by

Apie

April 8, 2011 in Sonder kategorie

Goggas is so skulptureel. Die miswurm het onverwags hier ingesluip. Hulle is eintlik rerigwaar vir my mooi wesens. ‘n Paar jaar terug het ek en die kinders altyd in die tuin geloop en stompe en klippe omgekeer, opsoek na miswurms. Dan het ons hulle vir Pokkie, ons troetelhoender gevoer.

Nou die dag het ons weer van hulle ontdek hier in ons “nuwe” tuin. Ongelukkig is Pokkie 2 jaar gelede deur ‘n vreemde hond verskeur. Sy was groot vriende met my bejaarde ou skot en hy sou nie aan haar raak nie. Die 2 het altyd so bymekaar onder die avoboom gele en slaap (nou mis ek hulle albei – wesens wat my siel kom raak het en toe aanbeweeg het)

In elk geval, toe ons nou die miswurmpie uitgrawe, toe le hy so in my hand met sy koel, pawwe agterlyfie en sy pootjies wat so saggies teen my handpalm krap en ek bekyk hom toe goed. Van alle kante. Toe sit ek hom terug en gaan teken hom, so, uit dit wat toe nog op my retinas vasgebrand is…

9 antwoorde op Apie

  1. Ek vermoed jy het ook ‘n Apie in jou kop!

  2. palamino het gesê op April 8, 2011

    Jy is dalk reg. Jare terug het ek sondagoggende by Abel Pienaar gaan mediteer. hy sou altyd die sessie begin het deur te se: Moet nou nie dat jou gedagtes soos ‘n klomp apies in ‘n boom bokant jou kop rondskarrel nie…dan was dit gewoonlik klaarpraat met my want dan het ek meer op die apies gekonsentreer as iets anders.

  3. lora2me het gesê op April 8, 2011

    Jy is ‘n gebore kunssinnige omdat jy selfs ‘n ou miswurmpie vanoggend vir my laat mooi lyk. Wil jy nie al die geitjies (grotes) hier in my huis kom teken nie – hulle is ongelooflik mooi … die boomdassies hier by ons ook, veral die onderkant van hul pootjies.

  4. Modigliani het gesê op April 8, 2011

    Pragtig!

  5. palamino het gesê op April 8, 2011

    Praat jy! Daar het nou sopas weer ‘n klomp ou babageitjies by my uitgebroei. Hulle is piepklein. ek los my stoeplig aan tot laat dat hulle kan kossies vang.

  6. Trakie het gesê op April 8, 2011

    Goeters wil mos nie op my retinas vasbrand nie, die dat ek maar foto’s neem.

  7. Maankind2 het gesê op April 8, 2011

    Jou styl is so uniek!

  8. palamino het gesê op April 8, 2011

    Kom se hallo by my opening vroeg in mei. Sal binnekort detail opsit 🙂

  9. Stunning!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.