by

oomblik vir oomblik

Desember 23, 2011 in Sonder kategorie

Ons het gisteraand baie slegte nuus gekry. Een van daardie klassieke situasies waar die chirurg by die operasieteater uitstap en op jou afloop en jy weet…
Ek wil nou nie derms uitryg hier op die blogs oor my persoonlike sake nie, want dis nie waaroor my blog gaan nie. Maar ek het in die 3 jaar wat ek blog soveel persoonlike konneksies met soveel van julle opgebou en sulle ondersteun my altyd so ontsettend baie. As ek uitstal, kom se julle hallo en julle koop selfs my paintings en julle stel belang. julle oe en aa oor al die kak wat ek aanvang, en die dialoog wat ek in die spasie met mense soos julle het, is vir my geweldig inspirerend en voed direk terug in my werk. Daar is baie van julle input in die Afrikamasutra Baie dankie daarvoor. julle beteken vir my baie
so, op die oomblik voel ek klein, eensaam en bang oor my ma. So ek werk bietjie met die vrees wat dreig om my te oorweldig. Daai kwaai ou tier wat sy pizza asem in jou nek kom blaas. Pema hieronder se goeie raad is om dit oomblik vir oomblik te vat. Ons dink nog nie aan more en kersfees is nog 10 ligjare ver.
Let’s say you begin to feel afraid, and out of habit you begin to speed up and get panicked. This thereby strengthens further habits that keep you stuck in a rut. What you find is if you just train in simply staying present even a few seconds with those uncomfortable feelings, like fear, that you can then develop the strength to stay present for a few minutes, and then 10 minutes, then more, and so on. If you can stay present with your own emotional distress in an open space that’s not clouded and keep letting the thoughts about it go, then you always know what will deescalate the heat of the situation. — Pema Chodron
en hoekom kry ek nie ‘n ander font geselekteer nie. Skuus vir die bold san serif – miskien reflekteer dit my bui vandag
 
 

7 antwoorde op oomblik vir oomblik

  1. Hey dissie lekker nie – sterkte daar vir julle!

  2. czardas het gesê op Desember 23, 2011

    Good luck with everything.

  3. Sterkte.

  4. sterkte pronkie x

  5. TS het gesê op Desember 23, 2011

    *drukkie*

  6. Dink aan jou.

    Veral nou.
    xxx

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.