by

Ek skryf bietjie oor n fliek vir Madhatter

Januarie 6, 2012 in Sonder kategorie

Ons het gisteraand Paris at midnight gaan loop kyk. Dis nou die nuuste Woody Allen movie. Toe ek jonger was, was ek nie ‘n vreeslike fan van hom nie. Sy joodse neuroses was net bietjie too much vir my sisteem, maar stadig, soos wat ek mature het, het ek in hom ingegroei. Met die enchanting Vicky, christina Barcelona het daar al iets vir my gebeur … een of ander skuif en Paris At Midnight is ‘n tone-omkrul, delightful meesterstuk.

Ek kom agter dat ek nog die hele dag sulke diepgaande verkneukelmomente in my derms het soos wat ek grepies uit die fliek onthou. Byvoorbeeld, die manier waarop Gill (gespeel deur ‘n Owen Wilson met ‘n verassende gravitas) en sy verloofde en haar familie die hele tyd bymekaar verbypraat. En die teenstelling dan ook nou van Gill se lieflike kunstenaarssin en die manier hoe hy gulsig als wat aan Parys is sintuiglik indrink en sy sensitiewe en delikate narratief daaroor; met die van sy blase familie wat net daar is om te shop en hom hoegenaamd nie verstaan nie!

Wanneer Gill dan een aand half dronkerig wegbreek van sy verloofde en die strate alleen aandurf begin die sports. .. ek gaan ni8e daaroor uitbrei, gaan loop kyk die movie, veral as jy lief is vir kuns

nog n wonderlike moment is Earnest Hemingway se speach oor, die dood, kreatiwiteit en passie. En woody Allen se dialoog is voortreflik.

Wat my deesdae tiekel van Allen se werk is hoe de donner hy die dialoog geskript kry. Hy maak gebruik van lang kameraskote waarin baie mense in en uit beweeg en met mekaar praat. nou n gewone ct in n toneel is so 2-3 sekondes lank, dan word daar weer na ‘n ader hoek of toneel toe gesny. Allen se tonele het ‘n stile aan hulle wat ook heeltemal onamerikaans is. Dit voel amper so bietjie dokumenteragtig – of soos realiteits tv. Dis voel nie vir my die akreurs leer woordenie, maar dit word eerder in werkswinkelsituasies geskep.

Ek wil ook in Parys wees as dit reen!

15 antwoorde op Ek skryf bietjie oor n fliek vir Madhatter

  1. “Ek wil ook in Parys wees as dit reen!”

    “Under the bridges of Paris with you,
    I’ll make your dreams come true!”

    Kan jy onthou wie dit gesing het?

  2. palamino het gesê op Januarie 6, 2012

    seker cole porter

  3. Ek kan nog die ou se stem onthou, maar nie sy naam nie…

  4. palamino het gesê op Januarie 6, 2012

    nee man, dit help nou min. ons met maar google

  5. Leon van Nierop het ook noudiedag die fliek hoog en vermaaklik ge-ag.

  6. palamino het gesê op Januarie 6, 2012

    Ja, mens kan vgl sy resensis gaan. ek lees bittermin resensies of enige inligtingstukke. Ek het n absolute gut feel en was nog bittermin teleurgestel. eks n fliek glutton

  7. Jy’s ‘n engel! Ek het nou net so ‘n rukkie terug ‘n uitnodiging ontvang. Ek beskou my dagboekie en gaan dit voor die week verby is sien. Sal bietjie vir jou skryf oor die sirkels.

  8. TS het gesê op Januarie 6, 2012

    Ek hou nie van Woody Allen se flieks nie … ek dink ek is te dom.

  9. palamino het gesê op Januarie 6, 2012

    soos ek se, daai joodse neuroses van hom is moeilik verstaanbaar as mens van n ander kultuurgroep is

  10. palamino het gesê op Januarie 6, 2012

    regso

  11. Eish – dit klink na werk!

  12. vuurklip het gesê op Januarie 6, 2012

    In een van Woody se madcap movies (die blinde regisseur!) flop die movie in die VSA, maar die Franse is gaande daaroor.

    Seg Woody: Thank God for the French!

  13. Het gaan google. Dean Martin.

  14. Thanks!

  15. umhlanga het gesê op Januarie 9, 2012

    Parys in die reen kan net draaglik wees as jy nie alleen is nie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.