by

Kuns is ‘n permanente aanklag

April 4, 2012 in Sonder kategorie

Die bekende Colombiaanse kunstenaar, Fernando Botero vier sy 80ste lewensjaar met ‘n groot, oorsigtelike uitstalling wat Vrydagaand in Mexico stad ge-open het.

Ek is versot op sy kolossale figure en het die absolute plesier gehad om kennis te maak met sy groot kat toe dit in Monte Carlo uitgestal was in die laat 80s.

Alhoewel daar nog altyd skerp kritiek uitgespreek is omdat hy so gestilleerd en voorstellend gewerk het in ‘n tyd toe die ekspressiewe abstraksionisme hoogty gevier het, het hy stil-stil sy gang gegaan en gedoen wat hom plesier gee. En hy het die toets van die tyd weerstaan.

 “I am very satisfied because I had the good fortune to live painting and that the source of my pleasure in life was my job,” said the artist.

Although he will be 80 years old next month, he says he still has many years of work left in him. “In painting there is no end and you never stop learning,” said Botero.  

Ek dink dis wonderlik dat kunstenaars nooit aftree nie. Dit maak oneindig sin vir my. Ons eie Bettie Cilliers Barnard het geskilder tot haar dood op 94 jarige ouderdom

Van Botero se jongdae as skilder in Colombie af, was hy nog altyd bekend vir sy polities geinspireerde werk en het hy die militere juntas wat sy land regeer het met groot humor en satire uitgebeeld. Maar hy is ook bekend vir sy liriese naakfigure, dekadente stillewes en – my gunstelinge – sy bulgevegtonele

In 2005 het hy groot media-opskuddings veroorsaak toe hy 80 skilderye gemaak het wat die marteling van krygsgevangenis deur VSA soldate in die Abu Griab gevangenis, uitgebeeld het. Die skandaal wat daarop gevolg het, was verreikend.

Die opskudding is eintlik nie deur die skilderye self veroorsaak nie, maar deur die feit dat nie een van die groot New Yorkse gallerye wat Botero se werk hanteer, bereid was om hulle koppe uit te steek en werk teen hul mure op te sit wat hulle regering kritiseer nie.

Eers 2 jaar later is dit in die Doe Biblioteek op die kampus van die UCLA uitgestal.

Botero se hy wou iets doen in die lyn van die werk van Goya, of Picasso se Guernica. “Art is a permanent accusation” was sy woorde. As mens dit op doek verewig, het dit groter, blywende impak as in die media, of dmv videomateriaal.

Die VSA se Abu Griab menseregtevergrype is deur die joernalis Seymor Hersh ontbloot. Botero het net na Hersh se onderhoude met krygsgevangenes gekyk, gladnie na fotos nie. Hersh het genoem dat die gevangenes almal niks meer as jong straat gangsters was nie.

Botero het doelbewus die figure ‘n Bybelse waardigheid gegee. Hy wou sy skilderye ook gladnie verkoop nie, want hy voel dat finansiele kompensasie die doel van die werk sal vernietig. Die reeks is toe aan die biblioteek geskenk

Gaan kyk gerus na die Abu Griab reeks hier maar wees gewaarsku, dis hard hitting stuff. Hy konsentreer op die menslikheid van die gevangenes. Dit het my diep geroer.

Lank lewe Fernando Botero!

16 antwoorde op Kuns is ‘n permanente aanklag

  1. Modigliani het gesê op April 4, 2012

    Sjoe, ek hou daarvan

  2. Modigliani het gesê op April 4, 2012

    Sjoe, ek hou daarvan

  3. lora2me het gesê op April 4, 2012

    Die vet pokkelfigure van die skilderye maak amper die vernedering meer grotesk. Die kleurpalet wat hy gebruik en die “ronde” mense laat my so half-en-half aan Brueghel (spelling??) se skilderye dink – natuurlik nie dieselfde tema nie. Interessant dat ‘n skilder nou soveel dinge wat stilgehou is, kon openbaar maak. Dankie vir die interessante inskrywing.

  4. HeavyHenry het gesê op April 4, 2012

    Nice pos – alweer!

  5. palamino het gesê op April 4, 2012

    Ek het in die 80s as kunsstudent met sy werk kennis gemaak en hy bly een van my gunsteling kunstenaars

  6. palamino het gesê op April 4, 2012

    Ag dankie Henry.

  7. endlich het gesê op April 4, 2012

    Ek het al van die “permanent accusations” by uitstallings gesien. Die indruk is blywend. En soms selfs moelik om na te kyk.
    Kunstenaars speel ‘n belangrike rol in die sin. Dis nie net altyd vir estetiese waarde nie. Maar daar is natuurlik ‘n plek vir elk

  8. Can there be music after Auschwitz? – Adorno

  9. Wat ‘n heerlike stukkie leesstof.
    Ek glo natuurlik dat enige ene wie se werk ook sy stokperdjie is word mooi oud. Ek soek nog so iemand in die korporatiewe lewe, dalk kan iemand vir ons oor so iemand blog.

  10. palamino het gesê op April 4, 2012

    Die skrywer van “The 4 hour work week”, Timothy Ferris, sou ek se leef nogals sy passie in die korporatiewe wereld uit.

  11. Perdebytjie het gesê op April 4, 2012

    Baie interessant.Sjoe,daardie skilderye is ‘n aanklag teen die mensdom!Leer mense nooit iets uit die geskiedenis nie?Wreedheid sluimer net onder die oppervlak.

  12. riem_mamba het gesê op April 5, 2012

    Mens is kuns en kuns is mens. As ons net die waarde daarvan kan respekteer en meer waardeer!

  13. riem_mamba het gesê op April 5, 2012

    Dankie!

  14. loudavisi het gesê op April 6, 2012

    Ja, Lora! Selfs die kleur laat dink mens ook aan Brueghel!

  15. loudavisi het gesê op April 6, 2012

    Briljante pos!
    Dankie vir die deel.

  16. abrham het gesê op April 8, 2012

    visuele kuns, as die gewete van die samelewing het nog altyd enige sensuur oorwin. alhoewel nuwe diktators saam met kunstenaars gebore word. yin and yang. sou ons die skadu uit menswees haal, waaroor sou kunstenaars skryf, verf of sing. uit donkerte/nag groei lig/dag …

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.