by

Werk, werk, werk

Januarie 5, 2012 in Sonder kategorie

Die jaar het nog skaars begin of ek is toegegooi onder die werk! Met deadlines so vroeg soos 15 Januarie – bleh!. En ek het met al die drama nie eens vakansie gehad nie. Desember was net ‘n blur. Maar nou ja, dis geld in my sak en die kinders moet eet!

So van kinders wat moet eet gepraat, ek het so 2 jaar gelede met so ‘n morele dilemma in die kleine gesit. Hierdie NGO het  my genader vir illustrasiewerk. Hulle wou swart boere in die mpumalanga disrik bemagtig om groente te kweek vir die Pick&Pay (baie soos wat woolies sy verskaffers oplei. Hulle wou juis vir woolies troef.) Siende ‘n Duitse ngo het hulle uitstekend betaal, baie beter as wat die uitgewersbedryf doen, so ek het met groot entoesiasme weggespring en gewerk aan hulle alsomvattende gidse, met stap vir stap instruksies om allehande soorte groente te plant, landboukalenders en allerhande ander interessante dinge. (ek is mos bietjie van n closet boervrou – hierbinne is iemand wat smag om n lappie grond te he waar ek my permaculture goete kan aanvang) Daars bv n groot mark vir so ‘n kompakte, inheemse boerbok vir ritualistiese slagdoeleindes. Enetjie wat mens sommer so op die traplanding van n blok flats in sunnyside kan slag sonder groot toedoe

Ongelukkig was hulle nie organies ingestel nie, so dit was ‘n tradisionele gids waarin die gebruik van kunsmis ook volledig geillustreer moes word … en … gif- en onkruiddoderbestuur.

En dis toe nou waar die popo die fen strike, vir so ‘n voodoo, tree hugging hippie soos ek (ja, toe, gaan nou maar aan)

Ek moes stap vir stap geillustreer het hoe mens dit aanmaak en hoe mens dit berg – en dis nogals n storie. Jy moet n konka of drom in ‘n blok diep sement inle om te voorkom dat die gif wat jy berg deursyfer in die aarde in (as mens prentjies maak om goed te verduidelik raak jy by default ‘n ekspert daarin – oef!) . Die konka het so ‘n deurtjie met ‘n slotjie en daars sifdraadrakkies in waarop al die liederlike konkoksies nou geberg word. Dit moet n hele ent weg van die opstal, skure en diere slaapplekke geinstalleer word

Op daardie stadium het ek geen onderhoud van die kinders se pa gekry nie en ek was finansieel onderdeur. Dit was ‘n kwessie van, ek maak n painting en verkoop dit en dan kan ek die kinders se skoolgeld betaal – of, ek maak ‘n painting en verkoop dit, dan kan ek nuwe bandjies op my kar sit. Moeilike tye – maar mens kom daardeur en dan is jy sterker en het jy meer oor jouself geleer 🙂

En hierdie was ‘n enorme job wat baie goed betaal het. Ek sou omtrent vir 3 maande aan die gang kon bly met daai geld, maar o aarde die gifgids het my totaal nagmerries gegee.

So, toe was ek nou voor ‘n keuse: Ly honger of verdien geld waarmee ek dan gifgroente uit p&P vir my kinders kan terugvoer – Wha!

In elkgeval, daai gif het ‘n diep inkeep op my psige gemaak en die gifmanne duik van tyd tot tyd in my eie werk op …

Check sy bootse! Hy is blou want hy is Krishna

20 antwoorde op Werk, werk, werk

  1. Geitjie1 het gesĂȘ op Januarie 5, 2012

    Funky, awesome bootse!!

    En hul dra die boodskap duidelik oor.

  2. louisna het gesĂȘ op Januarie 5, 2012

    Arbeid adel. Mooi.

  3. palamino het gesĂȘ op Januarie 5, 2012

    Dankie, ja! Mense is geneig om bykomstighede vlak te skat

  4. palamino het gesĂȘ op Januarie 5, 2012

    Hoop jy het konfytplanne vir jou tamaties 🙂

    Ja, ons moet nog krismis hou.

  5. palamino het gesĂȘ op Januarie 5, 2012

    Dankie, al is dit so deur die gifwalms

  6. louisna het gesĂȘ op Januarie 5, 2012

    Anyway, sterkte

  7. bernster het gesĂȘ op Januarie 5, 2012

    Ek probeer self die organic manier met my huidige tuintjie…gaan goed sover.

  8. Madhatter het gesĂȘ op Januarie 5, 2012

    Die kinders moet eet! Belangrikste. Ek glo ook in organies. Jy het my veggies gesien. Die komende jaar gaan ek die sirkel ding probeer. Het eens ‘n lappie grond gehad maar hulle se mos ‘n plot is ‘n arm man se ondergang en ‘n ryk man se speelding. Ek is die eerste een.

  9. palamino het gesĂȘ op Januarie 5, 2012

    watter sirkelding is dit nou? Ek weet van die ene in die buitebande. Ek het dit self toegepas vir groente en kruie. Baie lekker ene. Vertel bietjie

    Ja, maar weet jy, mens het ook nie groot hoeveelhede grond nodig vir groente verbou nie. Bill Mollison, die ou wat permaculture ontwikkel het, seg dat ons die wereld kan kosgee uit dit wat ons in ons agterplase verbou.

    Ek het nou die dag gelees dat 20% (dis moer baie!) van rusland se groente gekweek word deur mense wat naweke na hulle dachas (somerhuisies, very Tolstoyesque, ek seg) toe gaan

  10. palamino het gesĂȘ op Januarie 5, 2012

    my organiese groente was beautiful. My brinjals het gelyk asof die feetjies hulle elke oggend kom polish, so diep middernagpers. Ek het babaganoush van hulle gemaak – heerlik!

    En skielik was daar goggas in my tuin wat nooit voorheen daar was nie. Weliswaar peste, maar ook groot jagters soos wespe en spinnekoppe en dinge

  11. HeavyHenry het gesĂȘ op Januarie 5, 2012

    Oe ek like daai wellies! Wil ook so paar hĂȘ!

  12. TS het gesĂȘ op Januarie 5, 2012

    Gelukkig hoef mens nie nie die gifoefening te herhaal nie …
    Hoop die jaar gaan vir die allerlekkerste en gesondste ooit wees

  13. palamino het gesĂȘ op Januarie 5, 2012

    Definitief. Veral omdat ons die goeie nuus gekry het dat my moeder se gewas nie kwaadaardig is nie, en sy dus nie chemo en bestraling hoef te kry nie. Die gevaar is verby, sy kan nou net gesond word. En later, as als wel is, gaan hulle die sakkie uithaal en vir haar weer ‘n poephol terugsit 🙂

  14. palamino het gesĂȘ op Januarie 5, 2012

    radical, nuh?

  15. palamino het gesĂȘ op Januarie 5, 2012

    Ta!

  16. palamino het gesĂȘ op Januarie 5, 2012

    Dis oulik!

  17. TS het gesĂȘ op Januarie 5, 2012

    Ai dis goeie nuus… snaaks hoe die rolle omruil as mens se ouers oud word. Grinnik… nie dat ek weet hoe mens iemand se poephol terugsit maar ek wil ook nie regtig weet nie… 🙂

  18. palamino het gesĂȘ op Januarie 5, 2012

    Om n poephol terug te sit is baie soos die tipe werk wat loodgieters doen, reken ek

  19. palamino het gesĂȘ op Januarie 5, 2012

    O maar mens kan geheel en al selfversorgend wees. Jy moet net die nodige paradigmaskuiwe maak en uit jou eie comfort zone klim. Self sufficiency is ‘n wereldwye neiging. Google bietjie.

  20. kinders eerste. miskien sal die maatskappy vatbaar wees vir ‘n gids oor organies, as hul kan oplink met ‘n goeie koper? jou gifspuiter het darem goeie protection – soveel van die wynland gifspuiters het sit op die trekker met geen beskerming nie, en die wind waai ook maar terug in hul rigting. mal oor jou sketse!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.