by

Ai die kinders van vandag!

Maart 19, 2012 in Sonder kategorie

Dis naweek! Dis saterdagoggend en die lug is daai diep herfsblou en die son skitter en die voeltjies sing en… julle kry die prentjie? Te pragtig vir woorde.

En ek en Thomma is oppad na ‘n Tae Kwondo werkswinkel. Daar aangeland gaan join hy die groepie spelende seuntjies op die mat en ek vind vir my ‘n gaatjie tussen al die mammies en pappies vanwaar ek my ou seuntjie kan dophou. So regs van my sit die pragtigste tienermeisiekind, seker so 18 jaar, skat ek haar. Mooi hip aangetrek, met so ‘n groterige rugsak langes haar. Heel oulik, vars gesiggie.

Toe die klassie nou in volle swang is toe ruk die kind haar rugsak oop en bring ‘n tamaai Bybel te voorskyn. Sy slaat hom oop en begin dit aandagtig deurlees, potloodjie in die hand.

Stomgeslaan leun ek vooroor ek merk op dat die bloedjong kind, op hierdie verkwiklike saterdagmore, potlood in die hand besig is om niks anders as Openbaring te bestudeer nie!!!!

Liewe Hemel! Wat is aan die gebeur met ons jeug?

Of miskien is dit my eie klein rebellie. Ek was n Dopperkind wat van st 5 tot st 9 katkisasieklas op vrydagmiddae gehad het … en nie kon gaan rolskaats het nie!

14 antwoorde op Ai die kinders van vandag!

  1. palamino het gesê op Maart 19, 2012

    Hmmmm, interessant! Ek wonder of sy iets gekry het :)))

  2. TS het gesê op Maart 19, 2012

    Vreemd… Het sy ‘n kind daar gehad?

  3. HeavyHenry het gesê op Maart 19, 2012

    Weird!

  4. pienkvolla het gesê op Maart 19, 2012

    Ek sien weer die positiewe! Ek dink dit is wonderlik!

  5. Alles verander so vinnig, helfte gaan by ons verby, maar daar is vir my nie ‘n dag wat verby gaan sonder ‘n verrassing nie….

  6. lora2me het gesê op Maart 19, 2012

    Ek kan nie dink dat ‘n Tae Kwondo-klas regtig inspirasie vir Bybellees is nie. Dan, liewers ‘n Japanese “garden” of ‘n bankie in die natuur. Openbaring is juis nie ‘n boek wat ligtelik gelees kan word nie – dalk het sy ‘n kategeseklas of so iets, in die aand.

  7. palamino het gesê op Maart 20, 2012

    Die Godin behoede ons! Ek kon nog nooit, ooit enigsens aanklank vind by enige dominie oud of nuut nie (wat beteken dit anyway?) my vriend date ‘n dominetjie. Sy is pragtig, sexy “with it”, skryf bestseller pienk boekies oor geloof en sing haar gemeentetjie met haar nagtegaalstem in ‘n beswyming in. maar sy mors met my arme vriend se hart – ek moes Sondagaand heelaand tissues aangee en hom help om die skerwe van sy stukkende hart bymekaar te vee. En hy is ‘n groot ou lummel wat skrum vir die voorry – of waarever mens nou sou skrum. Anyway, vir haar gaat ek nog blixem

  8. palamino het gesê op Maart 20, 2012

    hierdie is nie soseer ‘n verrassing nie, hierdie is net weird. Ek meen, die heel grootste Bybelkenners in die geskiedenis het nog deur die eeue heen kopgekrap oor openbaring. Niemand weet eintliik wat daarin aangaan nie, almal bespiegel en maak aannames. Myns insiens is dit deur die oerkerkvaders in die bybel ingesit om die heilige hiebiejiebies uit arme mense te scare, sodat hulle sou doen wat van hulle verwag word. Dis ‘n polities gedrewe skuif… vir my is dit ook, saam met hooglied die mees fassinerende boek, vanwee die beeldgebruik, maar nou ja, ek het ‘n fyn ontwikkelde sin vir die dramatiese en die makabere 🙂

  9. palamino het gesê op Maart 20, 2012

    seker ‘n boetietjie

  10. palamino het gesê op Maart 20, 2012

    eeeeerm, want ek volg ‘n knit-one-slip-one beleid hier op my blog en jy was toe nou toevallig in die slip-one rytjie?

    Sien?

    Gaan kyk tog my bewonderaar op my wall

  11. palamino het gesê op Maart 20, 2012

    Ek het opgemerk dat hulle so vir die vale sit en bybellees ja.

  12. riem_mamba het gesê op Maart 20, 2012

    ek weet wat jy bedoel – as jy mooi oplet “there is a revolution”

  13. Myrataal het gesê op Maart 22, 2012

    Dit wys jou net. Wat, weet ek nie! GRINNIK Hallo Pronkie.

  14. sirpsa het gesê op Maart 24, 2012

    Wel, sy is darem al 18. En die ouderdomsbeperking op sulke gewelddadige goed is mos deesdae 18.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.