Jy blaai in die argief vir 2011 Oktober.

by Pronk

My Mode ikoon

Oktober 27, 2011 in Sonder kategorie

Iris Apfel is die mees funkieste ou tannie OOIT. ek wil haar wees as ek groot is! Definitief! My hare is al klaar pers en ek het nog so 42 jaar om aan die look te werk, maar sy is vir my die beautifulste ding!

Wow!

“There’s a sad lack of glamour in the world today,” Apfel mourns. “And there’s absolutely no fantasy.”

by Pronk

Pippie Langkous revisited

Oktober 26, 2011 in Sonder kategorie

As daar nou een reeks boeke is wat my kleintjies oor en oor lees, is dit Pippie Langkous. My 2 eksemplare is voosgelees …op! Ek dink ek is al 4 keer deur Pippie Langkous en Pippie Langkous in die Suidsee. Ek sukkel om Pippie Langkous gaan aan boord te kry, dis lykmy heeltemal uit druk. Hoekom weet ek nie, want dis nie stories wat “date” nie en ek dink daars beslis ‘n mark voor.

ek beskou Pippie as ‘n uitstekense feministiese rolmodel vir my dogter want sy is sterk, oorspronklik en onafhanklik en neem graag op haar eie individuele manier die leiding – vandag se dae sou ons gereken het die stomme kind is ‘n kandidaat vir ritalin

Nerina Ferreira se vertalings van Astrid lindgren se stories is al hier in die sewentigerjare gedoen en is werklik puik, maar eintlik al wat my pla is dat die afrikaans wel bietjie outyds is. Ek dink Pippie is in vir ‘n bietjie van ‘n overhaul en ‘n heruitgawe en wonder watter skrywer sou die taak suksesvol kon aanpak. Miskien Riana Prinsloo.

Nog ‘n Astrid Lindgren-storie wat my kinders baie geniet is Madicken. Hulle het die engelse uitgawe by hulle ouma pesrent gekry. Sy het ‘n 2e handse boekwinkel gehad op Cullinan en het haar kleinkinders van ‘n nimmereindigende stroom kinderlektuur voorsien.

Madicken is beautiful. Ek dink sy is soort van die prototipe van Pippie. Dit speel af tydens die 2e wereldoorlog op die sweedse platteland en is bietjie minder bizar as pippie, maar gaan ook oor hierdie bloemieng stout klein dogtertjie. Dis ‘n absoluut liriese storie wat mens se hart laat sing so mooi is dit …

En nou wag ons vir die nuut uigegeefde, lusciously geillustreerde weergawe van Langenhoven se Brolloks en bittergal wat ek vir hulle bestel het by Kalahari!

by Pronk

Naweke en so

Oktober 24, 2011 in Sonder kategorie

Ek raak nou rerig kopsku oor naweke, weet julle!

Laasnaweek het ‘n perd op Thomthom, my jongste getrap. Op ‘n baie belangrike baie sensitiewe plek wat sy hele toekoms kon, uhm, wel .. verander! Hy het die perd gelei, toe struikel en val hy en toe loop sy bo-oor hom, want perde se remme is nie so goed nie. Anyway, toe spandeer ons saterdagmiddag en -aand in ongevalle en dis scans en plate en dinge om seker te maak daar is nie inwendige skade nie. Vir die rekord, hy is fine, net bietjie gekneus. Maar mens skrik jou moer af as jy sien jou seunskind se privates is ‘n bloederige pappery, dit kan ek vir julle se!

Die naweek was hulle toe by hulle pa, maar hy kom toe nou tuis gistermiddag met Fiela – my oudste seun en middelkind – wat so bleek soos ‘n spokie lyk. Oi! nee, hulle was by Linden se swembad toe steek ‘n by hom en toe begin hy uitslaan en opgooi (hy het sy pa se splinternuwe Volvo volgekots hehehehe!- nee sies, ek skaam my nou is ek lelik, sorrie) Hy klim uit die kar en hy is so half in ‘n koma, maar hy verseker my nee, hy is orraait hy wil net bietjie le. Nou dadelik gaan die alarms aan by my, want ek weet een van die dinge van by-allergiee is denial. Die pasient verseker jou die heeltyd hy is fine, en hy is eintlik nie (my oupa was ook so) en die ander ding waarvoor mens moet watch is anaphylaxis. Gelukkig is sy keel nie toegetrek nie, en haal hy gemaklik asem. Maar nietemin kry ek toe maar als weer reg vir ‘n aandjie by Montana ongevalle! Maar voor dit gee ek hom toe eers bietjie Apis – die homeopatiese bysteek remedy.

Op daai stadium het ek ook nou nog ook die sondag-hoendertjie in die oond en ek probeer die kos red en multitask en die ander 2 is rasend honger en ek se, gaan eet solank jem tertjies en roomys by Ouma (goeie mammie, ekke) en ek is nog besig met al die admin, toe kom Fiela by die kombuis in, verklaar dramaties dat hy honger is en loop sit die tv aan. toes hy fine en weer wawyd wakker, dankie tog!

Daars toe ook weer kleur in die wange en hy is vol jokes. Toe gaan bere ek maar weer my handsak want toe, lyk my is ‘n trip ongevalle toe nie nodig nie … endie kind werk 3 borde hoender en groente in, halleluja!

Maar ek sal inderhaas moet werk maak van die allergie, want dis nie goed nie

by Pronk

Lyfskrifte

Oktober 19, 2011 in Sonder kategorie

Siende dat ek nou so op ‘n lyf-tangent is, plaas ek graag hierdie kiekie wat ek by ‘n facebook vriendin gesteel het. Die sensureerdery (hartjies op die tieties) is deur die oorspronklike plaser gedoen en is nie my handewerk nie. Ek dink die hartjies op ‘n andersins lieflike(lyflike) statement is baie, baie sad, maar nou ja.

Die fees van vlees

“the body is the nightclub of the soul” (Timothy Freke)

As julle dit sonder die harte wil besigtig, gaan kyk hierso met hartelike dank aan vuurklip!

by Pronk

Pssst

Oktober 17, 2011 in Sonder kategorie

………………………………………………ag, ek wil net noem dat ek nou al sedert Vrydag ‘n kiekie van ‘n man met ‘n semi ereksie hier gepost het….

by Pronk

Geni(t)aal Slim!

Oktober 14, 2011 in Sonder kategorie

Dis so oulik en kreatief, ek moet dit met julle deel.

Pssssst, julle moet gou kyk, Litnet gaan dit skrap!

by Pronk

Nog dans

Oktober 13, 2011 in Sonder kategorie

Kyk hoe mooi skryf medeblogger, Doll oor dans hier

by Pronk

Dis hoekom ek dit doen…

Oktober 11, 2011 in Sonder kategorie

I praise the dance,

for it frees people from the heaviness of matter

and binds the isolated to community.

I praise the dance, which demands everything:

health and a clear spirit and a buoyant soul.

Dance is a transformation of space, of time, of people,

who are in constant danger of becoming all brain,

will, or feeling.

Dancing demands a whole person,

one who is firmly anchored in the center of his life,

who is not obsessed by lust for people and things

and the demon of isolation in his own ego.

Dancing demands a freed person,

one who vibrates with the equipoise of all his powers.

I praise the dance.

O man, learn to dance,

or else the angels in heaven will not know

what to do with you.

– Saint Augustine