by

Ek het nog steeds ‘n by in my bonnet

Maart 28, 2012 in Sonder kategorie

Spesifiek oor bloggers wat verwys na hoe standaarde geval het sedert hulle begin blog het. (Sommige van hulle “veterane” wat al n hele maand hier blog, sjoewa dis lank!) Hoe dit die einde is van litnet, want al wat oor is is ‘n handjievol kommin plebs sonder norme en standaarde wat heeltyd fight! En dan maak hulle die sweeping statement dat dit net Afrikaners is wat so maak. Dit gebeur nerens op die aardbol nie – en hulle is berese hoor! Hulle het getravel, hulle ken van! Goeie genade! Het julle ooit die Italianers al beleef? Of die Franse for that matter?

Ek dink mens kyk ook maar na die blogs (soos na alles in jou realiteit) met ‘n spesifieke emosionele bril op. Ek wil dit graag illustreer met ‘n oulike storie wat ek eendag raakgelees het:

In die reenwoude van die amazone is daar ‘n tipe paddatjie wat, as hy wasdom bereik het en wil jag altyd so met een boud teen ‘n boom gaan sit. Hy sien blykbaar net vliee wat van eenkant af kom raak. Hy kan oorval word met vliee wat van ander rigtings af kom, maar as hy nie die gesien kry wat van die spesifieke rigting af kom nie, sal hy doodgaan van die honger.

En mense is vir my baie so. Ons is tog so geneig om net dit te sien wat met ons resonate op ‘n emosionele vlak. En die denkfout wat ons dan maak, is om ons eie persepsies te aanvaar as die waarheid! As mens net die fights of “agteruitgang” raaksien (die vliegies wat van een kant af kom), se dit iets van jou psige.

Daar is kwaliteitbloggers hierso: Berwick, Monica, Madhatter, Neander, Abrham, Jeanne, Charlene, Ultra Mel, Thomas, Vega, Carramella, Korra, Bernard, Petrus pap, Dalla se pa, Henry, Latino, Lora en ‘n swetterjoel ander wat groot waarde toevoeg en by wie ek soveel leer. Elke dag kom daar ook interessante siele by ..

Die ander denkfout vir my is dat ons heeltyd voel dinge verander ten slegtse (kan mens ten slegste se? Soos in die teenoorgestelde van ten goede?) Ons praat met groot nostalgie van die goeie ou dae asof dit die heel beste tyd was wat die heelal aan ons kon bied. Kyk ons dan deur so ‘n eng en benepe brilletjie na die wereld? Tel ons ooit ons koppe op om die groter prentjie waar te neem?

Ek probeer die hele spektrum van lewe in al sy fasette en skakerings waarneem en erken ook aan myself dat dinge, soos in die natuur maar ‘n eb en ‘n vloei het. As dit lyk of ons op die blogs ‘n “laagwaterpunt” bereik het is dit nie noodwendig finaal oor en verby nie, dit sal weer draai, mos. Laagwater maak volledig sin in daardie hele sikliese konteks.

Feit is als in die heelal is eintlik konstant in flux, is voortdurend besig om te rekonfigureer en te verander. Ek meen, selfs ons eie liggame. Ons is konstant besig om nuwe selletjies te vorm en ontslae te kaak van oues. Ek het iewers gelees ons kan sover gaan om te se ons is elke xxx dae (gaan google self, nie nou lus) ‘n hele, splinternuwe mens! En selfs die idee wat ons van ons het as ‘n soliede konkrete wese is ‘n illusie! Elke individu bestaan uit ‘n groep partikeltjies wat soos ‘n swerm bye om mekaar zoem en koek en die illusie skep dat daardie individu solied is.

Idees kom en gaan, spesies kom en gaan, mense kom en gaan, eras kom en gaan, heersers kom en gaan….. en die blogs is maar ‘n holografiese afsplitsing van hierdie hele kom-en-gaan siklus. Moet seblief nie so gatvas wees om krampagtig aan die verlede vas te klou nie. tel jou visier wyer in en toets jou persepsie aan die realiteit.

Die enigste ding wat konstant is in hierdie realiteit van ons ,is verandering! Wat ‘n beautiful teenstelling. My lewe is verseker ryker en rustiger sedert ek die hele idee embrace het en begin het om in die oomblik te leef en ja te se vir verandering!

Neewat, dan ek is ‘n kommin pleb en ek is nie bang om een genoem te word nie! Ek geniet hierdie plebiaanse spasie en ek sal nie my neus optrek oor die waardes, norme en standaarde wat kwansuis so val omdat ek na alles om my deur ‘n snobberige brilletjie kyk nie! Fighting het ook n funksie, gaan kyk maar in die natuur. (form follows function)

Boonop hou ek van die rouheid en  onmiddelikheid van Litnet. Die feit dat hier los kanonne is wat curve balls gooi sit juis die spark vir my in. Ek sal nie oorbeweeg na ‘n sanitized space waar mens totale editorial beheer het en jy vooraf kan besluit wat deurkom en wat nie en jou blog en jou bas “veilig” hou nie. Want die lewe is nie so nie!

Die goeie ou dae is so laas Millenium! Viva die hier en die nou!

Occupy Litnet blogs!

43 antwoorde op Ek het nog steeds ‘n by in my bonnet

  1. Madmoon2 het gesê op Maart 28, 2012

    Kyk liewer na almal wat weg is!

  2. palamino het gesê op Maart 28, 2012

    Ag madmoon, dis mos nou juis die punt. ALMAL kyk na die wat weg is!!!!!!! Ek gee JUIS vir jou die ander invalshoek, genade tog!

  3. Unicorn007 het gesê op Maart 28, 2012

    Ek hou tot dusver van wat ek hier lees.

  4. Madmoon2 het gesê op Maart 28, 2012

    Sodat Anha hulle kan uitvloek en slegsê?

  5. postatdo het gesê op Maart 28, 2012

    I am deeply hurt by the fact that my blog is not mentioned 😉

  6. HeavyHenry het gesê op Maart 28, 2012

    Hei – wats met jou? Skielik kry jy sommer sterre in ‘n ry!

    🙂

  7. HeavyHenry het gesê op Maart 28, 2012

    Possie, dis omdat jy die bleddie ding so goed wegsteek!

  8. palamino het gesê op Maart 28, 2012

    Hey Post Toastie, last time I checked you didn’t have one. I personally would love to read your blog.

  9. palamino het gesê op Maart 28, 2012

    ja, net so!

  10. palamino het gesê op Maart 28, 2012

    😀

  11. shlwanjan het gesê op Maart 28, 2012

    En weereens *****.
    Maar diekeer is ek op die regte rekenaar en nie selfoontjie nie so ek kan dit properly doen {-;
    Ja sure, daar is baie mense uit die “goeie ou dae” weg, wat ek(selferkende blogfossiel, teen hierdie tyd) MIS. Maar daar kom heeltyd nuwe mense by wat verdien om gelees te word. As die standaarde-polisie regtig so gesteld was op bewaring van die inhoud, sou hulle ophou om die tuisblad so te kaap met blogs oor ander bloggers en ons wys hoe word dit dan REG gedoen in plaas daarvan om net te soek waar kan hulle nou weer ‘stir’.

  12. palamino het gesê op Maart 28, 2012

    Dis reg ja. Hulle perpetuate eintlik net die sg kommingeit en swak standaarde. Skuus, jy moet ook op my lysie wees hierbo, hoor!

  13. shlwanjan het gesê op Maart 28, 2012

    haha my skimp het sooooo gewerk….
    (ek pretend altyd ek gee nie om oor lysies nie)

  14. palamino het gesê op Maart 28, 2012

    😀

  15. Hoekom wil hierdie flippen ding nie meer as vyf sterre gee nie…..

  16. palamino het gesê op Maart 28, 2012

    hehehe!

  17. Trakie het gesê op Maart 28, 2012

    Yessss!

  18. abrham het gesê op Maart 28, 2012

    “Every man takes the limits of his own field of vision for the limits of the world.”
    “Reading is merely a surrogate for thinking for yourself; it means letting someone else direct your thoughts. Many books (blogs), moreover, serve merely to show how many ways there are of being wrong, and how far astray you yourself would go if you followed their guidance. You should read only when your own thoughts dry up, which will of course happen frequently enough even to the best heads; but to banish your own thoughts so as to take up a book (blog) is a sin against the holy ghost; it is like deserting untrammelled nature to look at a herbarium or engravings of landscapes.”
    ? Arthur Schopenhauer, Essays and Aphorisms
    “ ‘n opinie is soos ‘n poephol, almal het een “ – abrham

  19. palamino het gesê op Maart 28, 2012

    Ja, kom ons vat die poepholmetafoor bietjie deur. Wanneer laas het jy jou poephol in al sy glorie aanskou? Ek meen, dis onmoontlik om dit te doen, is dit nie? Dis soos om te kyk deur ‘n spieel na ‘n raaisel, nie waar nie 😛

    So, daarom dink ek nie mens moet evangelie maak van jou poepholplooitjies nie!

  20. palamino het gesê op Maart 28, 2012

    Ag sjit ek het van jou vergeet! Jy is ook op die lys, ne?

  21. palamino het gesê op Maart 28, 2012

    amper dog ek limp bizkit het my ‘n sterretjie gegee – dit sou weird wees, ja

  22. Pronk, Ek bewonder jou keuse van sport. Gaan dadelik
    ook koedoedrolspoeg probeer. Stem met jou saam
    oor valse nostalgie.

  23. palamino het gesê op Maart 28, 2012

    doop net eers die drolletjies in sjerrie, hoor! 🙂

  24. abrham het gesê op Maart 28, 2012

    jou insig is grafies – sou jy belangstel om peopholkunde 101 te doseer. alle litnetbloggers verwerf vry toelating tot die kursus. sal jy kartografie van die poephol hanteer, ek sien jou kunsternaarsoog is ingestel op die fynste detail. anha kan die semantologie van die poephol hanteer. het jy dalk ‘n idee wie kan die rektum van ons tersiêre instelling word? kom ons loof ‘n prys uit vir die blogger wat die beste naam kan uitdink vir hierdie mees basiese studierigting vir die mensdom – ‘litnetblogs’ is so unimaginative!

  25. palamino het gesê op Maart 28, 2012

    lekker lag ek nou vir jou! poepholkunde, ja met my fyn sin vir die skatologiese sal ek onmiddelik ‘n professoraatskap op die hals haal.

  26. palamino het gesê op Maart 28, 2012

    sommige van die bloggers hier is ook dan nou inderdaad soos daai “fluffy floaters” mens kry hulle om blessitsville nie geflush nie, dis een moerse palawe en baie skuim en maalkolke maar as als bedaar dan dobber hulle nog steeds in die toiletbak rond. Hulle is naderhand so uitgepof en fluffy, maar hulle oorleef flush na flush

  27. Nee, ek weier om te sluk.

  28. Trakie het gesê op Maart 28, 2012

    Maar jy het my mos genoem: ‘n swetterjoel ander 🙂

  29. endlich het gesê op Maart 28, 2012

    Ek is op die oomblik hipersensitief en gaan nou teen my beterwete kommentaar lewer. Die alewige genoemery oor wie se blogs die beste is of die moeite werdste is om te lees is sommer net plein verkeerd. Dit voel so na ‘n heilige binnekringetjie en as jy nie daaraan behoort nie, kan jy maar gaan skeit (een van daais wat hopelik vinnig flush) Ek het nie geweet dis ‘n kompetisie nie – algemene kommentaar – nie teen jou spesifiek bedoel nie, want ek het het die soort ding al op ander plekke ook gelees

  30. DallaSePa het gesê op Maart 28, 2012

    F-kit … ek hou van die inskrywing.

  31. lora2me het gesê op Maart 28, 2012

    Daar moet altyd ‘n paar rissies in ‘n goeie bredie kom en dis hoe die blogs vir my is. As almal dieselfde gedink het, sou dit doodvervelig wees. Om te verskil is mos oraait solank ‘n mens
    “opreg” verskil en ‘n oor oophou vir die ander kant. Viva die oues en Encore vir die nuwes.

  32. riem_mamba het gesê op Maart 28, 2012

    Bravo!

  33. avega het gesê op Maart 28, 2012

    Ek en Wyseman het vandag in die kar van Jhb na Kathu nogals gepraat oor Ouboet se kaskenades en jou laaste blog. Hy gebruik baie die ‘form follows function’ idee en het vir my vertel hoe hy dit ook toepas in sy handel en wandel. Ek dink wat jy dink, maar kan myself hoegenaamd nie so goed uitdruk nie. Weereens welgedaan, maar eks suinig met my sterre 🙂

  34. pbroere het gesê op Maart 28, 2012

    Goeie ene. Ek het nog nie so daaraan gedink nie.

  35. Jy sal sommer maak dat ek weer hier begin blog.

  36. abrham het gesê op Maart 29, 2012

    as die flush jou pas …

  37. Modigliani het gesê op Maart 29, 2012

    HIERDIE is een van die beste blogs wat ek nog gelees het Pronkie!!!!

  38. jr_ewing het gesê op Maart 29, 2012

    jy is op jou stukke!

  39. riem_mamba het gesê op Maart 31, 2012

    Pasop net dat die by jou nie zik nie!! 🙂

  40. knap geskryf! mag jy nooit deur ‘n ‘eng en benepe brilletjie’ na die wereld kyk nie. hou so aan.

  41. palamino het gesê op April 2, 2012

    ek is immuun 😀

  42. Ek-Myself het gesê op April 10, 2012

    “Die enigste ding wat konstant is in hierdie realiteit van ons ,is verandering!” Dis so waar!

  43. Madhatter het gesê op April 16, 2012

    Jy gee my nuwe moed!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.