Jy blaai in die argief vir 2011 April.

by Pronk

Nie Sushi nie, maar Ansjovis!

April 29, 2011 in Sonder kategorie

Hier is nog ‘n visgegeurde lusmakertjie vir die Afrikamasutra.

gister het ons daar op my wall op facebook so ‘n lekker dinkskrum gehad oor afrikaanse benaminge vir seksposisies:

Boerewors Roll

Koeksister

Brakpan Rodeo

Voortrekker

Agterryer

Pofadder

Voetstoets

Driepoot Potjie

Langarm

En Rico Sacherl, die skepper van die Madam & Eve-reeks se eie juweel: Die Afri-karma Zuma vir poligamiste.

My verbeelding werk oortyd!

by Pronk

Afrikamasutra

April 19, 2011 in Sonder kategorie

http://www.channel24.co.za/News/Local/Kama-Sutra-translated-into-Afrikaans-20110415

http://lifestyle.iafrica.com/love_sex/features/722890.html?p=1

Ons projek trek ook lekker aandag in die engelse media, en gister het ons blykbaar op 5Fm ‘n “applous” gekry. Nou moet ons die yster smee terwyl dit warm is.

Nog opwindende nuus: ek is uitgenooi om deel te neem aan die florence Biennale in Desember – wow! Het dit gister oor die pos gekry, ‘n hele dik pak dokumente en brosjures al die pad uit Italie. Het iemand dalk vir my 2700 Euro? Dis wat dit kos om in te skryf, oi!  🙂

by Pronk

UItnodiging

April 13, 2011 in Sonder kategorie

Al my bloggervriende: My uitstalling open op Saterdag, 7 Mei in die Brooklyn Teater by die Greenlyn Village in Menlopark. So van 9 uur af. Kom se gerus hallo! Dit sal lekker wees om julle in lywende lewe te ontmoet. (ons hou sommer ‘n mobberige ding)

by Pronk

Afrikamasutra in die Rapport die naweek

April 11, 2011 in Sonder kategorie

Ons projek trek lekker aandag in die media met ‘n kwartbladartikel in die Rapport gister. Jeeehaaa!

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Indiese-handleiding-oor-seks-in-Afrikaans-20110409

by Pronk

Apie

April 8, 2011 in Sonder kategorie

Goggas is so skulptureel. Die miswurm het onverwags hier ingesluip. Hulle is eintlik rerigwaar vir my mooi wesens. ‘n Paar jaar terug het ek en die kinders altyd in die tuin geloop en stompe en klippe omgekeer, opsoek na miswurms. Dan het ons hulle vir Pokkie, ons troetelhoender gevoer.

Nou die dag het ons weer van hulle ontdek hier in ons “nuwe” tuin. Ongelukkig is Pokkie 2 jaar gelede deur ‘n vreemde hond verskeur. Sy was groot vriende met my bejaarde ou skot en hy sou nie aan haar raak nie. Die 2 het altyd so bymekaar onder die avoboom gele en slaap (nou mis ek hulle albei – wesens wat my siel kom raak het en toe aanbeweeg het)

In elk geval, toe ons nou die miswurmpie uitgrawe, toe le hy so in my hand met sy koel, pawwe agterlyfie en sy pootjies wat so saggies teen my handpalm krap en ek bekyk hom toe goed. Van alle kante. Toe sit ek hom terug en gaan teken hom, so, uit dit wat toe nog op my retinas vasgebrand is…

by Pronk

Groot mamma tier

April 6, 2011 in Sonder kategorie

Die webmeester wan www.art.co.za het nou vir my my skilderye met sy superduper ekstra fancy kamera kom afneem. Kyk nou net hoe mooi duidelik en helder is my olifante! Ek is tog so in my skik.

by Pronk

Goeie ou Pablo

April 4, 2011 in Sonder kategorie

Good taste is the enemy of creativeness.

Picasso seg so.

by Pronk

Nog ape en doilies, olifante en hase

April 1, 2011 in Sonder kategorie

ek het middelslag koekdoilies by pick&pay gekoop -ag sorrie, dit was eintlik Spar – die binnekante uitgesny en dit toe ook saam met my koperdiertjies ge-emboss. Nou het ek so ‘n ronde vormpie wat homself mooi leen vir gesiggies. On die Middeleeue het hulle gepraat van ‘n “rotonde”, so mens kan fensie wees en dit so noem.. Ek sukkel bietjie om die embozzies afgeneem te kry sodat die detail duidelik wys.

Die prentjie is van Hanuman, die Hindu aap-deity. Ek is nog steeds besig met die “Death and the Maiden” tema.

Ek is nou al halfpad met die afrondingswerk vir my uitstalling en moet more die eerste klompie werk invat ramer toe.

O ja, vir bloggers wat op die kknk is, kom geniet Sondag, 3 April om 2nm in die CP Nel Museum in Oudtshoorn, ‘n voorsmakie van Afrikamasutra.

Heerlike naweek vir almal