by

Renfield

Augustus 16, 2011 in Sonder kategorie

My vriend Renfield kom kuier so af en toe hier as hy opkom gauteng toe vir werk (alhoewel lanklaas). Hy bly in ‘n skilderagtige dorpie aan die suidkus. Dis heerlik as hy kom kuier. Dan maak ek hoenderkerrie en poedieng, en ek dek tafel by die swembad.

Ek sit my wit linnetafeldoek op en my ouma se kristalkraffie met ‘n groot, pienk “cabbage” roos uit die tuin. (Op hierdie punt kom loer my buurman altyd eers nuuskierig oor die muur…dan doen ek maar die smile & wave-ding)

En my beste stainless steel en my continental porselein en ek sit al die condiments in ‘n silwerskinkbordjie op die tafel.

As hy daar instap seg hy altyd: Is dit als vir my? Jissie Pronkie, baie baie dankie. en dan eet hy so lekker aan my kos.

En weet julle waarvan hou ek? ek is mal daaroor dat hy nie se: Og, jy moenie moeite doen vir my nie. Inteendeel, hy aanvaar my moeite met soveel grasie dat dit koue rillings langs my nek afstuur.

Nou sit ek en dink hoekom ons altyd ‘n gebaar soos hierdie terugstuur na iemand met ‘n: Ag, jy moes nie! Wat is dit wat ons so met ons guilt laat connect dat ons nie iets wat in liefde gegee is met grasie kan ontvang nie? Want dit gaan tog oor die recycling van liefde, nie waar nie?

Ek verlang na Renfield…

Voor ek vergeet! Vandag is elvis Dag!

Hier is Elvis moodley…

happy elvisdag, almal!

20 antwoorde op Renfield

  1. Jy is so reg, dis ‘n groter kuns om te ontvang as om te gee. Jy kan maar vir Renfield hierna toe ook stuur.

  2. TS het gesê op Augustus 16, 2011

    mmmm elvisdag…

  3. Sjoe, daar is seker ‘n fyn lyn tussen om genoeg waardering te wys en nie heeltemal ongeerg voor te kom nie

  4. lora2me het gesê op Augustus 16, 2011

    Jy moet die karakter in jou skets Elvis Paisley noem…:) Ek dink dis altyd vir mense moeilik om iets so “onverdiends” soos iemand se tyd, liefde en moeite te ontvang, want hulle is anders gekondisioneer. Jy klink na ‘n goeie, bedagsame gasvrou, Palomino.

  5. Elvis Paisley! Magtie daar gee jy my alweer soveel inspirasie!

  6. Nee, dit gaan daaroor dat mense nooit voel hulle is die moeite werd vir die moeite wat jy gedoen het nie… en hulle is, altyd

  7. Ek dink julle 2 sal besonder goed oor die weg kom

  8. Mooiso!

  9. abrham het gesê op Augustus 16, 2011

    die ontvang ding sukkel ons mee, dalk dink ons dit is selfsugtig. altruisme is ‘n vloek, vra maar vir ayn rand – ek stem nogal met haar saam.

  10. Wat seg tannie Ayn? Ek sien altyd net Tamara de Lempicka prentjies as ek aan Ayn Rand dink 🙂

  11. Ek stem saam, veral as dit uit jou hart uit kom.

  12. Ou-Top het gesê op Augustus 16, 2011

    Lekker gelees nou. Rustige Luis se antwoord het my laat smile.

  13. Ek HOU van jou vrien Renfield, en ek gaan ‘n bladjie uit sy boek neem en my eie maak.

  14. mir i bota…

  15. Jou tjommie is orraait – mens moet sê: “Jis dis naais, thanks man” – en *drukkie*…

  16. wat?

  17. Drukkies is belangrik

  18. Maak so!

  19. Op persiese matte – die oorpronklike “purple paisley pattern”-

    http://de.wikipedia.org/wiki/Mir_(Teppich)

    Probeer self ‘n engelse een kry…

  20. Angelor het gesê op Augustus 26, 2011

    🙂 Renfield skuld jou baie choclits!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.