by

Almal wat hou van animasie!

Julie 29, 2011 in Sonder kategorie

Fopspeen moving pictures se uitstalling open vanaand 7 uur by die kunsvereniging in Mackiestraat, in Pretoria.

Hulle is ‘n hoogs talentvolle groep mense en wat ek die meeste van hulle waardeer is hulle vlymskerp sin vir humor en satire.

Moenie misloop!! Die uitstalling sal vir 2 weke duur, as julle nie die opening kan maak nie.

Terloops, hulle het ook laat blyk dat hulle geinteresseerd is om een van my kamasutra werkies te animeer as ‘n 30 sekonde selfoon-applikasie. Ons is nou besig om uit te figure watter ene. Ek is baie opgewonde daaroor, maar het nooit in my lewe besef watse werk in ‘n 30 sekonde stukkie ingaan nie.

Hoe vloeiender die beweging, hoe meer raampies moet mens insit….

12 antwoorde op Almal wat hou van animasie!

  1. flapoor het gesê op Julie 29, 2011

    Wonderlik en geluk met jou animasie applikasie. Hou ons op hoogte.

  2. Modigliani het gesê op Julie 29, 2011

    Oh wow!

    Dit is SUPER COOL!

    Wanneer kom die kamasutra nou????

  3. palamino het gesê op Julie 29, 2011

    Ons druk in Augustus…kort daarna…

  4. palamino het gesê op Julie 29, 2011

    ek maak so flapoor

  5. Modigliani het gesê op Julie 29, 2011

    Ek kan nie wag nie!
    Dit is moeilik om te dink hoe vinnig die tyd gegaan het!
    WOW.
    Sterkte, ek dink aan jou!!!

  6. palamino het gesê op Julie 29, 2011

    Dis omtrent soos kraam, hierdie, se ek jou

  7. lora2me het gesê op Julie 29, 2011

    Dit klink interessant en is ook ‘n lekker nuwe ding vir jou eie werk! Geniet die uitstalling en sukses, hoor.

  8. TS het gesê op Julie 29, 2011

    Lekker

    Baie geluk!

  9. HeavyHenry het gesê op Julie 29, 2011

    “Hoe vloeiender die beweging, hoe meer raampies moet mens insit..”

    Jip! – jou oogsenuwwe werk so teen elf “raampies” per sekonde – so jy moet vinniger gaan as dit, anders stotter die beeld – so hier by vyftien is ‘n minimum, twintig of dertig is beter – maal met dertig sekondes gee tussen 450 en 900 raampies…

  10. palamino het gesê op Julie 29, 2011

    flip!!!!

  11. HeavyHenry het gesê op Julie 29, 2011

    Ja maar jy hoef hulle nie almal te teken nie – daar’s seksie software…

  12. thenack het gesê op Augustus 1, 2011

    raampies inderdaad, klink interessant!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.