by

Pronknografie

Augustus 31, 2011 in Sonder kategorie

Aagesien ek so ‘n pornografis is en bekend is vir my eksplisiete prentjies en NIEMAND ‘n probleem daarmee het as ek sulke prentjies opsit nie, het ek nou maar besluit om die ene te plaas. Ek het so bietjie aan die 2 lovertjies gesnoei, sodat al die offensive bits nou nie wys nie.

Die man dra wel ‘n oulike ou kondoompie want hy is responsible sien (en ek wil later kyk of Durex my nie dalk wil sponsor nie, so dis met voorbedagde rade)

Op facebook was daar ‘n hele debat oor die kondoom. Party mense voel die ribbing is baie prominent. Toe se ek maar dat die kunstenaar partykeer dinge bietjie oorbeklemtoon ter wille van die kompoesisie. Nou is almal darem happy.

22 antwoorde op Pronknografie

  1. TS het gesê op Augustus 31, 2011

    grinnik… kyk net hoe wulps…

  2. ag post tog net die hele prentjie op my fb page.. ek haat dit om halwe goed te sien.. in kleur ook dan.. eish fock man..

  3. Ekt dit gister op fb gesit, Skat.

  4. Nou het ek jou getag

  5. Stunning.
    LOVE DIT.
    En ek dink Pronknografie gaan nog famous word!
    Ek sal nie vra vir royalties nie ok – sien dit as ‘n guns 😉

  6. Ek maak vir jou ‘n prentjie om dankie te se.

  7. Adage het gesê op Augustus 31, 2011

    🙂

  8. Aaaah man 🙂

  9. Haha stoutgat, jy laat hulle verskriklik opgewonde lyk oor dit wat gaan kom 🙂

  10. Vetjan het gesê op Augustus 31, 2011

    die misplaaste politeke korrektheid aan jou tweede paragraaf is lagwekkend.

    maar ek steun die hele boek konsep en alles 100% en 10 uit 10 vir die poging en alles.

    dis net dat ek ‘n broertjie dood het aan pc bullshit.. soos kondome in kama sutra

  11. lora2me het gesê op Augustus 31, 2011

    Hoeveel ure het jy in geheel aan die hele boek se illustrasies geteken, want daar is baie detail (behalwe vir die “bits”) in jou prente?

  12. Wens my boobs was nog so perky….

  13. ek smaak jou stikkint. grênd grênd. kompoesisie is tog so belangrik. hehehehe…… giggel hy wat bang is vir olie of altans tans aan kwas-koors ly

  14. Ek huldig jou purisme, maar as jy na my werk kyk, sal jy besef dat ek altyd besig is met ‘n opstuur van die bestaande. Ek het die hele projek benader met my tong ferm in my kies en die ou antieke teks met ‘n groot skoot ironie herinterpreteer en ingetrek in ons kontemporere milieu met al ons voorstedelike neurosis en issues en dingetjies – want, uiteindelik moet ‘n kunstenaar werk met dit waarmee hy vertroud is – en ek is vertroud met die voorstedelike, dis waaroor my werk gaan. Vat dit tog met ‘n knippie sout en lighten up.

    O, en dan wil ek net noem dat dit die enigste kondoompie is wat in al my soetra=werk feature…die res is pure, unadulterated onveilige gevaarlike seksssssss.

  15. Ek ook!

  16. Goeistes Lora, ek sal nou eers moet gaan sit en uitwerk. ek het so ‘n week aan een skets gewerk, so 2-3 uur per dag. Maak jy die somme, my brein is vol watte as dit by sulke goed kom

  17. oe, ek is net so bang vir olie

    kwas-koors? ag sjym, man! Dit klink ernstig

  18. Dankie vir die inloer!

  19. Vetjan het gesê op September 1, 2011

    mooiskoot

  20. 😉 xxx

  21. Dankie tina

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.