by

Die groot soektog

Augustus 10, 2011 in Sonder kategorie

Ek is nou vanoggend ‘n werknemer met ‘n reuse omelet op my gesiggie, hoor!

Ek huppel vrolik by die kantoor in en skakel my rekenaartjie aan. Die muis toon geen teken van lewe nie en ek skud dit, check die batteries en so aan, en merk toe op dat die klein stasietjie, waarmee die muis kommunikeer, van my lessenaar af verdwyn het.

Maggies, en ek begin soek, oralster – onder die lessenaar op my rak in my kas…al my kollegas laat staan als waarmee hulle besig is en soek saam. My baas spring uit haar kantoor en ons feng shui die spasie behoorlik!

Maar toe gaan staan my baas so krities voor my keyboard en seg: Pronkie!!! Jou stasie is dan ingebou in jou keyboard?!? Die muis is net nie aangeskakel nie(Ekt bietjie vergeet ek het nou onlangs ‘n hele nuwe keyboard muisstelletjie gekry OI!)

Nou bring ek maar more koek werk toe oor ek die hele maatskappy ontwrig het opsoek na daai stasie. Dis die minste wat ek kan doen 🙂

17 antwoorde op Die groot soektog

  1. Modigliani het gesĂȘ op Augustus 10, 2011

    Ai tog.
    Daai was nou ‘n blonde oomblikkie hoor!
    (Nie dat ek iets teen blondes of oomblikke het nie)

  2. palamino het gesĂȘ op Augustus 10, 2011

    jip, inderdaad!

  3. Modigliani het gesĂȘ op Augustus 10, 2011

    Voel jy bietjie beter as gister?

  4. palamino het gesĂȘ op Augustus 10, 2011

    Ja, ek het so bietjie meer closure, dankie vir jou bystand 🙂

  5. Modigliani het gesĂȘ op Augustus 10, 2011

    Plesier
    ((((Drukkie))))

  6. TS het gesĂȘ op Augustus 10, 2011

    Ai tog…

  7. lora2me het gesĂȘ op Augustus 10, 2011

    Sulke goed gebeur. Hulle is seker bly vir die koek – dan was dit die ontwrigting werd.

  8. katrina het gesĂȘ op Augustus 10, 2011

    Hehe. Weet jy hoe baie het dit al met my gebeur dat ek my vrek soek na iets en die oomblik wat ek uiteindelik vir iemand anders vra, dit reg voor my is?

  9. Trakie het gesĂȘ op Augustus 10, 2011

    Ek’s bly sulke goed kom nie net my oor nie ;-D

  10. abrham het gesĂȘ op Augustus 11, 2011

    as jy nou nog nie weet hoe jou muis werk nie sal al die koeke in die wereld jou net mooi sweet blow fokol help, ai en ek dag jy is werelds wys!

  11. palamino het gesĂȘ op Augustus 11, 2011

    Kyk, ek het nou van my stoel afgeval soos ek lag!

  12. HeavyHenry het gesĂȘ op Augustus 11, 2011

    Ag moenie worry nie – jy het nog nie geleef tot jy jou des moers vir jou bril gesoek het terwyl jy hom in jou hand het nie…

  13. palamino het gesĂȘ op Augustus 11, 2011

    Oooh, hel, weet jy, wat van die ene: Jy skrik jou des moers, want jou selfoon is nie in sy klein sysakkie in jou handsak nie…jy loop eintlik terug winkels toe op soek na die ding…en dan is jy al die tyd besig met ‘n foonoproep!!! (en jy seg actually vir die persoon aan die anderkant WAARDEFOK IS MY FOON!)

    Hoe’s daai!

    bloos

  14. zephur het gesĂȘ op Augustus 11, 2011

    Darem het jy dit oorleef…en sal nie weer vergeet nie.

    Ouderdom is ‘n blixem…hehehe

  15. HeavyHenry het gesĂȘ op Augustus 11, 2011

    Eina!

    🙂

  16. krokowaan het gesĂȘ op Augustus 12, 2011

    bril gesoek, tot ek voor spieĂ«l verbyloop en sien die ding is op my neus ….

  17. thenack het gesĂȘ op Augustus 18, 2011

    Oulike storie, ek hoop vir jou part die koek werk, want gewoonlik gaan mense nou net praat van die koekvrou se muis, jy weet. Bly jou boeke ens is op loop. Alle sukses met dit!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.