by

Die onhebbelikheid van self

Julie 11, 2011 in Sonder kategorie

Sorrie dis ‘n klein prentjie die. Ek het dit nou die dag op my facebook wall ook geplaas. Ek is dol daaroor en ek gaan dit gebruik as inspirasie en my eie prentjie om dit skep. Daai duiwelkloutjies is vir my een te veel!

ek het ‘n histeriese naweek gehad, sjoe. Besluit toe om saterdag weer bietjie te titivate met ‘n kleurtjie en ‘n haarsny en probeer ‘n nuwe haarkapster uit, jinne, die vrou stoomroller toe vir my in hierdie coiffe in, genugtig! Ek het gehou van die tint, en die snit self was nie te sleg nie, alhoewel sy lenget afgevat het waar ek dit nie wouy gehad het nie en weer daar waar ek dit wou weghe, het sy dit lank en slierterig gelos. En toe “style” sy dit dat ek lyk soos tannie Gertie wat aan saterdagaand se kareokie kompetisie op Standerton wil deelneem…. so ‘n verspotte, ridiculis uitgeteasde wolkop-bob wat so styfgespuit is dat dit in die wind kraak, oi!

Tuis het ek toe maar dadelik my kop onder die kraan gaan druk, want my kinders het hulle doodgeskrik vir my.

21 antwoorde op Die onhebbelikheid van self

  1. vuurklip het gesê op Julie 11, 2011

    Gelukkige derduiwel! (Dis nou die een met kloutjies). Ek hoop net sy is darem gewillig!

  2. palamino het gesê op Julie 11, 2011

    sy lyk nie of sy enige probleme het nie 🙂

  3. melvanas het gesê op Julie 11, 2011

    Dis bitter min dat ek haarkappers toe gaan en my hare net so los na die tyd. Altyd iets wat nie reg is nie… Sad to say!

  4. TS het gesê op Julie 11, 2011

    die prentjie is darem erg stout!

  5. avega het gesê op Julie 11, 2011

    Toe lyk jy soos ‘n Kathu tannie 🙂

  6. HeavyHenry het gesê op Julie 11, 2011

    *Whine, Whine!*

    Waar’s my topless oppie trekker prentjie?

    🙂

  7. palamino het gesê op Julie 11, 2011

    gaan weg, ek het my nou vir jou verboos (fiat, ja, eet jou hartjie uit!)

  8. palamino het gesê op Julie 11, 2011

    meer soos ‘n tannie wat in Delmas by die “guns & gifts” werk 🙂

  9. palamino het gesê op Julie 11, 2011

    Jaaaaaa…. ai

  10. HeavyHenry het gesê op Julie 11, 2011

    Ag moenie so wees nie – vergoed jouself ‘n bietjie!

  11. thenack het gesê op Julie 13, 2011

    Hoekom die nuwe haarkapper, vermy jy Menlyn se parkeerteryn?

    Is ‘n baie sexy prentjie, sjoe sjoe sjoe

  12. palamino het gesê op Julie 13, 2011

    My ou haarkapper het bedank
    Ek het sublieme herinneringe aan menlyn se parkeerterrein, thank you very much
    Ja, dis ‘ baie sexy prentjie..meer as sexy, is ietwat vebode…engeltjie, duiweltjie, dief!

  13. thenack het gesê op Julie 13, 2011

    Taboooooo, ek dink daai girl is in vir die ride of a lifetime, aaanhyhoo

    soos jy dit hier bo stel gaan mense wat nie die vorige blog gelees het nie dink dit was ek en jy….

  14. thenack het gesê op Julie 13, 2011

    guns and gifts, hahahaha

  15. palamino het gesê op Julie 13, 2011

    Wel… YOU brought it up tjomma! Dan moet jy vir hulle se dit was nie jy nie. ek is schtumm

  16. palamino het gesê op Julie 14, 2011

    orraait nicknack, ek het nie ‘n clue waaroor die gaan nie, maar dit lyk ontstellend baie na ‘n baie dun pielietjie. So ek is bevrees jy sal my bietjie meer leidrade moet gee, my brein funksioneer nie lekker vandag

    of sy druk haar vinger in haar neus..of ietsie

    aaah!

    Sy se shhhhhhh!

    Ooooo, jirre eks stadig vandag, oi!

  17. thenack het gesê op Julie 14, 2011

    OK jy het dit, schtumm. Noodkoffie vir jou hoor

  18. palamino het gesê op Julie 14, 2011

    driedubbele noodespresso vir my dankie

  19. umhlanga het gesê op Julie 18, 2011

    Ek sal graag ‘n verspotte, ridiculis uitgeteasde wolkop-bob wou sien!

  20. palamino het gesê op Julie 19, 2011

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.