Jy blaai in die argief vir 2011 Augustus.

by Pronk

Pronknografie

Augustus 31, 2011 in Sonder kategorie

Aagesien ek so ‘n pornografis is en bekend is vir my eksplisiete prentjies en NIEMAND ‘n probleem daarmee het as ek sulke prentjies opsit nie, het ek nou maar besluit om die ene te plaas. Ek het so bietjie aan die 2 lovertjies gesnoei, sodat al die offensive bits nou nie wys nie.

Die man dra wel ‘n oulike ou kondoompie want hy is responsible sien (en ek wil later kyk of Durex my nie dalk wil sponsor nie, so dis met voorbedagde rade)

Op facebook was daar ‘n hele debat oor die kondoom. Party mense voel die ribbing is baie prominent. Toe se ek maar dat die kunstenaar partykeer dinge bietjie oorbeklemtoon ter wille van die kompoesisie. Nou is almal darem happy.

by Pronk

Pronk pryk op p 18 van die Playboy!

Augustus 30, 2011 in Sonder kategorie

…en dis voor Christina Storm, nuh!

Orraait, dis nou nie ek myselwers nie, maar dis die omslag van die boek. Ongesensor met tieties, twatjie en die werke. Ons hoop die uitgewers vang die skimp en haal die sterretjies van die omslag af.

Die dame hierbo is besig om interessante en opwindende dinge te doen met ‘n wit, plastiek tuinstoel

by Pronk

Hoendervleis!

Augustus 26, 2011 in Sonder kategorie

The Happy Virus

I caught the happy virus last night

When I was out singing beneath the stars.

It is remarkably contagious –

So kiss me.

Hafiz

Jir julle, ek dink hierdie is een van die min mense wat geweet het Waaroor . Dit . Gaan! Ek is besig om hoog te raak op die man. Raak julle nie ook hoog as julle dit lees nie?

Soooo Kiss me!!!

by Pronk

Hafiz

Augustus 26, 2011 in Sonder kategorie

“I wish I could show you
when you are lonely or in darkness,
the astonishing Light
of your own Being!”
~Hafiz~

by Pronk

Waarvoor is ek bang

Augustus 23, 2011 in Sonder kategorie

Ek is bang vir bilharzia…. ek steek nie ‘n toon in die Apies nie, noddedamn!

Hierbo is een van my gunsteling kunswerke: Die lewenssiklus van bilharzia. Dis gebatik. Dit wil gedoen wees, hoor! om die lewenssiklus van bilharzia te batik. Dis amper so intens as om dit te kerspitborduur. Fokken NIEMAND anders deel my passie oor hierdie kragtoer in ontwerp nie! Ek wonder hoekom. Kyk hoe is die bilharzia-organisme vergroot en aangewend as dekoratiewe raamwerk om die kunswerk…mense Asseblief!!!

anyway, dit hang hier in Prehistoria in die Transvaalmuseum daar oorkant die stadsaal, gaan kyk gerus eendag. Dis die een met die walvisgeraamte aan die voorkant. Vat die kinders saam sodat hulle die asbestosbelaaide museuminstallasies kan gaan insnuif.

Dis die ander ding waarvoor ek bang is…asbestos

en Big Brother

en gasmaskers uit Wereldoorlog 2

en spookdrolle

en radioaktiwiteit

en as ‘n trok met varkies wat oppad is na die slagpale voor my ry

ek is nie bang vir kitsch nie

by Pronk

Renfield

Augustus 16, 2011 in Sonder kategorie

My vriend Renfield kom kuier so af en toe hier as hy opkom gauteng toe vir werk (alhoewel lanklaas). Hy bly in ‘n skilderagtige dorpie aan die suidkus. Dis heerlik as hy kom kuier. Dan maak ek hoenderkerrie en poedieng, en ek dek tafel by die swembad.

Ek sit my wit linnetafeldoek op en my ouma se kristalkraffie met ‘n groot, pienk “cabbage” roos uit die tuin. (Op hierdie punt kom loer my buurman altyd eers nuuskierig oor die muur…dan doen ek maar die smile & wave-ding)

En my beste stainless steel en my continental porselein en ek sit al die condiments in ‘n silwerskinkbordjie op die tafel.

As hy daar instap seg hy altyd: Is dit als vir my? Jissie Pronkie, baie baie dankie. en dan eet hy so lekker aan my kos.

En weet julle waarvan hou ek? ek is mal daaroor dat hy nie se: Og, jy moenie moeite doen vir my nie. Inteendeel, hy aanvaar my moeite met soveel grasie dat dit koue rillings langs my nek afstuur.

Nou sit ek en dink hoekom ons altyd ‘n gebaar soos hierdie terugstuur na iemand met ‘n: Ag, jy moes nie! Wat is dit wat ons so met ons guilt laat connect dat ons nie iets wat in liefde gegee is met grasie kan ontvang nie? Want dit gaan tog oor die recycling van liefde, nie waar nie?

Ek verlang na Renfield…

Voor ek vergeet! Vandag is elvis Dag!

Hier is Elvis moodley…

happy elvisdag, almal!

by Pronk

Die Afrikamasutra is al ‘n boek!

Augustus 12, 2011 in Sonder kategorie

Hier kan julle dit bestel!

In die boonste ry, in die middel!

Bestel voortydig, voorkom teleurstelling

by Pronk

Don’t you just love her!

Augustus 12, 2011 in Sonder kategorie

Inligting is common, kennis is raar. My kennis bly beperk, ofskoon ek vir ‘n feit kan bewys homo sapiens sit in strontstraat.

Jeanne Goosen

by Pronk

Die groot soektog

Augustus 10, 2011 in Sonder kategorie

Ek is nou vanoggend ‘n werknemer met ‘n reuse omelet op my gesiggie, hoor!

Ek huppel vrolik by die kantoor in en skakel my rekenaartjie aan. Die muis toon geen teken van lewe nie en ek skud dit, check die batteries en so aan, en merk toe op dat die klein stasietjie, waarmee die muis kommunikeer, van my lessenaar af verdwyn het.

Maggies, en ek begin soek, oralster – onder die lessenaar op my rak in my kas…al my kollegas laat staan als waarmee hulle besig is en soek saam. My baas spring uit haar kantoor en ons feng shui die spasie behoorlik!

Maar toe gaan staan my baas so krities voor my keyboard en seg: Pronkie!!! Jou stasie is dan ingebou in jou keyboard?!? Die muis is net nie aangeskakel nie(Ekt bietjie vergeet ek het nou onlangs ‘n hele nuwe keyboard muisstelletjie gekry OI!)

Nou bring ek maar more koek werk toe oor ek die hele maatskappy ontwrig het opsoek na daai stasie. Dis die minste wat ek kan doen 🙂

by Pronk

playboy

Augustus 9, 2011 in Sonder kategorie

Haai julle, daar gaan volgende maand n stukkie oor die Afrikamasutra in playboy feature! Hulle is ook mal oor die website en wil vir ilse, die skryfster by meer gesprekke rondom seksualiteit betrek