Jy blaai in die argief vir 2012 April.

by Pronk

Draakasem!

April 19, 2012 in Sonder kategorie

Wie van julle het hierdie gesien op facebook?

Researchers in Indonesia have discovered what looks like a teeny tiny dragon. As yet, we have no information on whether they guard small piles of gold or attack miniature castles.
This was a nesting female found in the Lambsuango Forest reserve and was immediately released after this photograph was taken.
No everyone, this is not photoshopped. Just google ‘gliding lizard’ – there are around 15 described species, mostly found in South East Asia. This is thought to be a new species with the genus but further study will be required to confirm that.

Ek sal so graag enetjie wou he! Ek wonder net hoe house train mens hom. En as hy sou pieps of dit ‘n gat in jou mat sal brand soos die drakies in Terry Prattchett se boeke?

Stel jou voor die ding wir-wir hier om jou kop rond…

by Pronk

Airplane Lavatory Portraits in the Flemish style (nogal)

April 12, 2012 in Sonder kategorie

Daar’s ‘n kunstenaar wat – wanneer sy verveeld raak op ‘n lang vlug, haar na die kleedkamer haas en interessante portrette afneem met haar foonkamera. Lees gerus als oor haar hier. Sy het vir my die pragtigste gesig. Absoluut klassiek en karaktervol

En het ons nou pret daarmee vanmore op facebook! Almal wil dadelik toiletpapier pleat portrette doen. Een ou se toe hy kyk so begeesterd na oliefilters in motorenjins, dis baie edwardiaans. Daar begin ons toe die potensiaal vir ‘n flash mob raaksien. Verbeel julle, ‘n langafstandvlug met “vlaamse” passasiers… ons kry sponsorship by Twinsavers, laai ‘n realiteits tv kameraspannetjie op en vlieg oor die bermuda triangle.

Ons het soveel om mee te werk. Servertte (daai scull caps gaan hel wees), toiletpapier, en natuurlik die weggooibare toilet cover self ook! Genugtig, hoe jeuk my vingers nou! En die moontlikhede van papier mache is ook nie uitgesluit nie. Daars verseker ‘n voorraad mineraalwater aan boord, ne?

Daar gaan die SAL se toiletpapier budget!

by Pronk

engeltjie, duiweltjie, dief….

April 11, 2012 in Sonder kategorie

Abrham se kommentaar op my post oor Botero het my vreeslik diep geroer…

visuele kuns, as die gewete van die samelewing het nog altyd enige sensuur oorwin. alhoewel nuwe diktators saam met kunstenaars gebore word. yin and yang. sou ons die skadu uit menswees haal, waaroor sou kunstenaars skryf, verf of sing. uit donkerte/nag groei lig/dag …

Die werk van MC Escher boei en fassineer my al van kleintyd af. Sy ongelooflike ingewikkelde partone en komposisies wys vir ons  presies op watter liriese vlak wiskunde en poetry mekaar kan ontmoet.

Hierdie Escher ontwerp van engeltjies en duiweltjies het juis nou baie onlangs weer my aandag getrek en my vir ‘n lang ruk geboei. En abrham se woorde: “sou ons die kadus uit menswees haal”, het my onmiddelik hierdie prentjie voor my geestesoog laat sien.

Want hierdie is so ‘n suiwer ekspressie van die yin en die yang, die lig en die donker in ons lewens. Hoe hulle soomloos en onafskeidbaar die een in die ander invloei. en hoe die een se buitelyne die ander se vorm sinvol beskryf. Hoe daar geen lee spasie is nie, als is gevul met lig en duisternis. Saam-saam het hulle die mooiste patroon tot gevolg.

by Pronk

Sometimes the rat race is the journey…

April 10, 2012 in Sonder kategorie

Hierbo is so ‘n oulike stukkie grafika wat die ratrace versinnebeeld.

Ek bevind my nog heel my lewe midde in hierdie rat race. Ek het grootgeword met die toksisiteit van die stadslewe in my are, die gejaagdheid, die besoedeling, die “verkeerde” materialistiewe waardes en so aan. En oralster om my hoor ek ook een groot versugting: Almal wil daaruit padgee. Almal haat dit. Almal wil platteland toe, of aftree, in n huisie by die see, of ‘n plasie of iets waar hulle rus, vrede en stilte kan ervaar. Of hulle wil gaan reis. Gaan kyk hoe lyk Kilimanjaro, die Himalyas, Mount Everest, Ulanbatar (orraait, ek wil baie graag gaan kyk hoe lyk Ulanbatar) whatever…

Party mense kry dit wel reg om die aardbol plat te loop. Miskien is ek jaloers op die feit dat hulle dit regkry. Miskien is ek ‘n gefrustreerde reisiger wat na hierdie klomp bedorwe brokkies met groot reisbudgets kyk en vra: hoe de hel kry hulle dit reg om als te los en te gaan en wie de hel betaal daarvoor? Want vet weet, ek het nie die geld nie en wie gaan na my kinders kyk as ek dit doen?

Almal wil gaan kyk hoe lyk dit “agter die berg”.  Agter die berg, bo-oor die volgende heuwel sal dit dalk beter gaan… weg van die rat race. Iemand soos Ram Das vra altoos: What do you do when you get behind the mountain? You go fetch water and chop wood! Want mens het behoeftes, sien? en die lewe gaan aan. En dan vra Ram Das weer: What do you do when you are home? You fetch water and chop wood!

Nope, I am stuck here! Maar ek dink “stuck” is ook ‘n illusie. Ek dink die rat race kry onnoditg bad press. Mens moet dit tog nie sien as positief of negatief nie, dan nie? Mens moet dit sien vir wat dit is. Vir my is dit die ding … die tool wat my leer van myself. Ek probeer om die rat race met net soveel awareness te beleef as wanneer ek als opgee en met my rug teen ‘n boom sou gaan sit op ‘n heuweltop in Tibet. Ek “sien” hier bele ek in Brand names, hier bele ek in die leegheid, hier bele ek in die rondjaag… Ek gaan in groot bewustheid daarmee om…Dis harde werk. Mens is gedurig bewus daarvan dat jy ‘n tipe van ‘n dualiteit uitleef, maar dis juis dit wat jou wakker hou.

Ek is oortuig daarvan dat, in tibet op die heuweltop, sal die awareness makliker kom. Want daar is niks interference nie, sien? In die toxisiteit van die stad is dit baie moeilik en dus ook meer waardevol, sou ek se.  Om binnetoe te gaan as al die sirenes loei en die kinders skree en daars nie geld vir skool en die ortodontis en so. Om tegelyk by die grafstil meer van jouself te wees en crisis management te doen! Dis die geleentheid wat die rat race jou bied.

Ek dink almal verstaan die ratrace verkeerd, haat dit en probeer daarvan wegkom. Ek se ja daarvoor! Ek beskou myself as een van daai rotte. Ek is een van daardie menigtes wat ‘n geldige waardevolle lewe leef in die middel van surburbia. Ek sien geensins my journey as minderwaardig nie, want my oe en hart is oop. My rat race journey het dieselfde gifts in as om als op te gee en met my rug teen ‘n boom op n heuwel in tibet te gaan sit. Selfs miskien meer…

by Pronk

Kuns is ‘n permanente aanklag

April 4, 2012 in Sonder kategorie

Die bekende Colombiaanse kunstenaar, Fernando Botero vier sy 80ste lewensjaar met ‘n groot, oorsigtelike uitstalling wat Vrydagaand in Mexico stad ge-open het.

Ek is versot op sy kolossale figure en het die absolute plesier gehad om kennis te maak met sy groot kat toe dit in Monte Carlo uitgestal was in die laat 80s.

Alhoewel daar nog altyd skerp kritiek uitgespreek is omdat hy so gestilleerd en voorstellend gewerk het in ‘n tyd toe die ekspressiewe abstraksionisme hoogty gevier het, het hy stil-stil sy gang gegaan en gedoen wat hom plesier gee. En hy het die toets van die tyd weerstaan.

 “I am very satisfied because I had the good fortune to live painting and that the source of my pleasure in life was my job,” said the artist.

Although he will be 80 years old next month, he says he still has many years of work left in him. “In painting there is no end and you never stop learning,” said Botero.  

Ek dink dis wonderlik dat kunstenaars nooit aftree nie. Dit maak oneindig sin vir my. Ons eie Bettie Cilliers Barnard het geskilder tot haar dood op 94 jarige ouderdom

Van Botero se jongdae as skilder in Colombie af, was hy nog altyd bekend vir sy polities geinspireerde werk en het hy die militere juntas wat sy land regeer het met groot humor en satire uitgebeeld. Maar hy is ook bekend vir sy liriese naakfigure, dekadente stillewes en – my gunstelinge – sy bulgevegtonele

In 2005 het hy groot media-opskuddings veroorsaak toe hy 80 skilderye gemaak het wat die marteling van krygsgevangenis deur VSA soldate in die Abu Griab gevangenis, uitgebeeld het. Die skandaal wat daarop gevolg het, was verreikend.

Die opskudding is eintlik nie deur die skilderye self veroorsaak nie, maar deur die feit dat nie een van die groot New Yorkse gallerye wat Botero se werk hanteer, bereid was om hulle koppe uit te steek en werk teen hul mure op te sit wat hulle regering kritiseer nie.

Eers 2 jaar later is dit in die Doe Biblioteek op die kampus van die UCLA uitgestal.

Botero se hy wou iets doen in die lyn van die werk van Goya, of Picasso se Guernica. “Art is a permanent accusation” was sy woorde. As mens dit op doek verewig, het dit groter, blywende impak as in die media, of dmv videomateriaal.

Die VSA se Abu Griab menseregtevergrype is deur die joernalis Seymor Hersh ontbloot. Botero het net na Hersh se onderhoude met krygsgevangenes gekyk, gladnie na fotos nie. Hersh het genoem dat die gevangenes almal niks meer as jong straat gangsters was nie.

Botero het doelbewus die figure ‘n Bybelse waardigheid gegee. Hy wou sy skilderye ook gladnie verkoop nie, want hy voel dat finansiele kompensasie die doel van die werk sal vernietig. Die reeks is toe aan die biblioteek geskenk

Gaan kyk gerus na die Abu Griab reeks hier maar wees gewaarsku, dis hard hitting stuff. Hy konsentreer op die menslikheid van die gevangenes. Dit het my diep geroer.

Lank lewe Fernando Botero!

by Pronk

Ai Weiwei

April 3, 2012 in Sonder kategorie

Ai Weiwei is ‘n kontemportere Chinese kunstenaar wat wereldwyd bekend is vir sy ernstige kritiek teen die Chinese regering se siening oor demokrasie en menseregte. Hy was al betrokke by die oopvlek van verskeie gevalle van korrupsie, veral in die skoolsisteem.

OP 3 April laasjaar is hy op Beijing lughawe in hegtenis geneem en vir meer as 2 maande aangehou sonder dat enige amptelike klagtes teen hom ingedien is. Daar was wel vae beskuldigings van belastingontduiking. ‘n Wereldwye protesaksie is geloods vir sy vrylating.

Hy is wel vrygelaat, maar onder swaar staats “surveilance” met kameras en meeluisterapparaat rondom sy huis geinstalleer. Op 17 Januarie vanjaar is hy in hegtenis geneem en ondervra omdat hy ‘n “aanval” geloods het op een van die 20 sekuriteitskameras wat voor sy huis geinstalleer is. Die regeringswoordvoerders het aan hom gese dat hy hom moet gedra. Dit was sy antwoord aan hulle:

“I said: ‘I’ll behave. I take your warning seriously. But I’m human, I have to show my attitude. It’s just a gesture. You’re so powerful, how can I destroy you?'”

Om te keer dat hy weer “verdwyn” het hy nou self kameras in sy huis geinstalleer. Mens kan na sy doen en late op kamera gaan kyk hier . Die deursigtigheid verseker sy veiligheid…