by

Oor my vorige blogplasing

Mei 11, 2012 in Sonder kategorie

Ek wil net se dat die blogplasing oor Eksi glad en hoegenaamd nie my ware en werklike karakter weerspieel nie! Dis gladnie hoe ek rerig is nie, en mense wat my ken en liefhet sal saamstem (julle boggers gaan bars)

Niks wat ek hier skryf is weerspieel in werklikheid die ware “ek” in al my fasette van menswees nie.

Jammer!

Dankie

20 antwoorde op Oor my vorige blogplasing

  1. Unicorn007 het gesê op Mei 11, 2012

    ja maar die vraag bly of jy n posthumanis is.

  2. palamino het gesê op Mei 11, 2012

    Nee! Darwinia!!! Wanner gaan julle mense leer!?!

    Die Vraag is:

    Is dit in God se Raadsplan!?

  3. Unicorn007 het gesê op Mei 11, 2012

    ja maar dis nie MY skuld nie. Ek het al verlede jaar gevra vir n afskrif van Die Plan en niemand het nog vir my een gegee nie.

  4. monicahaddad het gesê op Mei 11, 2012

    Toemaar party van ons het x-ray oë. Jy moet Piekniek by Hangklip lees, jy sal soos ek histeries aan die lag gaan met tye en die res van die tyd grinnik, nie bedtoegaantyd lesstof nie.

  5. palamino het gesê op Mei 11, 2012

    ag ek wil dit nog inwerk ja!

  6. sirpsa het gesê op Mei 11, 2012

    Ek vermoed ek het die posthumanistiese fase betree die oomblik toe ek Aspris geword het. Verby is dus my people-pleaser-dae. Vraag is net (tereg): Is dit in die Groot Raadsplan? O, die onsekerheid!

  7. Unicorn007 het gesê op Mei 11, 2012

    Kan Kamma nie maar Die Groot Raadsplan op sy blog publiseer nie? Dit sal alles soveel makliker maak as ons net weet.

  8. palamino het gesê op Mei 11, 2012

    Vir sekerheid oor die Raadsplan, moet jy ‘n trek van 4 dae te voet die wye Karoo in onderneem. As jy jou bestemming bereik, moet jy op n groot klip gaan sit wat Noord front. Dan moet jy n ruk wag. As dit in die GSR is, sal jy besoek ontvang van ‘n benign entity met die naam Haagen Dazs. Hy gaan jou als vertel

  9. Neander het gesê op Mei 11, 2012

    Ek is ‘n posthumanistiese spookasemeter.

    Laat dit nou vir julle is les wees.

  10. Vetjan het gesê op Mei 11, 2012

    Hoekom sê jy jammer oor blogpasings wat duidelik deel was van die groot raadsplan?

    wil jy hê ‘n weerligstraal moet jou tref huh ?

    fok, hoekom moet ek so sukkel met julle?

  11. monicahaddad het gesê op Mei 11, 2012

    Maar Petrus, dis deel van die plan, die weerlig gaan haar slat dat sy ‘n Unicorn
    kan word….

  12. HeavyHenry het gesê op Mei 11, 2012

    Wil jy my nou weet te vertel dat die inskrywing net kamma-kamma was?

  13. causerie het gesê op Mei 12, 2012

    Het die spirits jou gemove dat jy so stout was? :))

  14. palamino het gesê op Mei 14, 2012

    Petrus, ek krap eintlik aan Biscuits wat, na ek hom gegryp het, gese het dis jammer dat ons onder die verkeerde indruk gebring is deur sy blog plasings want dit wat hy daar skryf is nie wie en wat hy nou eintlik is nie en dis so jammer ons ken hom nie.

    Ek verstaan dit nie mooi nie. Beteken dit hy lieg oor homself in sy posts? So dis ‘n opstuur die, sien?

  15. palamino het gesê op Mei 14, 2012

    kammaknater

  16. Vetjan het gesê op Mei 14, 2012

    waarheen wil jy wie stuur 🙂

  17. HeavyHenry het gesê op Mei 14, 2012

    🙂

  18. palamino het gesê op Mei 14, 2012

    ek wil hom sommer hel toe stuur

  19. abrham het gesê op Mei 15, 2012

    trek jy nou ‘n hansie op ons? ‘the devil made me do it”

  20. shlwanjan het gesê op Mei 21, 2012

    hehe…of dit nou jy was of jou evil alter ego…dit was SKERP {-;

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.