by

Die Akhal Tekes van Turkmenistan

Maart 9, 2012 in Sonder kategorie

Akhal Teke rym met feetjie en dis waaraan hierdie sprokieskreature my laat dink! Feetjieperde, inderdaad. Sit net vir hom n horinkie op sy voorkop en imagine ‘n paar vlerke aan en daar het jy dit.

Dis werklikwaar die mees beeldskone perderas wat ek in my dag des lewens raakgeloop het. Neander, miskien ken jy die ras. Die Akhal Teke is 3000 jaar oud, kom uit Turkmenistan en is die voorloper van rasse soos die Arabier en die Engelse Volbloed. Hulle is bekend vir hulle uithouvermoeens en die eienaardige metaalagtige glimmer van hulle velle. Gaan lees gerus meer oor hulle geskiedenis hier.

Kyk hierdie een! Die kleur word cremello genoem. Dis so half albino-agtig en hulle doen natuurlik nie goed in die son nie, maar daai blou oge! Wowee.

Hulle is uiters seldsaam en daar word gereken dat daar minder as 5000 in die wereld oor is, met teelprogramme in Brittanje en die VSA.

29 antwoorde op Die Akhal Tekes van Turkmenistan

  1. Moet sê ek hou meer van hulle van agter af as van voor af, maar dit is uitsonderlik, broos eintlik, ek sal te bang wees om op te klim ingeval hy breek.

  2. palamino het gesê op Maart 9, 2012

    Ek het nou nie al die fotos gelaai nie, maar hulle het sulke klein hotnotsgot-koppies. Maar dis vir my baie mooi.

    En daai broosheid is juis so in kontras met die feit dat hulle eintlik vreeslik taai is en in uiterste weersomstandighede leef.

  3. palamino het gesê op Maart 9, 2012

    Dis die probleem met ‘n klein genepoel ne? ek lees dat hulle die AT nou ook kruisteel met arabiere vir vars bloed.

  4. Neander het gesê op Maart 9, 2012

    Dis ‘n skaars ras wat byna uitgesterf het deur die invloed van die Russe (slagtings vir vleis) en ander oorloë.
    Inteling en genetiese probleme met pigment en haarlose geboortes is algemeen.

    Maar ek erken die metaalkleur is treffend.

  5. Modigliani het gesê op Maart 9, 2012

    Hulle is regtig besonders mooi.
    Sjoe.
    Ek kan ook die sprokie in hulle sien.
    Daardie oe is soos poele water waarin mens kan verdrink.
    WOW.

  6. palamino het gesê op Maart 9, 2012

    Daarsy! Jy is terug. Ja, ‘n klein genepoel is problematies, ne? Ek sien hulle het teelprogramme met arabiere ook.

  7. TS het gesê op Maart 9, 2012

    Sjoe dis soos goud en kyk net die houding -koninklik

  8. czardas het gesê op Maart 9, 2012

    Beautiful.

    How are you, my pronking Queen ?

  9. palamino het gesê op Maart 9, 2012

    I am fine, Czardas! And how are you?

  10. Fearika het gesê op Maart 9, 2012

    Dis ‘n mooie dier. In hoogsomer skeer hulle mos die beeste hier by ons. Dit was nog altyd vir my ‘n aardigheid. Die eerste keer toe ek dit gesien het jare gelede het ek amper die hele dag gelag want dit word nie eers werklik so warm hier nie. Kan jy dink?

  11. HeavyHenry het gesê op Maart 9, 2012

    Regop ore, slank – dis ‘n mooi perd!

  12. czardas het gesê op Maart 9, 2012

    Magnificent, thank you.

  13. palamino het gesê op Maart 9, 2012

    Herder, nou moes ek eers loop kyk waar jy bly. Ek dog jy bly in Turkmenistan 🙂

    Maar jy bly net so links van Turkmenistan

  14. postatdo het gesê op Maart 9, 2012

    I am in love, first one.

  15. avega het gesê op Maart 9, 2012

    Lyk so albino-rig, maar hulle is pragtig

  16. frandr het gesê op Maart 10, 2012

    Mens leer so baie interessante dinge hier op die blogs! Dis die allerpragtigste dier – en dankie dat jy gehelp het met die uitspraak van sy naam.

  17. abrham het gesê op Maart 10, 2012

    mr.spock van perde. ek dink ek het sulke katte ook al iewers gesien.

  18. loudavisi het gesê op Maart 10, 2012

    Ek dink nie ek hat al ‘n mooier perd gesien nie!

    So elegant.

  19. Ek-Myself het gesê op Maart 12, 2012

    Wie kry dit oor sy hart om so mooi dier te slag??? RRiLL ek nou!

  20. Ek-Myself het gesê op Maart 12, 2012

    Ooh die eerste een is pragtig!!!
    Pronk perd van Pronk!
    Sjoe dit is besonders!!!

  21. Neander het gesê op Maart 12, 2012

    Honger ken geen kleur of vorm nie.

  22. Ek-Myself het gesê op Maart 12, 2012

    Ja foi, Neander jy is so reg!

  23. endlich het gesê op Maart 12, 2012

    kyk die geel hoefies
    dit lyk of die ras in ‘n feeverhaal hoort

  24. palamino het gesê op Maart 13, 2012

    Dit was tydens ongewone omstandighede soos oorlog en hongersnood. Ek dink darem nie die Turkmenistanis eet hulle perde nie. Die perde word geteel op groot beesplase.

  25. palamino het gesê op Maart 13, 2012

    Henry, ek is verstom dat jy niks se oor die duikboot in die agtergrond nie 🙂

  26. palamino het gesê op Maart 13, 2012

    Ek sal daarvan hou om met een van hulle te pronk ja

  27. HeavyHenry het gesê op Maart 13, 2012

    Weet jy, daai blond het gemaak dat ek die duikboot nie gesien het nie – as jy dit nie genoem het nie, was ek salig onbewus!

    Wys jou net – mens is nie so wakker as jy dink nie!

    🙂

  28. Caramella het gesê op Maart 16, 2012

    Dis amper soos “Caramella”. Dalk was ek ‘n pienk cremello in ‘n vorige lewe en toe nooit ‘n seeskilpad of jellievis nie! Beautiful!

  29. Madhatter het gesê op Maart 16, 2012

    Vreeslik mooi. Perde is vir my besonders. Het War Horse gaan kyk en my oge uitgehuil. 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.