by

engeltjie, duiweltjie, dief….

April 11, 2012 in Sonder kategorie

Abrham se kommentaar op my post oor Botero het my vreeslik diep geroer…

visuele kuns, as die gewete van die samelewing het nog altyd enige sensuur oorwin. alhoewel nuwe diktators saam met kunstenaars gebore word. yin and yang. sou ons die skadu uit menswees haal, waaroor sou kunstenaars skryf, verf of sing. uit donkerte/nag groei lig/dag …

Die werk van MC Escher boei en fassineer my al van kleintyd af. Sy ongelooflike ingewikkelde partone en komposisies wys vir ons  presies op watter liriese vlak wiskunde en poetry mekaar kan ontmoet.

Hierdie Escher ontwerp van engeltjies en duiweltjies het juis nou baie onlangs weer my aandag getrek en my vir ‘n lang ruk geboei. En abrham se woorde: “sou ons die kadus uit menswees haal”, het my onmiddelik hierdie prentjie voor my geestesoog laat sien.

Want hierdie is so ‘n suiwer ekspressie van die yin en die yang, die lig en die donker in ons lewens. Hoe hulle soomloos en onafskeidbaar die een in die ander invloei. en hoe die een se buitelyne die ander se vorm sinvol beskryf. Hoe daar geen lee spasie is nie, als is gevul met lig en duisternis. Saam-saam het hulle die mooiste patroon tot gevolg.

23 antwoorde op engeltjie, duiweltjie, dief….

  1. endlich het gesê op April 11, 2012

    dis ‘n groot waarheid.
    een mens is maar so van goed en kwaad aanmekaargesit
    jy kies waar jy wil fokus

  2. Neffertiti het gesê op April 11, 2012

    Ek hou ook van die patrone.

  3. palamino het gesê op April 11, 2012

    Whoaaa! Jhussou, dankie maryna, dis fabelagtig mooi

  4. postatdo het gesê op April 11, 2012

    Great post!

    PS, I struggle to understand Abrham, I guess you need to be really fluent in Afrikaans.

  5. palamino het gesê op April 11, 2012

    I struggle to understand him too 😀

  6. palamino het gesê op April 11, 2012

    Dis interessant wat jy se, Josfien. Ek wys die prentjie altyd vir mense en let op wie hulle eerste raaksien…. ek het natuurlik die duiweltjie eerste gesien en hy is vir my die sterker ontwerpelement van die 2. Dit se seker iets beduidend van my 🙂

  7. palamino het gesê op April 11, 2012

    sacred geometry kom hoeka daar van Nefertiti se wereld 😉

  8. endlich het gesê op April 11, 2012

    daai been wat so verkeerd-om uitpop is grillerig .
    maar ek sien ook wat jy se…

  9. endlich het gesê op April 11, 2012

    Jisou ek het nou so ‘n bietjie na van sy werke gaan kyk. Die man moes een ongelooflike brein gehad het. Ek wonder of hy normaal kon funksioneer of het hy so als in als sien inpas!? want daar is nie ‘n patroon of ‘n vorm wat hy nie kon maak pas het nie. ongelooflik. En dit nogal voor rekenaars…

  10. HeavyHenry het gesê op April 11, 2012

    Dis snaaks – ek sien of die een, of die ander – dit wissel so – soos as mens met lyne ‘n kubus teken – dan sien jy hom nou van onder, en dan van bo.

    Weird!

  11. HeavyHenry het gesê op April 11, 2012

    Maryna – dis absoluut ‘n Palo-poppie!

    Nice!

  12. endlich het gesê op April 11, 2012

    ” So let us then try to climb the mountain, not by stepping on what is below us, but to pull us up at what is above us, for my part at the stars; amen”

    een van sy quotes, is dit nie mooi nie?

  13. palamino het gesê op April 11, 2012

    Josfien, ek het geen idee hoe sy brein gewerk het nie, ek het al so probeer ontwerp en ek weetnie eens wat om eerste te doen nie. Hy was iewerster in ‘n groot, kreatiewe wiskunige Heelal ingeplug, dis al wat ek kan se. Ek dink die enigste ding wat hom sal kan namaak is ‘n rekenaar.

  14. endlich het gesê op April 11, 2012

    werklik ongelooflik

  15. avega het gesê op April 11, 2012

    MAL OOR M C Escher!!! Het sy boek met werke en gebruik dit dikwels in my Wis klas.

  16. avega het gesê op April 11, 2012

    Haha ek ook! Kan nie altyd volg hoe hy sy assosiasies maak nie.

  17. palamino het gesê op April 12, 2012

    Jy klink sommer na ‘n inspirerende onnie 🙂

  18. palamino het gesê op April 12, 2012

    Kan jy glo? Ek het nie eens geweet hy is quotable nie

  19. HeavyHenry het gesê op April 12, 2012

    Lyk my ek sal aan iets moet dink om te pos, sodat die koek vannie voorblad af kan kom – for humanitarian reasons!

    🙂

  20. endlich het gesê op April 12, 2012

    ek het gaan google – die man is interessant

  21. palamino het gesê op April 12, 2012

    sit ‘n tert op vir ‘n slaggie

  22. lora2me het gesê op April 12, 2012

    Ek verwonder my altyd aan hierdie tipe “oëverblindery”, want afhangende van waar ek kyk, sien ek die een of die ander deel. Dis so presies soos ‘n outydse kwilt.

  23. HeavyHenry het gesê op April 12, 2012

    *grin*

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.