Jy blaai in die argief vir 2012 Februarie.

by Pronk

Antieke tatoeermerke

Februarie 29, 2012 in Sonder kategorie

Neander het nou so ‘n interessante inskrywing gedoen oor die Otzi man wat in die alpe gevind is en sy opmerking dat die ou getattoeer is, het opnuut my belangstelling daarin aangewakker.

Ek het so paar jaar gelede afegekom op die interessante brokkie inligting oor die getattoeerde Siberiese ysmummies wat in die altaigebergtes gevind het. Ek was baie opgewonde oor hulle tattoos, wat wys dat hulle op daardie vroee stadium al ‘n ontsettend verfynde sin vir ontwerp gehadhet.

Hulle tattoe ontwerpe het hierdie borduurontwerp by my geinspireer:

by Pronk

My Prehistoria (6): Middestad revisited

Februarie 28, 2012 in Sonder kategorie

Orraait, dit was nou pynloos!

ek het gougou (!) vroeg vanoggend my voertuiglisensie gaan hernu in die middestad van Pretoria. Ja, ja, ek weet ek kan dit by enige poskantoor doen, maar dan moet mens ‘n noutis oor die pos kry … wat ek nie kry nie (iewers word ek soos gewoonlik weer gemarginaliseer, sien?)

Ag en als het sommer tjop tjop verloop. In en uit binne 15 minute!

Dit was vir my heerlik om weer in die middestad te kan rondloop. Meeste mense gril mos nou daarvoor, maar ek hou van die energie daar. Daar is uitbundige lewe op die strate. Mense verkoop hulle ware soos mooi veelkleurige kopdoeke en sonhoede en 2e handse valstanne en so daar op die sypaadtjie en almal lag en gesels. Tot die prostitute lyk vars en stunning. (ek dink ons het die mees glamorouste prostitute in die wereld! En orals is nuwe chinese winkeltjies en muti dokters en kruie en komberse en goed. ‘n Gekkespul van kleure en dinge en mense wat my nooit sal verveel nie.

My gunsteling winkel is Makulu Hopaan. Wie ken dit? Dis so ‘n fantastiese Afrikawinkel. My pa het altyd gese jy kan enige iets daar koop – van ‘n ploegskaar tot ‘n dooie poeliesman. En dis vandag nog so: Vreemde chinese wokke, stomers en ander cooking utencils, shweshwe lap, die mooiste, kitcheste porselein, geskilderde emaljeware, slanggif, gumboots – noem maar op! En dit ruik na rubber en leer en ghries en kruie. Ek is altyd verlig as ek deur die middestad trek en Makulu Hopaan is nog daar… dan is die wereld nog reg. Soveel beter as enige shopping-mall!

by Pronk

Laatsomer

Februarie 27, 2012 in Sonder kategorie

Gister is ek toe die krans daaruit, die kloof daar af en die vallei daardeur en dit als op die rug van ‘n wolkwit arabiermerrie. So vas van voet jy kan met haar boomklim en so gerieflik en goedgeveer soos ‘n Lazyboy voor die TV.

Ons het behoorlik bundu bashing gedoen en is ook deur ‘n paar diep dongas wat my hare laat regop staan het. Maar Prinsessa ken haar storie en het met groot selfvertroue gecope. Ek leer waardevolle lesse oor die lewe as ek my op haar rug bevind.

En die seisoen word ryp om my op n manier wat my na asem laat snak. Spekvet, geil en volrond en goud is die grasvlakte soos my perdjie se ritmiese hoeweval die landskap onder my oopsing. En die bosveldvoeltjies “chweel chweel” so verlate en finaal dat ek my oorhoeks verlang na mense wat ek gladnie ken nie. Die ysblou lug is my katedraalkoepel.

Selfs die Mosambiekse spoegkobras was heel polite in die laatoggendson en het hulle geelkoperlywe skaars gehou, dankie tog!

by Pronk

Die Boereworsroll (18 sex, nudity en die volk se gunsteling braai area)

Februarie 22, 2012 in Sonder kategorie

Vandavaka

in die grasdaklapa

met la-di-dah

Hadedahs

Lekker lunch!

by Pronk

Manne wat kan dans

Februarie 17, 2012 in Sonder kategorie

Vergeet van die pretty faces soos Brad Pitt en kie. Ek is ‘n enorme Christopher Walken fan. Meestal omdat hy altyd rolle speel wat vleis om die bene het maar veral omdat hy ‘n klassiek-opgeleide danser is. En ‘n man wat elegant beweeg het nog altyd my oog gevang. Hierbo  is hy in Fatboy Slim se “Weapon of choice”, geproduseer deur die meesterlike Spike Jones. Hierdie dans sekwens van hom illustreer vir my absoluut sy vemoens om sinvol te beweeg, maar die eintlike skoonheid daarvan le vir my in die feit dat hy sy bewegings by sy ouderdom aanpas. (alhoewel ek dink hy het n stand in vir daai flikflakke gehad) Die feit dat sy liggaam en looks deur die jare effens verweer het, beklemtoon eintlik vir my die elegansie van sy bewegings, so op ‘n vreemde paradoksale manier. En dat hy dit aanvaar en met die nodige ironie en humor daarmee omgaan, maak dat ek hom absoluut as kunstenaar respekteer..

En dan is daar niemand wat kan shimmy soos John Travolta nie!

En more gaan ek my dansskoene aantrek!

Lekker naweek


by Pronk

Bah!

Februarie 14, 2012 in Sonder kategorie

Ek doen hoegenaamd nie hierdie kapitalisties-korrupte makakkas nie, so:

Mag julle elkeen ‘n verstommend normale dag he met die gewone kak, hare, derms en drama, selfs al het jy jou rooi skoene en stepin aan!

En onthou…

by Pronk

Are you having fun yet?

Februarie 10, 2012 in Sonder kategorie

And the sun and the moon

sometimes argue over who will

tuck me in at night.

If you think I am having more fun

than anyone on this planet,

you are absolutely correct.

Hafiz

by Pronk

Hoeha!

Februarie 6, 2012 in Sonder kategorie

Het julle algtergekom dat , as mens jou in ‘n spinnerak vasloop, dan ken jy onmiddelik die amazingste karate moves! Dan doen jy lugkarate en jy is hierdie uiters bedrewe sensei – wowee

Dit laat my dink aan The Matrix waar hulle so in die matix inplug en dan download hulle al die martial arts en dan kan hulle al daai skills gebruik soos hulle dit nodig kry.

Miskien is spinnerakke geconnect met die martial arts heelal…