by

Net daar…

Julie 26, 2011 in Sonder kategorie

… waar mens van die snelweg afdraai in Eeufeesweg, daar by die fonteine, as jy dan nou onder die Goutrein se brug deurkom, julle weet…net daar waar die heuwel met die voortrekkermonument links van jou voor jou oprys…

Omraam die bruggie daardie stukkie landskap dat dit soos ‘n skildery van een van die ou Britse meesters lyk. Constable of Turner of iemand. Jis, dit laat my hart bokspring daai kleure die tyd van die jaar. Die oker en pienk en beenwit gras. En die bosse ‘n onpylbaar diep swart-olyf (ek sukkel om kleure te beskryf, want ek sien kleure waarvoor daar nie name is nie, partykeer. amper soos Terry Pratchett se “octarine”, wat ‘n groenerige pers-oranje is.)

Soos ek deur ‘n landskap beweeg, het ek altyd ‘n palet in my kop, waarop ek die kleure wat ek waarneem probeer meng…bietjie oker, klein titseltjie blou..meng-meng-meng, nee…bietjie rooi? Baaaaie wit, meng-meng-meng…en so aan. Dis eintlik ‘n vorm van meditasie

Ek het nie my kamera by my nie…maar ek dink in elk geval nie ‘n blinde glasoog gaan die wereld so vasvang soos ‘n vlees-en-bloed een nie. Mens verloor byvoorbeeld die skaal van die landskap.

11 antwoorde op Net daar…

  1. Dankie

  2. Modigliani het gesê op Julie 26, 2011

    Oooooooooh wow.

  3. katrina het gesê op Julie 26, 2011

    Dis die woord wat ek nog altyd gesoek het vir die winterwit gras: beenwit. Mooi beskrywing!

  4. HeavyHenry het gesê op Julie 26, 2011

    Dis nice dat jy so oplet – ‘n ou soos ek “sien” entlik baie selde…

  5. palamino het gesê op Julie 27, 2011

    Partykeer is dit ‘n blessing en ander kere ‘n las, soos die keer toe ek so vir die kosmos langs die pad gekyk het, dat ek amper in ‘n taxi vasgejaag het….

  6. palamino het gesê op Julie 27, 2011

    Word die gras wit daar by julle? Als is so geil daar

  7. palamino het gesê op Julie 27, 2011

    Dankie

  8. palamino het gesê op Julie 27, 2011

    Dankie vir jou

  9. palamino het gesê op Julie 27, 2011

    Pasop vir die spietkops

  10. HeavyHenry het gesê op Julie 27, 2011

    Eish!

    Dit sou tragies gewees het…

  11. Skerp waarneming! Sal kyk wanneer ek weer daar verbyry Groenkloof toe om wors te koop…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.