by

Nog ape en doilies, olifante en hase

April 1, 2011 in Sonder kategorie

ek het middelslag koekdoilies by pick&pay gekoop -ag sorrie, dit was eintlik Spar – die binnekante uitgesny en dit toe ook saam met my koperdiertjies ge-emboss. Nou het ek so ‘n ronde vormpie wat homself mooi leen vir gesiggies. On die Middeleeue het hulle gepraat van ‘n “rotonde”, so mens kan fensie wees en dit so noem.. Ek sukkel bietjie om die embozzies afgeneem te kry sodat die detail duidelik wys.

Die prentjie is van Hanuman, die Hindu aap-deity. Ek is nog steeds besig met die “Death and the Maiden” tema.

Ek is nou al halfpad met die afrondingswerk vir my uitstalling en moet more die eerste klompie werk invat ramer toe.

O ja, vir bloggers wat op die kknk is, kom geniet Sondag, 3 April om 2nm in die CP Nel Museum in Oudtshoorn, ‘n voorsmakie van Afrikamasutra.

Heerlike naweek vir almal

9 antwoorde op Nog ape en doilies, olifante en hase

  1. TS het gesê op April 1, 2011

    Dis spesiaal

  2. bloukaap het gesê op April 1, 2011

    nice nice

  3. Interessant!

  4. Twaksak het gesê op April 4, 2011

    Dêm! Wanneer stal jy weer in Pretoria uit?

  5. palamino het gesê op April 4, 2011

    Eerste Saterdag in mei, open my uitstalling by Brooklyn Teater. Ek sal later detail blog

  6. thenack het gesê op April 6, 2011

    Hy is mos die stoute een is hy nie?

  7. palamino het gesê op April 6, 2011

    Stout is hy wel, maar toe ek hom uitbeeld waar hy helikopter bestuur met die lord Krishna en Parvati wat agter seks het, toe was my Hindoe-vriende redelik ontsteld! Hy word in so ‘n mate gehuldig en gerespekteer dat sy speelsheid nie rerig uitgebeeld meg word nie. Ek was bietjie in die sop daaroor.

  8. thenack het gesê op April 6, 2011

    Is Parvati nie Shiva se “vrou” nie? Free love met die Krishna, ma se hari hari?

    Anyways, ek sukkel om bytebly met die manetjies, ek was al baie in Indie en die man op straat weet maar baie min.

    Waarmee het hulle die probleem gehaad, dat die tweetjies seksytime of dat die ander een choppervlieg, of sommer die hele ding? Hulle kan blywees jy het nie iets oor Menlyn se boonste parkinglot gedoen nie!

  9. thenack het gesê op April 6, 2011

    PS, ek was bo in die noorde en in die platteland daar is baie tempels met ruese standbeelde van Hanuman, maklik 5 verdiepings hoog, ek sal kk of ek die fotos kan kry…ok een gekry, ek sal duer die res ook gaan maar ek post dit vir jou op my blog

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.