by

Waarvoor is ek bang

Augustus 23, 2011 in Sonder kategorie

Ek is bang vir bilharzia…. ek steek nie ‘n toon in die Apies nie, noddedamn!

Hierbo is een van my gunsteling kunswerke: Die lewenssiklus van bilharzia. Dis gebatik. Dit wil gedoen wees, hoor! om die lewenssiklus van bilharzia te batik. Dis amper so intens as om dit te kerspitborduur. Fokken NIEMAND anders deel my passie oor hierdie kragtoer in ontwerp nie! Ek wonder hoekom. Kyk hoe is die bilharzia-organisme vergroot en aangewend as dekoratiewe raamwerk om die kunswerk…mense Asseblief!!!

anyway, dit hang hier in Prehistoria in die Transvaalmuseum daar oorkant die stadsaal, gaan kyk gerus eendag. Dis die een met die walvisgeraamte aan die voorkant. Vat die kinders saam sodat hulle die asbestosbelaaide museuminstallasies kan gaan insnuif.

Dis die ander ding waarvoor ek bang is…asbestos

en Big Brother

en gasmaskers uit Wereldoorlog 2

en spookdrolle

en radioaktiwiteit

en as ‘n trok met varkies wat oppad is na die slagpale voor my ry

ek is nie bang vir kitsch nie

54 antwoorde op Waarvoor is ek bang

  1. As ek “Transvaalmuseum” hoor, word ek herhinner aan skool uitstappies.
    En Marelize wat haar coke gedrink het op die gras en nie geweet het daar is ‘n by in die blikkie nie. Toe steek hy haar in haar mond. Sy het verskriklik gelyk.

    Ek is bang vir bye. (Onthou ek nou weer). Maar ek dink dis omdat ek nie net gaan opswel en verskrilik lyk nie. Ek sal min of meer amper dooi as ek nie by ‘n hospitaal kom nie. En nee. Ek dra nie my medisyne by my nie.

  2. as jy hom insluk en hy steek jou in die keel is daar perre

  3. ag toe?

  4. Jip.
    Dan is dit Nag Nella

  5. ooookkkeeeeeeyyyyyy………..
    You’ve just raised the level. Again.

  6. enorme babers wat gloei in die donker

  7. Jy en jou weird fetishes…..

  8. yup, babers kan loop dat die stof staan. Dit fassineer my ook.
    Persoonlik dink ek babers is die “proteien van die toekoms”

  9. flapoor het gesê op Augustus 23, 2011

    Oe jig, ek is bang vir goeters wat teen of in my kan klim wat ek nie sien nie. Goed soos strale en myte op die bed – ril -. Ek lief batikwerke, maar sal maar wegbly van die asbestose gebou. Ek loer eerder na jou prentjies.

  10. oe siesa..
    ek hou van hule snorre
    hulle het eintlik baie persoonlikheid

  11. jo, jo,jo

  12. weird [weerd] Show IPA adjective, -er, -est, noun
    adjective
    1.
    involving or suggesting the supernatural; unearthly or uncanny: a weird sound; weird lights.
    2.
    fantastic; bizarre: a weird getup.
    3.
    Archaic . concerned with or controlling fate or destiny.

    Make your pick.

  13. Ek droom nou die aand ek haal ‘n kopluis af (moenie vra nie, ek het 3 kinders op laerskool). nou loop ek so vieserig met hom badkamer toe. Ek het hom so aan die agterbeentjie beet, maar nou word hy groter en groter soos ek hom dra. Toe gooi ek hom neer op die badkamervloer ek ek slaat sy kop plat met die skoen. maar nou is hy so groot soos ‘n oorkruiper en hy skud net sy kop so deurmekaarderig en hy slinger dronk-dronk daar rond. Nou, ek wil hom graag dood he, maar nou begin ek baie skuldig voel want al wat ek vir hom gee is breinskade. en dis vir my erger om iets breinskade te gee as om dit dood te maak…ek kan nou nie onthou hoe dit ge-eindig het nie….

  14. wragtag! Kyk nou net

  15. sjame man! Se vir hulle jy sit die rondtetjie uit

  16. Sien jy.
    Ek was reg.

  17. Nee wat.
    Ek het nou al geleer om nie met jou nuuskierig te wees nie.
    Jy sal of vertel, of nie.
    Soos en wanneer dit jou pas.
    It is what it is.

  18. TS het gesê op Augustus 23, 2011

    80jaar gelede toe ek ‘n student daar was. was daar nie water in die Apies nie – julle het darem vooruitgegaan as daar nou water EN bilharzia is?

  19. lora2me het gesê op Augustus 23, 2011

    Nou is ek ook sommer bang vir “spookdrolle” – hoe lyk hulle?:D Ek hou van die vorms van daardie eensellige goedjies soos bilharzia, clamydomonas, spyrogyra en jellievisse, amoebas, o, ek kan vir ure na foto’s kyk … sulke natuurlike kunswerkies.

  20. Ek is bang vir Ebola, en spinnekoppe, en spoke. Wat op die goeie aarde is spookdrolle?????????

  21. zephur het gesê op Augustus 23, 2011

    Ek dink daar is meer goggas wat jou toon sal af eet as jy hom in die Apies druk as wat bilharzia kans gaan kry om plek te vind om te sit…hehehe

  22. Ag, net myself, ek is so bly jy vra die vragie. Spookdrolle is eintlik dustbunnies. Jy weet, dis ‘n mengsel van stofbolle en hare en watnog watop een of ander manier vorm en dan onder jou bank gaan le. Hulle is so drolvormig, maar insubstansieel, so al asof ‘n spook hulle uitgedruk het.

    As mens die bank skuif, begin hulle rondrol…en hule rol gewoonlik reguit na my toe EEEEK!

    Jis ja, ebola, wat mens so van binne af Moulinex…brrr!

  23. Sien my antwoord hierbo vir Net Myself oor spookdrolle

    OOoh, ek loooove spirogira!

  24. Bwahaha!

  25. Dis definitief nie ‘n grap nie, dis verseker!

  26. oe absoluut

  27. Daai batik is nice – die Duitser het op ‘n tyd so ‘n paar batik goed gedoen – moerse klomp werk!

  28. abrham het gesê op Augustus 24, 2011

    Bang!

    Allenig moet ek bed toe gaan,
    dis donker in die gang,
    ek sal niemand vra om saam te loop,
    hul sê reeds ek is bang.

    Daar sit hy in die hoekie weer,
    sy arms sal my gryp,
    en ‘Mammie! Mammie!’ skree ek hard,
    ‘die donker wil my knyp!’

    En toe vat Ma my handjie vas
    en lei my deur die gang.
    Die skelm was my eie jas
    wat aan die kapstok hang.
    D J Opperman

  29. abrham het gesê op Augustus 24, 2011

    ek hoor mesn pipi bloed

  30. abrham het gesê op Augustus 24, 2011

    toe churchill die mighty apies geswem het was daar nog niks plakkerskamp stront in die water nie

  31. abrham het gesê op Augustus 24, 2011

    vandaar die term – spook trap

  32. abrham het gesê op Augustus 24, 2011

    het tannie saam met winston geswem

  33. swiet!

  34. abrham het gesê op Augustus 24, 2011

    altruisme is ‘n menslike swakheid

  35. Ek is mal daaroor. Ek het nog my tjan ting

  36. Spookdrolvastrap

  37. Toe was daar nog water… nogals mighty baie. Lykmy dis ‘n sikliese ding

  38. abrham het gesê op Augustus 24, 2011

    goggas krieoel ons onderbewuste vol

  39. abrham het gesê op Augustus 24, 2011

    charlene ek het ‘n paar handcuffs wat in my garage rond lê

  40. Dan moet jy vir my bang wees, Abies, want as ek met jou klaar is kak jy bloed. Sien, ek is bilharzia een voor

  41. nou wat van die trekkertjie?

  42. bwahaha!

  43. Is dit daai potjie virrie was met die tuitjie op?

  44. ja, die een met die steeltjie wat jy kan vashou soos ‘n kwas. Dis vir my ‘n vreeslike mooi objek.

  45. Dit is – ek moes die Duitser s’n eenkeer regmaak – daai boepens houertjie met die gat bo in is ‘n kunsstuk!

  46. iek!! ek is bang vir hondsdolheid… erg bang. bulharzia nie so erg nie , maar kan net dink.

  47. lora2me het gesê op Augustus 24, 2011

    Ag oulik! Ons het dit ook iewers in die laerskool geleer en grootoog opgesê.

  48. Love die batik. Ek is bang vir dwerge en vir Jaster. Jaster was ‘n imaginary gedierte wat in ons plafon gewoon het waarmee ek my kinders aan het huil gemaak het sodat ek hulle kon soen en troos. Hulle nou uit huis en nou is ek bang vir fck Jaster! Speaking of goggos, blykbaar is daar ‘n soort kruiperige gedierte lang Oranjeriver wat heet: gatkruiper vir ‘n ooglopende rede. Weet iemand iets daarvan?

  49. O liewe genade ja! Hondsdolheid, sjoe!!!!

  50. Ag Caramella dis te pragtig. Nee, ek weet niks van die gatkruiper nie, maar as ek ooit in die omgewing van die oranje rivier is, gaan ek verseker my sfinkter op ‘n knop trek! Die stjoepit ding sal vir weke met ‘n nekstut loop as hy durf traai

  51. zephur het gesê op Augustus 25, 2011

    kyk as jy 2 koppige visse en steriel slakke al kry dan weet jy swem is taboe…hahahha

  52. Ek is bang vir boggerol…as jy saam die Grim Reaper gesit en tee drink het op die stoep gebeur dit maar…

    (ok! ek het hoogte vrees gehad – nou laaik ek dit net nie…)

  53. Dis fantasties om so in totale oorgawe tot die Heelal te kan leef *respek* min van ons kon nog daai kopskuif maak.

    Ek het jou saterdag by die mark gecheck, maar ek kon nie kom groet, ek was haastig oppad iewers heen…next time

  54. Ja kom groet! En skiet ‘n paar kaarte…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.