by

‘n Klein bietjie Boerneef met ‘n twang…

Mei 2, 2012 in Sonder kategorie

As ‘n Hadeda een more n veer voor jou deur laat val, moet jy summier dit loop optel, ‘n inkpen daarvan maak en iets daarmee skets. Verkieslik iets met vlerke, om die veer te celebrate.  Kringatte het die mooiste vlerke. Wel, op planeet Pronk het hulle. Op planeet Pronk het als vlerke, anyway.

Dis nogals tricky om ‘n geskikte veer te kry om ‘n pen van te maak en ek was in ekstase oor die Hadedaveer, want hy het ‘n lekker dik skag wat net mooi reg is. Mens vat jou craft knife en maak dan ‘n skuinssnit op die ent, sodat jy ‘n lekker skerp punt het. Dan kom die moeilike deel. Daai punt moet in 2 gesplit word deur die messie se lem versigtig in te druk. Partykeer versplinter die hele ding en dan kan jy jou veer maar weggooi. so dis so asemophou moment. Gelukkig was ek suksesvol en my pen werk heerlik. Ek wil sommer ‘n reeks sketse met hom doen.

36 antwoorde op ‘n Klein bietjie Boerneef met ‘n twang…

  1. benvanbruggen het gesê op Mei 2, 2012

    Die veer het voor die regte deur geval.

  2. Modigliani het gesê op Mei 2, 2012

    Dit is verskriklik cool!!!!

    (Hier by my is daar vreeslik baie Hadeda en Tarentaal vere)

  3. palamino het gesê op Mei 2, 2012

    oe, tel asb op!

  4. palamino het gesê op Mei 2, 2012

    Voodoo

  5. palamino het gesê op Mei 2, 2012

    dis ‘n gawe geskenk op werkersdag

  6. palamino het gesê op Mei 2, 2012

    Dankie, Afrikakind

  7. exionperfexi het gesê op Mei 2, 2012

    Baie mooi skets, weer …en interessant die retro veerpen en die tegniese aard van die vervaardiging daarvan .

    Red Bull gives them wings ?

  8. Modigliani het gesê op Mei 2, 2012

    Ek sal die kinders in die werk steek 😉

  9. Ons het gister van die berggans se agtelosigheid om se goete so te laat val geloop en praat!!!

    ek het ‘n magpie veer, maar kan helaas nie eers my naam behoorlik teken nie, wat staan nog so pragtige skets soos joue doen

  10. monicahaddad het gesê op Mei 2, 2012

    hiers vir jou ‘n veertjie in die hoed….sterre!

  11. avega het gesê op Mei 2, 2012

    Kringgatte is mooi bokke. Ek hou van die ‘monochroom’ ink.

  12. HeavyHenry het gesê op Mei 2, 2012

    Cool – nou weet jy ook hoekom die Engelse ‘n knipmes ‘n “Pen Knife” noem.

    Gansvere is ook veronderstel om goed te wees virrie joppie.

    Hoe lank is die streep wat jy kan trek voor jy hom weer moet skerpmaak?

    Kry mens nog staal “nibs”?

  13. Pragtige skets!

  14. palamino het gesê op Mei 2, 2012

    Haai dit maak sin van die pen knife ne? Ek gebruik sommer ‘n NT cutter. Hy hou nogals langerig. ek het daai hele skets gedoen en ek kan n og ‘nn paar strepe trek. Hy’s nog piekfyn. Ek weet van die gansvere ja. Ek het lank ganse aangehou en altyd hulle vere bymekaargemaak

    Ek het self ‘n groot verskeidenheid staal nibbies wat ek gebruik. Ek sny ook bamboespenne. Mens droog hulle uit in die oond, dan is hulle lekker dors en absorbeer baie ink op ‘n slag. Hulle is makliker om te sny en te modify as die veerpunt. Maar die veerpunt is ‘n lekker uitdaging

  15. palamino het gesê op Mei 2, 2012

    My kosbaarste veer is ‘n scarlet Ibis veer wat my exman nog vir my gaan optel het in die PTA dieretuin. Hy moes oor die versperrings klim, reg onder die sekuriteitsmanne se neuse om daai veer vir my te gaan haal.

    Dan het ek ook ‘n pragtige “heron” veer (wats ‘n heron nou weer?)

  16. palamino het gesê op Mei 2, 2012

    Red Bull is seker Planeet Pronk se nasionale drankie dan? 😀

  17. palamino het gesê op Mei 2, 2012

    Hulle is so mooi wollerig

  18. HeavyHenry het gesê op Mei 2, 2012

    Nice!

    🙂

  19. frandr het gesê op Mei 2, 2012

    Met so ‘n pen sal jy sekerlik die allermooiste vlerke kan teken. Planeet Pronk klink na ‘n wonderlike plek.

  20. palamino het gesê op Mei 3, 2012

    tannie fran, Betesda was absoluut wonderlik! Ek sal nog bietjie daaroor blog.

  21. palamino het gesê op Mei 3, 2012

    Dankie Monica 🙂

  22. krokowaan het gesê op Mei 3, 2012

    ‘n mooi hand teken mooi

  23. lora2me het gesê op Mei 3, 2012

    Mal hieroor – iets wondermoois uit ‘n voël se weggooigoed. Dis pragtig. Hier by my lê die hadedavere ook oral. Ek gaan nou met ander oë na die vere kyk!

  24. palamino het gesê op Mei 4, 2012

    😉

  25. palamino het gesê op Mei 4, 2012

    Dankie Lora

  26. shlwanjan het gesê op Mei 4, 2012

    “die berggans het ‘n veer laat val…”

    pragtig.

  27. abrham het gesê op Mei 4, 2012

    kreatiwiteit laat my swymel

  28. riem_mamba het gesê op Mei 5, 2012

    Kan jy onthou watse soort reier dit was?

  29. riem_mamba het gesê op Mei 5, 2012

    Dit is ongelooflik wat jy hier aanvang! Baie baie skerp!

  30. loudavisi het gesê op Mei 5, 2012

    Ek haal my hoed af vir jou.
    Jy is absoluut stunning!

  31. krokowaan het gesê op Mei 7, 2012

    na aanleiding van jou kommentaar op ‘n ander blog: ‘n baie goeie vriendin het my voorgestel aan BINNEPRET …. dis van die lekkerste lekker wat daar is

  32. palamino het gesê op Mei 7, 2012

    😀 Dis mos waarvoor vriendinne daar is. Om mens aan wonderlike goed voor te stel en jou horisonne te verbreed!

  33. palamino het gesê op Mei 7, 2012

    Dankie Lou!

  34. palamino het gesê op Mei 7, 2012

    😀

  35. palamino het gesê op Mei 7, 2012

    Vir my ook, weet jy!

  36. palamino het gesê op Mei 8, 2012

    Dankie T!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.