by

Omstekeerde modes

Julie 12, 2011 in Sonder kategorie

Ag ek hou van die idee! Thomas, my 6 jarige sal nou se: mamma jy het jou trui omstekeerd aan!

ek het dit gedoen as kunsstudent. “n trui met ‘n v-nek agterstevoorom gedra, ingetrek met een van my ouma se spektakulere borsspelde so in die waai van my rug. Dit was nogals ‘n nice effek. Ek het so weird aangetrek as student dat die destydse Kampuskoerant – Die Perdeby – ‘n onderhoud met my kom voer het oor my klere…

Ek hou ook van die pers polkadot hemprokkie wat sy dra. Ek is juis opsoek na ‘n mooi hemprok, maar puur verniet….

9 antwoorde op Omstekeerde modes

  1. Angelor het gesê op Julie 12, 2011

    🙂 Sal jy ook se “Haal jou hande uit my sakke uit!”

  2. palamino het gesê op Julie 12, 2011

    giggel…hmmm. Dis ook net jy wat die possibiities gaan raaksien, angie xxx

  3. HeavyHenry het gesê op Julie 12, 2011

    Ek kan nie die polka dots sien nie…

  4. palamino het gesê op Julie 12, 2011

    Sit net bietjie jou brille op

  5. melvanas het gesê op Julie 12, 2011

    Ek het destyds gehou van daai gypsy-tipe klere. Die lang gekreukelde rompe met die klokkies. Saam met ‘n Guns ‘N Roses t-shirt en Doc Martins. Almal het gedink ek is ‘n satanskind!

  6. palamino het gesê op Julie 12, 2011

    Hier in pretoria – in die omgewing van kerkplein – het ons daai omie gehad wat so by ‘n verkeerslig jou so van agter sou bekruip en dan in jou oor skree: SOEK CHRISTUS!!! jirre jy het jouself lam geskrik. En ek het so ‘n paar swart leerjeans gehad…oi ek kan nie vir jou se hoe baie hy my bekruip en in my ore gegil het nie, net oor daai paar jeans. En daai tyd was ek nog ‘n toegewyde Dopper

  7. melvanas het gesê op Julie 12, 2011

    Bwaahaha!Ek sou die grootste tampon wat ek my hande op kon le het in sy bek geprop het! Schmuck!

  8. Angelor het gesê op Julie 12, 2011

    🙂 Maar dit kan werk, stry?

  9. maryke-anne het gesê op Julie 12, 2011

    Ek like haar skoene.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.