by

Minwoorde se vraag aan my

Julie 20, 2011 in Sonder kategorie

Met betrekking op al ons vuilbekvrouebloggers wat dinge doen en se wat teen jou beginsels indruis:

Palomino doen my net ‘n guns en sê vir my wat bedoel jy met oordeel?

My definisie van oordeel: Dis om iemand se gedrag optrede of woorde af te keur op grond van my eie verwysingsraamwerk

Met “verwysingsraamwerk” bedoel ek die persoonlike stel reels en  idees wat ek het oor, onder andere, normes en waardes.

My probleem met my verwysingsraamwerk is dat dit maar redelik gebrekkig en kromgetrek is want dis gegrond op my persoonlike lewenservaring, opvoeding (wat godsdiensopvoeding insluit)en allerhande omgewingsfaktore.

In die Christen konteks waarsku Jesus dat ons raamwerk juis kromgetrek het agv sonde (bergpredikasie) daarom vermaan hy sy volgelinge om niemand se gedrag af te keur nie want, as jy dit doen dan doen jy dit vanuit jou eie, kromgetrekte raamwerk. (haal die balk eers uit jou eie oog…blah blah blah)

Omdat ek nie van die idee van sonde hou nie, volg ek die Boeddhistiese raamwerk, maar die boeddhiste is ook redelik streng oor veroordeling van ander wanneer jy nie hulle gedag of woorde goedkeur nie. Hulle se dat mens te alle tye jou oordeel moet opskort want elke persoon is op sy eie unieke reis deur die lewe en jy het nie ‘n idee wat in hulle lewens aangaan nie. Al wat jy het om op te gaan is dit wat jy in hierdie realiteit ervaar en dis, volgens die boeddhiste ‘n totale illusie.

Nou wil ek ook net verder stel dat ek ook maar daagliks meer as ‘n duisend maal mense om my oordeel, volgens my eie definisie hierbo. Ek dink almal doen dit maar, dis menslik. Daai hele ding van “Kyk wat doen sy!!!! Dankie tog, EK is nie so nie” Ek dink dis ‘n egogedrewe manier waarop ons ons eie persoonlike magsbasis kan versterk, want dan voel ons bietjie beter oor onsself.

Ok Minwoorde, ek hoop dit het “oordeel” as ‘n konsep vir jou uitgeklaar. Maar dis ook nou maar hoe ek dit sien. As enige iemand op my definisie van wat oordeel eintlik is, kan verbeter, sal ek baie dankbaar wees.

Jou ander vraag sal ek more antwoord

19 antwoorde op Minwoorde se vraag aan my

  1. Your picture of the world often changes just before you get it into focus.

  2. HeavyHenry het gesê op Julie 20, 2011

    Ag hel – ons gee almal te veel aandag aan die outjie.

  3. lora2me het gesê op Julie 20, 2011

    Goeie definisie.

  4. palamino het gesê op Julie 20, 2011

    dis my punt…jy operate vanuit jou eie, persoonlike, individuele verwysingsraamwerk

    therefore, you need to suspend yor judgement

  5. palamino het gesê op Julie 20, 2011

    nee, ek weetnie, bietjie wollerig…

  6. palamino het gesê op Julie 20, 2011

    Ek dink nie dis hugo, dit maak in elk geval nie saak

  7. palamino het gesê op Julie 20, 2011

    henry, eks ‘n middeljarige tannie met skildklierprobleme Gun my my fiksasie, al is dit toksies

  8. palamino het gesê op Julie 20, 2011

    nah! ek weetnie, dis moeilik. Dis iets wat mens moet voel in jou gut. Ek is verstom dat die man nou by my wil weet wat oordeel is. “n christen moet dit mos weet, dan nie?!?

  9. HeavyHenry het gesê op Julie 20, 2011

    Palo – ek kan jou niks gun nie – het jy daai strawwe virrie sondes gesien daar by Neander? – ek moet probeer om jou te red!

    🙂

  10. palamino het gesê op Julie 20, 2011

    Oe, ag Henry, jy kan my enige tyd kom red.

    Enige tyd hoor…rerig 🙂

  11. palamino het gesê op Julie 20, 2011

    vroom vroom jy is net jaloers oor jy nie so ‘n oulike ou rydingetjie het nie

  12. palamino het gesê op Julie 20, 2011

    Ag ek wens ek het jou slag met woorde gehad. Dis nou wat ek heeloggend wou se, maar ek praat al om dit.

  13. HeavyHenry het gesê op Julie 20, 2011

    Jis Charlene – het jy ook ‘n trekker?

  14. palamino het gesê op Julie 20, 2011

    Herinner my dat ons bietjie werk aan jou waardering van swaar plaasimplemente…

  15. HeavyHenry het gesê op Julie 20, 2011

    Palo – so jy issie meer kwaad nie? – Cool!

  16. palamino het gesê op Julie 20, 2011

    Hmmm, jy gee my nou heelwat materiaal vir my volgende pos more…

  17. Yup, and changes it do!

    (of does – ek weet nie!)

  18. Angelor het gesê op Julie 20, 2011

    Twee geleerde mense staan op die punt dieselfde straat, en op die punt van die straat staan n bloekom boom, en ook n Denne boom, die een geleerde maak die waar stelling dat die Denneboom baie kleiner vertoon as die Bloekom, en die ander maak die waar stelling dat die Bloekom baie kleiner vertoon as die Den. Hulle is altwee reg, en hul stellings is waar, hoe kan dit wees? Die een staan op die begin punt, en die ander op die ander punt, so ook die bome, en die verskil is perspektief, en dit is die aspek wat vorm gee aan ons eie raamwerk, en maak dit ook korrek, geen raamwerk is verkeerd nie, en ook nie reg nie.. Ons staan elkeen op n ander punt in die skepping, en kyk na die Kern, party noem dit God, en ander die Self…

  19. abrham het gesê op Julie 21, 2011

    ‘n opinie is soos ‘n poep hol, ons het elk een – for that matter, ons oordele en voor oordele ook
    die mens as dier is meer dier as mens

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.