by

Die solargedrewe sfinks

Mei 10, 2011 in Sonder kategorie

Dit was die afgelope paar weke baie donker en nat hier by ons in Pretoria. Alhoewel ek dankbaar is vir al die reen, maak hierdie Ierse piekniekweer my gougou knieserig. Selfs saterdag was koud en reenerig – gelukkig het dit nie die mense afgesit om ‘n draai by die uitstalling te kom maak nie! Sedert gister skyn die son darem weer lekker en is die wind nie meer so koud en skraal nie.

Ek het al vergeet watse heerlike plek my ateljee is in die winter. Groot noordevensters waar die son instroom. Dit vang my vol tussen die blaaie, so al asof ek ‘n lekker rugmassage van die son kry.

Maar nou mik ek en Madame Kat vir dieselfde sonkol! En sy maak haar karplaks met haar wolbroek op my tekening tuis en kyk my met sulke creamsoda oge aan… Raai wie het toe maar die aftog geblaas?

2 antwoorde op Die solargedrewe sfinks

  1. HeavyHenry het gesê op Mei 10, 2011

    And here we have an original with the avant garde technique of glued cat hair all over its surface…

    🙂

  2. Maankind2 het gesê op Mei 10, 2011

    Slim kat. Myne trek ook so van sonkol bna sonkol deur die huis.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.