by

Airplane Lavatory Portraits in the Flemish style (nogal)

April 12, 2012 in Sonder kategorie

Daar’s ‘n kunstenaar wat – wanneer sy verveeld raak op ‘n lang vlug, haar na die kleedkamer haas en interessante portrette afneem met haar foonkamera. Lees gerus als oor haar hier. Sy het vir my die pragtigste gesig. Absoluut klassiek en karaktervol

En het ons nou pret daarmee vanmore op facebook! Almal wil dadelik toiletpapier pleat portrette doen. Een ou se toe hy kyk so begeesterd na oliefilters in motorenjins, dis baie edwardiaans. Daar begin ons toe die potensiaal vir ‘n flash mob raaksien. Verbeel julle, ‘n langafstandvlug met “vlaamse” passasiers… ons kry sponsorship by Twinsavers, laai ‘n realiteits tv kameraspannetjie op en vlieg oor die bermuda triangle.

Ons het soveel om mee te werk. Servertte (daai scull caps gaan hel wees), toiletpapier, en natuurlik die weggooibare toilet cover self ook! Genugtig, hoe jeuk my vingers nou! En die moontlikhede van papier mache is ook nie uitgesluit nie. Daars verseker ‘n voorraad mineraalwater aan boord, ne?

Daar gaan die SAL se toiletpapier budget!

20 antwoorde op Airplane Lavatory Portraits in the Flemish style (nogal)

  1. endlich het gesê op April 12, 2012

    hahaha, hoe lekker kry ek nou – het jy enige idee hoe koekoes dit moet klink vir die gemiddelde outjie wat nie ‘n kreatiewe haar op sy kop het nie?
    Maar ja, een opwindende vlug!!!
    jy het dalk ‘n plan beet

  2. endlich het gesê op April 12, 2012

    Daars dalk meer sulke pasassiers te oordeel aan die rye by die “lavatory” soms…

  3. palamino het gesê op April 12, 2012

    ek dink daar gaan dalk net wees na dese…

  4. Komaan. Wys jou kiekie!

  5. palamino het gesê op April 12, 2012

    Haai ja! Dis nogals ‘n idee!

  6. HeavyHenry het gesê op April 12, 2012

    Jis daai tannie is briljant – dis so skewe konsep!

  7. palamino het gesê op April 12, 2012

    Maar kyk wat doen sy met wat sy het. Ek het nou die kiekie uitgefigure. Dis ‘n servet om haar nek en een van daai neck rests op haar kop. Dis gecover met ‘n wessie. En dit lyk wragtag soos daai antieke vlaamse potrette. Frans Hals se “die Manne van Gent” of iets…. absoluut inspirerend!

  8. HeavyHenry het gesê op April 12, 2012

    Jip – en sy wys nie eers ‘n sweempie humor nie – ek sal dit nooit kan doen nie – sal soos ‘n idioot grinnik!

  9. postatdo het gesê op April 12, 2012

    Interesting times ahead…

  10. palamino het gesê op April 12, 2012

    The possibilities are endless…

  11. shlwanjan het gesê op April 12, 2012

    hehe. haha. Ooooo-kay. jip, as mens verveeld deur die lewe gaan, is dit NET jou eie skuld (-;

  12. palamino het gesê op April 12, 2012

    dis darem wraggies waar!

  13. lora2me het gesê op April 12, 2012

    Daai piep(ie)klein toilette gaan nou vir my ‘n nuwe betekenis aanneem. Sy is regtig goed. Kreatiewe denkskrum se moses.

  14. avega het gesê op April 13, 2012

    Eks mal daaroor as mense iets totaal nuuts doen.

  15. riem_mamba het gesê op April 13, 2012

    Ons het as tieners toilet papier in die nag oor of Zabezirylaan, of Braam Pretorius straat gespan. Twee spanne van so ongeveer 10 elk het dan weerskante van die pad die toilet banier vasgehou en gemaak of ons vreeslik woes tou trek. Was dit pret om die motoriste se reaksies te sien! VIVA Toilet papier!!!

  16. palamino het gesê op April 16, 2012

    O, a! ek kan dit picture!

  17. Madhatter het gesê op April 18, 2012

    Uitstekend. Sy het amper ‘n Mona Lisa gesiggie. So sonder glimlag.:)

  18. Carol460 het gesê op April 18, 2012

    So sad soos Marie Antoinette net voor haar kop afgekap is. He – he !

  19. oorspronklik! van haar

  20. @RM, My en jou kinderjare het baie na aan mekaar verloop. dalk nie gelyktydig

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.