

  12. palamino het gesê op Mei 28, 2012

    inderdaad

  13. endlich het gesê op Mei 28, 2012

    Ook vir my interessant hoe hy hul weg van mekaar laat kyk, plaas vir my meer klem op die alleenheid en eensaamheid wat oor hul gespoel het. ook dat hul na die wereld kyk en dus moeiliker om te ignoreer.
    Ek koop vir my pienke die kiddies national geographic. Daarin was ook van sy kunswerke. Dit demonstreer hoe dit gevul is met gangetjies en skeurtjies om vissies skuilplek te gee.
    voortreflike kunstenaar.

  14. Vetjan het gesê op Mei 28, 2012

    Baie interessant.

    Nou hier is ‘n snaaksigheid – ek het tans duikers van Cancun wat bietjie hier kom kuier ..en bietjie rondkyk en duik ook. Sal hulle bietjie vra oor die onderwaterkunswerke..

    een ander ding .. onder die water groei enige ding gou op goeters wat jy daar los – hulle maak tot riwwe van ou kar tyres.

  15. krokowaan het gesê op Mei 29, 2012

    dankie dat jy dit met ons gedeel het … soveel gedagtes dwaal saam met die beelde onder die water rond

  16. palamino het gesê op Mei 29, 2012

    jis ja, ek sal graag wil hoor wat hulle dink.

    Ja, ek is bewus daarvan dat hulle riwwe op ander maniere vestig, maar hierdie is vir my special, want die kunstenaar is bereid om sy werk “op te gee” aan die gang van die natuur. Dit maak n statement oor verganklikheid en siklusse en so.

  17. lora2me het gesê op Mei 29, 2012

    Ek kry dieselfde gevoel van amper heilige stilte as ek in sekere aanbiddingsplekke kom. Dis baie emosioneel uitgebeeld, want selfs die koppe van die beelde is almal verskillend gedraai en hulle lyk so half “uitgelewer” aan iets. Verskriklike emosiebelaaide kuns.

  18. Vetjan het gesê op Mei 29, 2012

    ons het vandag daaroor gepraat.. hulle sien dinge vanaf heeltemal ‘n ander hoek..later meer

  19. riem_mamba het gesê op Junie 9, 2012

    Water was skoon. Water gee lewe. Die werk is diep op die bodem. Onbeskryflike emosie wat in hierdie skepping weergee word.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.