Jy blaai in die argief vir 2011 Julie.

by Pronk

Almal wat hou van animasie!

Julie 29, 2011 in Sonder kategorie

Fopspeen moving pictures se uitstalling open vanaand 7 uur by die kunsvereniging in Mackiestraat, in Pretoria.

Hulle is ‘n hoogs talentvolle groep mense en wat ek die meeste van hulle waardeer is hulle vlymskerp sin vir humor en satire.

Moenie misloop!! Die uitstalling sal vir 2 weke duur, as julle nie die opening kan maak nie.

Terloops, hulle het ook laat blyk dat hulle geinteresseerd is om een van my kamasutra werkies te animeer as ‘n 30 sekonde selfoon-applikasie. Ons is nou besig om uit te figure watter ene. Ek is baie opgewonde daaroor, maar het nooit in my lewe besef watse werk in ‘n 30 sekonde stukkie ingaan nie.

Hoe vloeiender die beweging, hoe meer raampies moet mens insit….

by Pronk

Net daar…

Julie 26, 2011 in Sonder kategorie

… waar mens van die snelweg afdraai in Eeufeesweg, daar by die fonteine, as jy dan nou onder die Goutrein se brug deurkom, julle weet…net daar waar die heuwel met die voortrekkermonument links van jou voor jou oprys…

Omraam die bruggie daardie stukkie landskap dat dit soos ‘n skildery van een van die ou Britse meesters lyk. Constable of Turner of iemand. Jis, dit laat my hart bokspring daai kleure die tyd van die jaar. Die oker en pienk en beenwit gras. En die bosse ‘n onpylbaar diep swart-olyf (ek sukkel om kleure te beskryf, want ek sien kleure waarvoor daar nie name is nie, partykeer. amper soos Terry Pratchett se “octarine”, wat ‘n groenerige pers-oranje is.)

Soos ek deur ‘n landskap beweeg, het ek altyd ‘n palet in my kop, waarop ek die kleure wat ek waarneem probeer meng…bietjie oker, klein titseltjie blou..meng-meng-meng, nee…bietjie rooi? Baaaaie wit, meng-meng-meng…en so aan. Dis eintlik ‘n vorm van meditasie

Ek het nie my kamera by my nie…maar ek dink in elk geval nie ‘n blinde glasoog gaan die wereld so vasvang soos ‘n vlees-en-bloed een nie. Mens verloor byvoorbeeld die skaal van die landskap.

by Pronk

Maak net seker…

Julie 22, 2011 in Sonder kategorie

“Before you diagnose yourself with depression or low self esteem, just make sure that you are not, in fact, just surrounded by assholes.” ~William Gibson

Ek het dit by ‘n vriend geleen op facebook. ek dink dis classic!

Geniet julle naweek

by Pronk

Minwoorde se vrae (2)

Julie 21, 2011 in Sonder kategorie

As iemand iets sê of skryf of doen wat indruis teen jou beginsels gaan jy maar net stilbly? en daarmee dit goedkeur (lekker stukkie manipulasie wat jy hier inwerk) of gaan jy jou opinie uitspreek (hoe weet jy jy is reg?) en die persoon of persone teregwys?

Hoe gaan jy hul met liefde teregwys?

Nou, jy vra my wat ek maak as iemand iets doen wat teen my beginsels is. Dit laat my nou terugkeer na die punt op my vorige post, nl dat ons elkeen van uit ons eie raamwerk operate. Dit beteken dat my “beginsels” nie noodwendig met joune ooreenstem nie.

Vir myself kan ek se dat ek van die binnekant af buitetoe probeer leef. Ek weet nie of dit reg of verkeerd is nie, maar dit skakel vir my baie suffering uit en help my om te cope met wat die lewe na my toe gooi.

Ek probeer hard om ‘n lewe te ly wat vry is van

dogma en moraliteit,

van hede en verlede

en van aannames en vooroordele.

Dis ‘n mondvol, ne? Op ‘n radikale vlak beteken dit ek het nie rerig beginsels nie. As ek dan nou sou toegee aan die versoeking om in te koop op die goed wat ek hierbo noem (en dit gebeur ‘n 1000 maal ‘n dag), dan sorg ek dat ek  totale verantwoordelikheid vir my aksies en dade vat, so ek weet wanneer karma my ‘n vet snotklap gaan gee en ek aanvaar dit so. En ek verwag van mense om my om dieselfde te doen, so, as iemand my vloek, laster, selfs fisiek aanval of enige iets doen wat sg teen my “beginsels” is, dan het dit nie eintlik iets met my te doen. Hulle dade en woorde is hulle verantwoordelikheid, ek het nie beheer daaroor.

Die persepsie dat ander mense se aksies teen my op enige vlak my kan “seermaak”, is ‘n illusie wat deur my ego geskep word. Ek hoef nie daarop te geageer nie, want ek weet dat ek ten alle tye eintlik heeltemal oukei is.

Die meeste van ons reageer bv uit die heup uit as ons voel ons “goeie naam” word deur ‘n trol aangetas. Dit “voel” vernederend en asof ons leed aangedoen is en ons wil ons naam verdedig deur ‘n teenaanval te loods. Maar dis in werklikheid nie so nie, want wat is ‘n “goeie naam” nou eintlik? Dis ‘n fabrikasie van die ego. Ons is almal divine beings anyway, maak nie saak wat ons vir mekaar se nie.

En ek het self ook al agtergekom dat die oomblik as ek vanuit my “beginsels” uit iemand “teregwys” dan is ek in my ego en besig met ‘n magspel waarin ek die ander persoon wil onderwerp aan my opinie en sodoende wil domineer.

hoekom wil ek hom domineer?

Want ek voel op een of ander vlak berdeig deur hom. So wat ek dan doen, is om selfreflektief te werk te gaan en te gaan kyk waar le my issues.

Waarvoor is ek bang?

Watter vrees reflekteer hierdie persoon vir my? Ek het dus ‘n tool hier beet wat die ander persoon uit die equation uit haal en my telkens laat terugkeer na myself.

So, my antwoord is, nee, ek gaan nie rerig iets doen of se nie, want die “gevoel” dat my beginsels aangetas is is net ‘n illusie.Dis my persepsie van life, the universe and everything…

Minwoorde se laaste vraag:

Hoe gaan jy hul met liefde teregwys?

Wil ek nou hier aan Christenbloggers oopgooi. Hoe sou julle iemand “in liefde teregwys?”

Ek het nogals baie by die ouens geleer:

http://www.cnvc.org/

by Pronk

Minwoorde se vraag aan my

Julie 20, 2011 in Sonder kategorie

Met betrekking op al ons vuilbekvrouebloggers wat dinge doen en se wat teen jou beginsels indruis:

Palomino doen my net ‘n guns en sê vir my wat bedoel jy met oordeel?

My definisie van oordeel: Dis om iemand se gedrag optrede of woorde af te keur op grond van my eie verwysingsraamwerk

Met “verwysingsraamwerk” bedoel ek die persoonlike stel reels en  idees wat ek het oor, onder andere, normes en waardes.

My probleem met my verwysingsraamwerk is dat dit maar redelik gebrekkig en kromgetrek is want dis gegrond op my persoonlike lewenservaring, opvoeding (wat godsdiensopvoeding insluit)en allerhande omgewingsfaktore.

In die Christen konteks waarsku Jesus dat ons raamwerk juis kromgetrek het agv sonde (bergpredikasie) daarom vermaan hy sy volgelinge om niemand se gedrag af te keur nie want, as jy dit doen dan doen jy dit vanuit jou eie, kromgetrekte raamwerk. (haal die balk eers uit jou eie oog…blah blah blah)

Omdat ek nie van die idee van sonde hou nie, volg ek die Boeddhistiese raamwerk, maar die boeddhiste is ook redelik streng oor veroordeling van ander wanneer jy nie hulle gedag of woorde goedkeur nie. Hulle se dat mens te alle tye jou oordeel moet opskort want elke persoon is op sy eie unieke reis deur die lewe en jy het nie ‘n idee wat in hulle lewens aangaan nie. Al wat jy het om op te gaan is dit wat jy in hierdie realiteit ervaar en dis, volgens die boeddhiste ‘n totale illusie.

Nou wil ek ook net verder stel dat ek ook maar daagliks meer as ‘n duisend maal mense om my oordeel, volgens my eie definisie hierbo. Ek dink almal doen dit maar, dis menslik. Daai hele ding van “Kyk wat doen sy!!!! Dankie tog, EK is nie so nie” Ek dink dis ‘n egogedrewe manier waarop ons ons eie persoonlike magsbasis kan versterk, want dan voel ons bietjie beter oor onsself.

Ok Minwoorde, ek hoop dit het “oordeel” as ‘n konsep vir jou uitgeklaar. Maar dis ook nou maar hoe ek dit sien. As enige iemand op my definisie van wat oordeel eintlik is, kan verbeter, sal ek baie dankbaar wees.

Jou ander vraag sal ek more antwoord

by Pronk

Afrikamasutra

Julie 13, 2011 in Sonder kategorie

Onderhoud met die skryfster op p 22 van vandag se vrouekeur. Moenie misloop!

by Pronk

Omstekeerde modes

Julie 12, 2011 in Sonder kategorie

Ag ek hou van die idee! Thomas, my 6 jarige sal nou se: mamma jy het jou trui omstekeerd aan!

ek het dit gedoen as kunsstudent. “n trui met ‘n v-nek agterstevoorom gedra, ingetrek met een van my ouma se spektakulere borsspelde so in die waai van my rug. Dit was nogals ‘n nice effek. Ek het so weird aangetrek as student dat die destydse Kampuskoerant – Die Perdeby – ‘n onderhoud met my kom voer het oor my klere…

Ek hou ook van die pers polkadot hemprokkie wat sy dra. Ek is juis opsoek na ‘n mooi hemprok, maar puur verniet….

by Pronk

Die onhebbelikheid van self

Julie 11, 2011 in Sonder kategorie

Sorrie dis ‘n klein prentjie die. Ek het dit nou die dag op my facebook wall ook geplaas. Ek is dol daaroor en ek gaan dit gebruik as inspirasie en my eie prentjie om dit skep. Daai duiwelkloutjies is vir my een te veel!

ek het ‘n histeriese naweek gehad, sjoe. Besluit toe om saterdag weer bietjie te titivate met ‘n kleurtjie en ‘n haarsny en probeer ‘n nuwe haarkapster uit, jinne, die vrou stoomroller toe vir my in hierdie coiffe in, genugtig! Ek het gehou van die tint, en die snit self was nie te sleg nie, alhoewel sy lenget afgevat het waar ek dit nie wouy gehad het nie en weer daar waar ek dit wou weghe, het sy dit lank en slierterig gelos. En toe “style” sy dit dat ek lyk soos tannie Gertie wat aan saterdagaand se kareokie kompetisie op Standerton wil deelneem…. so ‘n verspotte, ridiculis uitgeteasde wolkop-bob wat so styfgespuit is dat dit in die wind kraak, oi!

Tuis het ek toe maar dadelik my kop onder die kraan gaan druk, want my kinders het hulle doodgeskrik vir my.

by Pronk

die woord van die dag…

Julie 7, 2011 in Sonder kategorie

Omphaloskepsis is the self-absorbed pursuit as an aid to meditation, originally referring to meditative practices in 14th-century Hesychasm.[1]

From the Greek: omphalos (navel) + skepsis (act of looking, examination), it refers to excessive introspection, self-absorption, or concentration on a single issue. The word has several other forms, such as omphalism used to describe the spiritual practice; omphaloskeptic or omphaloskeptical, for someone who engages in navel-gazing; and omphalocentric meaning to be in a self-absorbed state.

Phrases such as “navel-gazers” are common jocular terms for egotism and self-absorbed pursuits. This criticism is also often leveled at professions which are interested in themselves: movies about Hollywood, for example, or television shows about television writers.

Ek is seker ook skuldig hieraan