Jy blaai in die argief vir 2011 Mei.

by Pronk

Wowee!!!

Mei 26, 2011 in Sonder kategorie

Julle! Ek is 3 paintings weg can ‘n complete sellout! Dis nou by my uitstalling. Ek kan dit nie glo nie. Ek kan nie baie aandag aan die utstalling gee op die oomblik nie, omdat ek so hondbesig is met die soetra en ek glo ook dat mens “present” moet wees met so iets. afwesigheid is sleg vir besigheid…so ek weet nie wat hier aan die gebeur is nie, maar dis great1

Die lewe is ‘n blur op die oomblik, maar jislaaik, dis die mooiste kleure!

by Pronk

Die olifante…

Mei 24, 2011 in Sonder kategorie

…is rusteloos vanaand, My Lief…

Dis een van my soetra werke, maar ek het al die seks uitgesny, want ek begin nou op mense se senuwees werk, lyk dit my. Dis wat ek op vrydagaande doen, sit met ‘n vergrootglas en verf die hare op ‘n olifant se boude…dis dedication vir jou…

Lekker Dinsdag!

by Pronk

Vlakvarkies

Mei 20, 2011 in Sonder kategorie

Dis my brood en botterwerk die. ek doen omtrent 25 van hulle ‘n dag. speedy gonzales, ekke. maar ek geniet dit.  Partykeer kan ek nie glo ek word betaal hiervoor nie!

Lekker naweek! onthou om more gou saam met my en my lucky red shoes te kom boomklim by die Brooklyn teater, greenlyn village inkopiesentrum, menlopark…so van 9:30 tot eenuur.

ek het nounet 6 dadel en amandelbeskuite verorber, net oorlat dit ook nog more die wergaping is. Nou moet ek my belt een gaatjie aanstel…uf!

by Pronk

Koek, tee en boomklim

Mei 16, 2011 in Sonder kategorie

almal word weer van voor af hartlik uitgenooi om eerskomende Saterdag die 21e Mei saam met my te kom teedrink by die brooklyn Teater in die Greenlyn village kompleks. So vanaf 9:30 tot 12 uur

Dankbaar

die uwe

Dis nou as julle nie weggeraap is nie. Ek sal verseker nog hierso wees!

by Pronk

Die solargedrewe sfinks

Mei 10, 2011 in Sonder kategorie

Dit was die afgelope paar weke baie donker en nat hier by ons in Pretoria. Alhoewel ek dankbaar is vir al die reen, maak hierdie Ierse piekniekweer my gougou knieserig. Selfs saterdag was koud en reenerig – gelukkig het dit nie die mense afgesit om ‘n draai by die uitstalling te kom maak nie! Sedert gister skyn die son darem weer lekker en is die wind nie meer so koud en skraal nie.

Ek het al vergeet watse heerlike plek my ateljee is in die winter. Groot noordevensters waar die son instroom. Dit vang my vol tussen die blaaie, so al asof ek ‘n lekker rugmassage van die son kry.

Maar nou mik ek en Madame Kat vir dieselfde sonkol! En sy maak haar karplaks met haar wolbroek op my tekening tuis en kyk my met sulke creamsoda oge aan… Raai wie het toe maar die aftog geblaas?

by Pronk

Vandag

Mei 7, 2011 in Sonder kategorie

Ok julle, wow! Dit was great! Ek is nog steeds op ‘n high en probeer nou bietjie van die plafon af kom met ‘n glasie wyn en ‘n sjokolade. Die lekkerste was om soveel van julle vandag in lywende lewe raak te loop. Baie baie dankie vir julle ondersteuning.

Nou vir die harde werk. Die soetra moet klaar! 

lekker slaap

xxx

by Pronk

‘n Gekners van die tanne

Mei 3, 2011 in Sonder kategorie

Hierbo is ‘n detail van die illustrasie vir die hoofstuk oor “Byt” in die Afrikamasutra.

Dit gaan great! Die werk vir my uitstalling wat Saterdag oggend, 7 Mei om 9 uur by die Brooklyn Teater in die Greenlyn Village Sentrum open, is als afgehandel en by die ramer. Ek en Turtleboy hang Donderdagmiddag. Ek is al klaar erg nervous, maar sien so daarna uit om julle ook te ontmoet.

En vir die res van Meimaand gaan ek myself aan my lessenaar vaskluister om die werk vir “Daardie Boek’ afgehandel te kry. Daars nog baie wat gedoen moet word, maar my kop bars behoorlik van al die idees. Die publikasiedatum is Augustusmaand – kyk uit vir detail oor die launch wat beloof om ‘n opwindende affere te wees!