by

Die Ouboet bandwagon

Maart 27, 2012 in Sonder kategorie

Ek het hierdie (vir my nogals verrassende) comment van Henry oor Ouboet se bieg-post raakgelees:

Wat my meer pla oor die reaksie is die absolute onverdraagsaamheid daarvan – eintlik het dit boggerol met enige een van ons uit te waai waar Ouboet sy peester indruk.

Dit het my die aan die dink gesit en ek wil graag vir Henry (op wie ek mos ‘n dodelike crush het) oor sy stelling aanvat 🙂

 Ek stem honderd % saam met jou dat Ouboet sekerlik sy peester mag indruk waar hy wil ….

…maar om dit dan op ‘n openbare blogforum te kom aanbied as emotional currency, skuif die doelpale geheel en al. Vir my beteken dit dat hy iets van ons af wil he, dan nie? Dis ‘n emosionele transaksie wat hom hier afspeel. Hy doen dit om te kan beter voel oor homself, miskien (ek weet nie, ek spekuleer) Ek is ‘n groot voorstander van die ou Bauhaus-argitekte se stelling: “form follows function” en gebruik dit as ‘n template op byna elke aspek van my lewe. Dit werk soos ‘n bom! Als (ook mens se handelinge) het ‘n funksie en die vorm wat dit anneem word bepaal deur die funksie.

As ek selfreflektief daarmee te werk gaan sou ek se dat dit hom baie pla, dat hy nog nie closure het nie en dat hy gevoel het ‘n post soos die sal dit vir hom bewerkstellig.

Nou, die bloggers se reaksie was ook vir my baie interessant:

Daar was onmiddelik mense wat empatie kon he met sy vrou. Wat hulself kon indink oor hoe sy voel. Ek het ook eerlikwaar aan myself afgevra hoe ek sou voel as ek Mevrou Ouboet was en dit sou lees. Sou dit vir my ‘n goeie fondament gewees het om ‘n gesonde dialoog met my man daaroor te kon inisieer en sodoende closure te bewerkstellig?

Daar was mense wat hom absolution gegee het. Dis waaroor ek dink hy die post gedoen het en wat ek dinkek dink hy wou he – maar dis iets wat hy eintlik in homself moet kry tydens ‘n gesprek met sy vrou en ook sy geestelike mentors, dan nie? In my amper 50 jaar op die planeet het ek al agtergekom dat ware transformasie slegs van die binnekant af buitetoe gebeur. Rerig. There is no other way. Dit help nie om ander mense se opinies te ko-opteer as mens kak voel binne in jouself nie. It is indeed a very empty transaction

En dan is daar mense wat hom prontuit veroordeel het. En wat gemaak het dat hy nie kon pa staan vir die post nie en dit toe ook verwyder het.

Ek is nie ‘n expert nie, maar hierdie 3 basiese reaksies klink vir my na ‘n goeie gesonde deursnit van human nature soos ek dit al in my lewe ervaar het. Elkeen van die reaksies is myns insiens geldig en nuttig. Dit bepaal ons eie persoonlike, morele kompas deur ander mense se persoonlike reaksies op ons handelinge waar te neem.

Die probleem net met openbare forums is dat dit human nature “condensed” is. Al die aspekte van wat ons menslik maak, kom op n baie gekonsentreerde vaart op mens af as jy blog, so jy moet absoluut gereed wees daarvoor, veral as jy jou hart (en in Ouboet se geval, jou hard) op jou mou gaan dra. Want die blogs is vol los kanonne. Mense wat vir jou ‘n curve ball gaan gooi en oor wie jy geen beheer het nie. Die trolle het myns insiens ‘n geldige funksie. Vir my reflekteer hulle die dele van my psige waarmee ekself nognie vrede gemaak het nie.

Die ander probleem is, dat dit in ons natuur is om net die reaksies raak te sien wat ons wonde amplify. En dan se ons, ek skaam my vandag vir die volk want almal is kommin en almal is boos en almal hou van ‘n slegsmeerdery. En dit terwyl als eintlik maar in balans is en dit orals om ons so gaan.

Mens kan baie daaruit leer!

51 antwoorde op Die Ouboet bandwagon

  1. Madmoon2 het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Jy is korrek om Ouboet se motief ook te bevraagteken.

  2. krokowaan het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    na aanleiding van jou stelling oor die kak wat mens binne jou voel: net een remedie, gaan na die toilet [of privaat, soos dit soms genoem is en wat eintlik van toepassing is] en gee uiting aan jou innerlike opgekropte gevoelens — nie ter wille van die ander nie, al is daar soms ‘n reukie wat in die lug agterbly.

  3. palamino het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    n goeie opelyf verrig wondere, ek stem saam! Kyk nou net, weereens ‘n kwessie van form follows function

  4. postatdo het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Great post.

    My view: If you blog on an Internet platform, you must be prepared to accept the consequences.

    However, I disagree with your take on why he did it. I think he believes his own press and thought it would enhance the image he tried to portray. Further more I am convinced that he has shown a lot of the behaviour of an Internet predator and I am convinced that he would grab any chance to have a sexual experience (virtual or not) with anyone. I find the way he speaks to woman quite degrading and sly and as I have said before, I am convinced that he refers to woman as Minora blades because of its female genitalia connection, typical the kind of wordplay that would excite him.

    Harsh, but then, I am an old woman and I have seen quite a few of these predators in my life.

  5. palamino het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    That is an interesting analysis of his motives.

  6. benvanbruggen het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Jy klink na n verstandige mens. Selfs vir die trolle
    het jy n goeie woordjie. Nou maak jou aanhalings regs
    ook meer sin.

  7. postatdo het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Before I forget, what I found strange about Henry and The Little Gingerbread Man’s reactions is the fact that they condemned people who reacted negatively and in the same breath said that it didn’t have anything to do with anyone and that they are not judging him. But by condemning the people who reacted they are in fact judging, and they are also sticking up for him by default. If you think it has nothing to do with you maybe you should just shut up.

  8. palamino het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Ag Post!!!!! The gingerbread man didnt understand a word you said! All your amazing insights were lost on him

    Sorry, I should keep my mouth shut, I have a history with the GBM, dating 30 years back. He has already condemmned me to hell and yesterday told me in no uncertain terms that I am a bitch 🙂

  9. palamino het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    jissie Bruggie, nou moet ek eers weer my eie aanhalings gaan lees 😀

  10. postatdo het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Thank you for sharing, I feel so much better. I struggled to understand the logic behind his actions and reasoning, but of course, there is no reasoning behind anything. It is just another case of a blind man running to the rescue of what he perceives to be The Little Girl Lost or of course, The Strange Old Man in the Corner.

  11. palamino het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Where the GBM is concerned, the words logic and reasoning does’nt apply. I’d rather call it “mental diarrhea”

  12. johanpienaar het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Het jy die gemmerbroodmannetjie geëet? Toemaar ek sal myself nou gaan klap.

  13. palamino het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    siesa vir jou 🙂

  14. abrham het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    elk soen who-ever op wyse wat geval, who-ever is nie altyd ‘n victim nie. gun elke diertjie sy plesiertjie.

  15. palamino het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Ek se dit mos hierbo! My post gaan nie oor die plesiertjie nie!

  16. johanpienaar het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    EK verstaan dat iemand op sy vrou kan verneuk. Ons is almal menslik. Maar die rede hoekom ek dit nog nooit gedoen het nie, is omdat die risiko wat daardie bietjie seks in hom dra om jou geliefde op te fok net eenvoudig te groot is. Maar ek is steeds nie judgmental oor mense wat die fout maak nie. Ek maak baie foute.

    Wat my pla is dat hy geen probleem het om iemand vir wie hy kastig lief is en wat al is hy nie lief vir haar nie, steeds die ma van sy kinders is so in die openbaar te verneder nie.

    Wat my nog meer pla is dat hy nie eers begin om sy eie skuld te aanvaar nie en alles afmaak. Dis was ‘n ligte foutjie, dit was die teef in die grimering en alles, maar alles gaan oor hom. As hy enigsins berou gehad het sou hy nooit oorweeg het om daardie pos op daardie manier te skryf nie.

  17. abrham het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    en ek beaam dit hier onder … it is not inside, it is on top!

  18. palamino het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    daarom vra ek my juis af wat die funksie van die post was.

  19. Neander het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Uit ‘n paleo psigologiese oogpunt is hier baie waarnemings te maak. Party is geneties van oorspong, ander is meer sosiaal van oorsprong. Weer die ou nature vs nurture.
    Party is net meer geldig as ander.
    Homo sapiens is immer die klaer en aangeklaagde.
    Goeie blog.
    Sela!

  20. palamino het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Ek is altyd mal oor jou paleopsigologiese insigte 🙂

  21. palamino het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    ha! Cool!

  22. postatdo het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Johan, very true words, exactly the reason why I have an issue with this whole saga. If it was: “Once upon a time, when I was young and extremely stupid, I had an affair and I regret it every second of my life.” That is one thing and with that attitude I have absolutely no problem, I have made a lot of stupid mistakes in my own life.

    But that was not his attitude, was it?

  23. Neander het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    My ‘waarnemings’ hierbo, kan goedkeuring en afkeer insluit.
    Dit hang af van elke blogger/ trol/ heilige waar hy staan, hoe goed hy/sy homself ken, watter positiewe/negatiewe ervarings hy/sy gehad het, watter positiewe /negatiewe ingesteldheid teenoor die lewe ens, ens.

    Dis die dinamiek van die organisme met die groot kreatiewe brein.

  24. johanpienaar het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Ek dink jy hoef dit nie te diep te analiseer nie. DIt was fynspog. ‘n Manier om soos al sy ander inskrywings homself tot Alpha-male te verklaar en sy seksuele beskikbaarheid uit te basuin Om sy eie analogie te gebruik. Hy het sy piel uitgehaal en voor die hoofpawiljoen rondgeswaai.

    Wat ek jou wel kan sĂȘ is dat ek geen vrou wat ek voor omgee alleen in Ouboet se geselskap sal los nie. Dit mag nie n regverdige oordeel wees nie, maar dis steeds my oordeel. Ek sweer as ek na hom kyk hoor ek hoe hy sĂȘ “Ag meisiekind laat die oom nou bietjie aan jou vat, jy sal beter voel.”

  25. palamino het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Ja, waar die emosies betrokke is, het ons nie met ‘n ecxact science te doen nie

  26. Madmoon2 het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Die Jerry Springer element – nie in die privaatheid van die slaapkamer word dinge uitsorteer nie maar op ‘n openbare blog word dit blatant uitgeblaker – vir punte?
    En dan ly die hele platform daaronder, nou die plek waar jy verniet spektakels kan aanskou hoe mense verneder word.

  27. Madmoon2 het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Dan moet jy ook die openbare spektakel in die raamwerk verduidelik – van daaroor blog in die openbaar en Big Brother shows.

  28. Neander het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Sjoe, ek wil nie te diep hierop ingaan nie, maar ek het lank terug oor die motiewe van blog geskryf.
    Enige blog het die inherente karakter om (enige) inligting te deel, vrae te vra ens, ens.
    So, op ‘n manier doen ons almal ook dieselfde, al is dit op ‘n klein eenvoudige manier.
    Dan kom die gevolge, waar die leser ‘n sekere persepsie kry, sekere oordele fel (positief en negatief) en dit dan in woorde uitdruk.
    So word met enige standpunt of gebeurtenis geassosieer of nie.
    Dis hoe ons vriende kies en vyande maak, rangordes bepaal, op die Blogs, Survivor, Big Brother en in die werklike lewe.
    Bieg op blogs het dieselfde dinamiek as om teenoor ‘n priester te bieg ens…..

    Steeds die dinamiek van die grootbrein organisme.
    Klaar.

  29. palamino het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Sien, ja! Dis hoekom ek se dis ‘n perfekte deursnit van human nature.

  30. palamino het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Fynspog. Is dit nou nie ‘n pragtige, beskrywende woord nie

  31. HeavyHenry het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Jis dis nou ‘n lekker pos die.

    Gaan lees ook asseblief wat ek daar by Anha gese het, oor die internet moraliteit van “Serial Monogamy”. Dis moer interressant. Hierdie spin wat jy oppie ding sit van “Hoekom doen jy dit?” is ook ‘n geldige vraag, wat makliker is om te vra as om te antwoord – ek sou raai dat nie eers Ouboet weet hoekom hy die pos opgesit het nie. – of ten minste nie in so ‘n mate dat hy dit in woorde sou kon uitdruk nie.

    Ek was sommer ge irriteer deur die reaksies – want dit het vir my gevoel asof die kritici aan so ‘n morele model vasklou wat eintlik nie hulle normale daaglikse model is nie.

    En Post is miskien reg, oor hoe my reaksie nie juis anders is nie – maar hei – daai model sal maak dat ek glad nie kommentaar lewer nie!

    🙂

  32. palamino het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Die blogs is rerig vir my ‘n selfreflektiewe spasie en mens moet fyn kyk om meta realiteit waar te neem

  33. HeavyHenry het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    “…and they are also sticking up for him by default.”

    Not sure I agree with this bit.

    The judging bit can be construed as you do it, true!

    But then so can this comment of yours – kind of inevitable – its the judgement thingy that drives us to post!

    🙂

  34. HeavyHenry het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Dis waar – en mens openbaar meer van jouself as wat jy miskien besef hier – nie net in dit wat jy pos nie, maar ook in hoe jy kommentaar lewer. Oor tyd as mense jou goed lees, kan hulle heeltemal agterkom hoe jy dink. Dis eintlik nice!

  35. Unicorn007 het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Uitstekende pos! Ek sal graag meer wil hoor oor jou praktiese toepassing van die Bauhaus teorie.

  36. Unicorn007 het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    @ Johan. Ek stem volkome saam met die verduideliking oor waarom Ouboet die pos gedoen het. Ongelukkig vir hom, in sy onnoselheid was sy motiewe so blatant duidelik en die inhoud van die pos so banaal dat dit 100% in sy gesig ontplof het. Praat nou van n own goal!

  37. palamino het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    O vrekkit! Ok, ek sal probeer om dit vir jou in ‘n post oop te skryf 🙂

  38. postatdo het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    I am deeply disappointed Darwinia, you never ask me for my opinion on anything and even I have a practical side.

  39. postatdo het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    @ Pronk: “paleopsigologiese insigte”

    Would this have anything to do with the Paleo Diet?

  40. Unicorn007 het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    But do you have a Bauhaus philosophy?

  41. postatdo het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    I have one piece of bauhaus furniture, does it count?

  42. shlwanjan het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    *****
    *****
    *****
    !!!!!

  43. Unicorn007 het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    I don’t know. I am waiting for Pronk to enlighten us all.

  44. palamino het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    al die pressure!

  45. palamino het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Is that the diet that consists of mainly Mammoth meat? 😛

  46. postatdo het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Hahahaha, no wonder people on it are so thin!

  47. johanpienaar het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Die beste van alles Darwinia. Ek sweer hy verwyt Mammie oor hy die naweekplekkie moes verkoop.

  48. avega het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Ek het hierdie blogpos nou so geniet en al die kommentare. Baie goed geskryf. Die blogs is in baie opsigte soos reality TV en mense se reaksie daarop is altyd net so insiggewend.

  49. avega het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    O, en vir die tweede keer ooit gee ek iemand 5 sterre

  50. postatdo het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Where was the first?

  51. avega het gesĂȘ op Maart 27, 2012

    Dit was vir een van Abrham se skrywes 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.